Home

Jongste Nuus

Gedragskode vir TLU SA Jongboer en Afriforum aksie

TLU SA JONGBOERE en AFRIFORUM JEUG   SAMEKOMS TEEN PLAASMOORDE EN MISDAAD   SATERDAG 6 FEBRUARIE 2010 OM 10:00   Fort Schanskop op die terrein van die Voortrekkermonument-Erfenisterrein   GEDRAGSKODE 1. Alle deelnemers moet ten alle tye aan die aangewese...

Dinsdag, 2 Februarie 2010

Meer

Samekoms teen misdaad en plaasmoorde

TLU SA se Jongboere, in samewerking met Afriforum-Jeug, het eerskomende Saterdag, 6 Februarie, ‘n byeenkoms waartydens duidelike standpunt teen misdaad en veral plaasmoorde ingeneem gaan word.‘n Manifes oor die aangeleentheid gaan by die byeenkoms aan die publiek en die media...

Maandag, 1 Februarie 2010

Meer

Feite asseblief, Mnr. Sexwale!

TLU SA kan nie anders nie as om die Minister van Behuising, Tokyo Sexwale se stelling dat met die invoer van die huurarbeiderswet, boere “miljoene” arbeiders weggejaag het wat nou in plakkerskampe sit, te verwerp nie.“Mnr. Sexwale maak hom skuldig...

Maandag, 1 Februarie 2010

Meer

Tyd raak min vir kunsmis-aksies

Die sperdatum vir boere om aan te dui of hulle wil deelneem aan ‘n ondersoek om moontlike vergoeding by Sasol as gevolg van die samespanning in die kunsmisbedryf , kom vinnig nader.TLU SA het reeds verlede jaar ‘n uitnodiging gerig...

Maandag, 1 Februarie 2010

Meer

Vooraanstaande TLU SA boer aangehou nadat sy vee gesteel is

News image

TLU SA is hoogs beswaard oor die feit dat sy voorsitter van die Wes-Streek, mnr. Wilhelm Rochér, ‘n naweek in die tronk moes deurbring en op aanklagte van moord moet teregstaan nadat hy sy lewe en eiendom moes beskerm...

Maandag, 25 Januarie 2010

Meer

Standpunte Artikels

Veiligheid

Die status quo is onaanvaarbaar. Moord, aanranding, verkragting, roof, diefstal (insluitend vee- en wilddiefstal), brandstigting, betreding en onwettige grondbesetting en intimidasie duur voort terwyl die Kommandostelsel uitgefaseer word voordat die Sektorpolisiëringstelsel na behore geïmplimenteer is. Lg. bied nie vir landbouers...

Maandag, 1 September 2008

Meer

Ekonomiese volhoubaarheid

Talle nuwe wette en regulasies het ‘n uiters negatiewe uitwerking op die landbousektor. In die meerderheid van gevalle, is hierdie nuwe maatreëls eensydig in werking gestel sonder dat die landbousektor sinvolle insette kon lewer. Landbouers is prysnemers, en elke addisionele...

Maandag, 1 September 2008

Meer

Skakeling met owerheid en ander landbou-organisasies

TLU SA benut elke geleentheid om die belange van sy lede aan die Owerheid oor te dra. Persoonlike gesprekke met die betrokke minister van Landbou en Grondsake vind elke 2 maande plaas. Voorts is TLU SA deurlopend in gesprek met...

Maandag, 1 September 2008

Meer

Plaaslike owerhede

TLU SA onderskryf die uitgangspunt dat daar verskillende gesagdraende liggame (regerings-vorme) is nl die van die individu, die gesin, die kerk en kultuur, en burgerlike gesag.  Alle gesag van die staat is afgeleide gesag en kan plaaslike owerhede nie optree...

