AfriForum en TLU-SA vra interdik teen Malema

Die burgerregteinisiatief, AfriForum en die landbou-organisasie TLU-SA
gaan Maandag ‘n hofaansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in
Pretoria uitreik vir ‘n dringende interdik teen die ANC Jeugliga
president Julius Malema.

Die volg nadat Malema nie teen 16:00 vanmiddag voldoen het aan die
versoek van AfriForum en TLU-SA om ‘n onvoorwaardelike verskoning aan
te bied vir sy volgehoue gebruik van die omstrede struggle-liedjie
“Awudubule (i)bhunu” nie.

AfriForum-Jeug het reeds op 12 Maart ‘n klagte teen Malema by die
Gelykheidshof ingedien en Malema het reeds kennis van die klagte van
die Gelykheidshof gekry. Nogtans gaan Malema voort om die liedjie te
sing.

AfriForum en TLU-SA se prokureur, Willie Spies het gesê die doel van
die interdik is tweërlei. Aan die een kant is dit om die mense van
Suid-Afrika te beskerm teen Malema se haatspraak en aan die ander kant
is dit om Malema teen homself te beskerm, aangesien sy volgehoue
minagting van die hangende regsproses hom duur te staan kan kom.

Willie Spies
083-676-0639
en

Bennie van Zyl
082-466-4470

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.