Maandag, 1 September 2008

Meer

Voedselsekerheid

Voedselsekerheid is ’n kritieke element van enige staat se strategiese profiel. Suid-Afrika is in die bevoorregte posisie om tot nou in die binnelandse behoefte te voorsien en waardevolle buitelandse valuta te verdien. Hierdie toedrag van sake is egter in gedrang...

Maandag, 1 September 2008

Meer

Gedragskode vir TLU SA Jongboer en Afriforum aksie PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Dinsdag, 02 Februarie 2010 14:41

TLU SA JONGBOERE en AFRIFORUM JEUG

 

SAMEKOMS TEEN PLAASMOORDE EN MISDAAD

 

SATERDAG 6 FEBRUARIE 2010 OM 10:00

 

Fort Schanskop op die terrein van die Voortrekkermonument-Erfenisterrein

 

GEDRAGSKODE

1. Alle deelnemers moet ten alle tye aan die aangewese maarskalke gehoorsaam wees

2. Geen alkoholiese drank word ten enige tyd van die byeenkoms toegelaat nie

3. Geen vuurwapens word ten enige tyd van die byeenkoms toegelaat nie

4. Kleredrag: Swart hemp / T-hemp met bypassende bykomstighede

5. Geen logo van enige aard word op kleredrag toegelaat nie

6. Slegs goedgekeurde drukwerk word op die swart hemp / T-hemp toegelaat

7. Deelnemers word versoek om te let op taalgebruik en geen rassistiese of kru taal word toegelaat nie

8. Slegs goedgekeurde swart vlae word toegelaat en geen ander kleur of kleure vlae word toegelaat nie

9. Deelnemers word gevra om stiptelik na die byeenkoms die terrein in ‘n ordelike manier te verlaat

10. Deelnemers word gevra om die doel van die byeenkoms, as ‘n Gedenkgeleentheid vir slagoffers van plaasmoorde en aanvalle, te respekteer

 

Die doelwit is om die aandag te vestig op die groot aantal plaasaanvalle en plaasmoorde. Laat ons gedrag ons respek en eerbied vir die oorledenes bewys.

Kom ons ondersteun die groot projek van ons Jongboere en maak seker dat ons gedrag hulle poging ondersteun en versterk deur ons te hou by die bepalings van die Gedragskode.

 

 

LAST_UPDATED2
 
Samekoms teen misdaad en plaasmoorde PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Maandag, 01 Februarie 2010 17:56

TLU SA se Jongboere, in samewerking met Afriforum-Jeug, het eerskomende Saterdag, 6 Februarie, ‘n byeenkoms waartydens duidelike standpunt teen misdaad en veral plaasmoorde ingeneem gaan word.

‘n Manifes oor die aangeleentheid gaan by die byeenkoms aan die publiek en die media bekendgestel word, en die manifes sal ook aan die SA Polisiediens oorhandig word.

Vyf naasbestaandes van slagoffers van plaasmoorde sal by die byeenkoms vertel van die implikasies wat gevolg het op die moorde op hulle naasbestaandes.

Die volledige program sal later die week bekend gemaak word, maar die verrigtinge begin stiptelik om 10:00 met Skriflesing en gebed.  Dit vind plaas by Fort Schanskop op die terrein van die Voortrekkermonument-Erfenisterrein, en die media en publiek is van harte welkom om dit by te woon.

 

 

TLU SA JONGBOERE en AFRIFORUM JEUG

 

SAMEKOMS TEEN PLAASMOORDE EN MISDAAD

 

SATERDAG 6 FEBRUARIE 2010 OM 10:00

 

Fort Schanskop op die terrein van die Voortrekkermonument-Erfenisterrein

 

GEDRAGSKODE

1. Alle deelnemers moet ten alle tye aan die aangewese maarskalke gehoorsaam wees

2. Geen alkoholiese drank word ten enige tyd van die byeenkoms toegelaat nie

3. Geen vuurwapens word ten enige tyd van die byeenkoms toegelaat nie

4. Kleredrag: Swart hemp / T-hemp met bypassende bykomstighede

5. Geen logo van enige aard word op kleredrag toegelaat nie

6. Slegs goedgekeurde drukwerk word op die swart hemp / T-hemp toegelaat

7. Deelnemers word versoek om te let op taalgebruik en geen rassistiese of kru taal word toegelaat nie

8. Slegs goedgekeurde swart vlae word toegelaat en geen ander kleur of kleure vlae word toegelaat nie

9. Deelnemers word gevra om stiptelik na die byeenkoms die terrein in ‘n ordelike manier te verlaat

10. Deelnemers word gevra om die doel van die byeenkoms, as ‘n Gedenkgeleentheid vir slagoffers van plaasmoorde en aanvalle, te respekteer

 

Die doelwit is om die aandag te vestig op die groot aantal plaasaanvalle en plaasmoorde. Laat ons gedrag ons respek en eerbied vir die oorledenes bewys.

Kom ons ondersteun die groot projek van ons Jongboere en maak seker dat ons gedrag hulle poging ondersteun en versterk deur ons te hou by die bepalings van die Gedragskode.

 

LAST_UPDATED2
 
Tyd raak min vir kunsmis-aksies PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Maandag, 01 Februarie 2010 17:51
Die sperdatum vir boere om aan te dui of hulle wil deelneem aan ‘n ondersoek om moontlike vergoeding by Sasol as gevolg van die samespanning in die kunsmisbedryf , kom vinnig nader.

TLU SA het reeds verlede jaar ‘n uitnodiging gerig aan alle boere om aan te dui of hulle sou wou deelneem aan ‘n moontlike gesamentlike aksie as ‘n poging om skade te verhaal as gevolg van kunsmispryse wat as gevolg van manipulasie moontlik te hoog was, en waardeur boere waarskynlik verliese gelei het.

Boere wat in die tydperk 1998 tot 2004 kunsmis by Sasol aangekoop het,  word weer eens genooi om nie later nie as 19 Februarie 2010 aan te dui of hulle aan so ‘n moontlike gesamentlike aksie ter verhaling van skade wil deelneem.

TLU SA het reeds 'n gesprek met Sasol gehad en beide partye het ingestem om die aangeleentheid eerder om 'n tafel te hanteer in plaas daarvan om direk met 'n regsproses te begin.

Kontak kan opgeneem word met TLU SA se Hoofbestuurder, mnr. Bennie van Zyl, by (012) 804-8031 of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
 
Feite asseblief, Mnr. Sexwale! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Maandag, 01 Februarie 2010 17:53
TLU SA kan nie anders nie as om die Minister van Behuising, Tokyo Sexwale se stelling dat met die invoer van die huurarbeiderswet, boere “miljoene” arbeiders weggejaag het wat nou in plakkerskampe sit, te verwerp nie.

“Mnr. Sexwale maak hom skuldig aan dieselfde soort uitsprake soos wat ander ministers voorheen gemaak het, en wat net ‘n algemene stelling is sonder enige bewyse,” sê TLU SA se president, mnr. Ben Marais.  “Die regering moet ophou om sake te dryf waarvan die bewyse ontbreek en wat kan lei tot roekelose optrede.”

“Dit sal mnr. Sexwale meer loon om eers sy feite reg te kry, voordat hy emosionele uitsprake maak wat reeds bedreigde boere, verder bedreig.  Die feite is dat werkers wat hulle werk op plase verloor het, slegs ‘n byna weglaatbare deel uitmaak van inwoners van plakkerskampe, en dan bowendien in die meeste gevalle hulle werk verloor het as gevolg van beleid wat die ANC-regering self geïmplementeer het.  Die oorgrote meerderheid van die jongste intrekkers van plakkerskampe, is afkomstig uit Afrika noord van die Limpopo, omdat mnr. Sexwale se regeringskollegas nie grensbeheer wil toepas nie.  As hy nie sy beloftes van huise vir almal kan nakom nie, moet hy heel eerste gaan kyk na sy eie regering se aandeel daarin, in plaas daarvan om die boere as maklike teiken te blameer vir iets waaraan hulle geen aandeel het nie,” sê mnr. Marais.
 
Vooraanstaande TLU SA boer aangehou nadat sy vee gesteel is PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Maandag, 25 Januarie 2010 17:07

wilhelm rocher

TLU SA is hoogs beswaard oor die feit dat sy voorsitter van die Wes-Streek, mnr. Wilhelm Rochér, ‘n naweek in die tronk moes deurbring en op aanklagte van moord moet teregstaan nadat hy sy lewe en eiendom moes beskerm teen misdadigers, sê sy president, mnr. Ben Marais.

Vrydagaand is inligting ontvang dat vee gesteel is.  Mnr. Rochér het saam met ander boere, die veediewe opgespoor en voorgekeer, en vasgestel dat twee beeste reeds opgekap in die diewe se voertuig was.  Die veediewe was gewapen en het op die boere begin skiet, nadat drie waarskuwingskote geskiet is.  Een van die waarskuwingskote was waarskynlik ‘n opslagkoeël, wat een van die diewe in die boud getref het, en oënskynlik wil dit voorkom of hy weens ‘n ander rede dood is as die skietwond.

Nietemin is mnr. Rochér gearresteer, asook een van die veediewe, en ‘n naweek lank aangehou.  Hy is Maandag op R5 000 borgtog vrygelaat.

Berigte in die media het reeds daarop gedui dat ‘n polisieverslag meld dat die dief wat geskiet is, sy hand agter sy rug gehou het, en dit gelyk het of hy ‘n wapen uit sy sak wou haal.  Indien hierdie bewering waar is, staaf dit die aanspraak van mnr. Rochér dat uit selfverdediging opgetree is, en die feit dat daar oor en weer geskiet is, dui daarop dat die misdadigers boonop gevaarlik was.  Om ‘n bekende en vooraanstaande boer dan toe te sluit, word gesien as ‘n doelbewuste poging om hom te verneder, nog voordat die ondersoek behoorlik afgehandel word.

Die feit dat boere self moes inspring om veediewe te gaan voorlê, nadat oor die afgelope maande reeds 95 beeste ter waarde van ongeveer R665 000 gesteel is, is ‘n klad op die polisie se naam, omdat hulle skynbaar nie die vermoë of die wil het om boere te help in hulle oorlewingstryd teen veediewe nie. Trouens, reeds so lank gelede as Augustus verlede jaar was daar ‘n ooreenkoms met die polisie aangegaan dat ‘n taakspan aangestel sal word om veediefstal te ondersoek in die Swartruggens omgewing.  “Dit het nie gebeur nie, met die gevolg dat hierdie gebeure toegeskryf kan word aan verbreekte beloftes, pligsversuim en die stelsel wat gefaal het,” sê mnr. Marais.  “Bowendien het TLU SA betroubare inligting wat daarop dui dat daar mense in die SAPD se distrikskantoor op Rustenburg, asook by die Landbank, werksaam is waarvan die familie by veediefstal betrokke is.  Dit vererger die situasie.”

TLU SA sal die verloop van die saak fyn dophou, en sal alle moontlike hulp aan mnr. Rochér verleen in hierdie saak, maar ook met ‘n moontlike verdere aksie teen die polisie as dit sou blyk dat hier onregmatig opgetree is, soos dit tans wil voorkom.

LAST_UPDATED2
 
« BeginVorige1234567VolgendeEinde »

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Meningsopnames

Het u as boer genoeg vertroue in die watersuiwerheid om dit onbehandeld op gewasse te besproei, of dit vir veesuiping te gebruik?
 

Inteken / Login






Jou Wagwoord vergeet?
Jou Gebruikernaam vergeet?
Nog nie 'n rekening nie? Skep 'n Rekening

Joomla! is Free Software released under the GNU/GPL License.