Publikasies

Pitkos

Pitkos is ‘n min of meer twee weeklikse elektroniese inligtingstuk wat deur die Hoofkantoor versprei word.

In Pitkos word noodsaaklike mededelings deur die President, Hoofbestuurder, Assistent-Hoofbestuurders en Streeksbestuurders, deurgestuur na die lede wat ‘n e-pos adres het. Dit is ‘n vinnige manier om belangrike sake onder die aandag van die lede te bring, en is ook baie goedkoop. Dit bewerkstellig kontak vanaf Hoofkantoor met die streke en lede op grondvlak, dit hou streke op hoogte van mekaar se aktiwiteite en stimuleer sodoende onderlinge aktiwiteite.

Normaalweg word die inligting van Pitkos ook op die BV’s en BU’s bespreek, ter wille van lede wat nie elektroniese posfasiliteite het nie.


{reg} Pitkos Dokumente {/reg}

{noreg} NB: Asb gebruik die inteken vorm op die hoof bladsy om die Pitkos dokumente te sien op hier bladsy. {/noreg}


TLU SA International Bulletin

Hierdie bulletin word slegs elektronies versprei aan alle lede, na die media, ambassades en veral buitelandse kontakte. Die Bulletin word vir TLU SA deur kundiges opgestel en een maal per maand op groot skaal wêreldkundig gemaak.


2008, Aug, 12 - Talking past each other

2008, Jul, 18 - Land Grab Bill stalled - FOR NOW

2008, Jul, 03 - Combined stand against Expropriation Bill

2008, Jul, 01 - Who are the Workers & Who are the Drones

2008, Mei, 26 - Dangerous Government Denialism

2008, Mei, 09 - Sierra Leone Syndrome moves South - The Savagery of South African Crime

2008, Mar, 14 - Food Shortages imminent - Is Anybody listening

2008, Feb, 21 - Expropriation on the Cards

2008, Feb, 01 - Subsistence Thinking = Subsistence Farming = Subsistence Electricity



TLU SA Bulletin (Koerant)

Hierdie koerantjie is nog in sy kinderskoene. Die eerste uitgawe het in Mei 2008 verskyn in sy huidige formaat, en as gevolg van die gewildheid en aanvraag daarvoor, is besluit om so ‘n koerantjie kwartaalliks uit te gee.

Die doel van dié TLU SA Bulletin, is om veral TLU SA standpunte oor aktuele landbousake te bespreek, en om ook TLU SA se aktiwiteite landwyd onder die aandag van nie-TLU SA-lede te bring.

Hierdie koerantjie word gratis aan die lede verstuur, en dit word ook geplaas by bv. koöperasies, voer verkoopspunte en ander landbou-besighede. DLU’s, BV’s en BU’s gebruik dit ook as bemarkingsmateriaal, en etlike duisende word kwartaalliks per streek versprei. Waar TLU SA betrokke is by uitstallings, soos Nampo, AgriMegaweek, Magaliesfees, Landboukorrels Boeredag en ander, is dié koerantjie ‘n besonder handige inligtingstuk, en goeie bemarkingsgeleentheid vir die adverteerders wat daarin adverteer.

Advertensies in TLU SA Bulletin is ‘n standaardgrootte vir alle adverteerders, en dek slegs die fisiese koste van die koerantjie. Die bedoeling is nie om wins te maak nie, maar om inligting oor te dra en TLU SA te bemark.

Bulletin 1 (PDF formaat)



Media Verklarings

Mediaverklarings word op ‘n ad hoc-basis uitgereik. Gewoonlik is dit ter bekendstelling van ‘n TLU SA standpunt, na aanleiding van aktuele gebeure wat die landbou in die algemeen, en die boere in besonder, raak.

Hierdie mediaverklarings word gestuur na alle media waarvan TLU SA bewus is. Die media databasis word voortdurend bygewerk, om te verseker dat TLU SA se standpunt ver en wyd gehoor word. Die verklarings word ter inligting ook aan die lede gestuur, asook na die ambassades vir hulle kennisname.


TLU SA is dankbaar teenoor die nasionale en plaaslike media landwyd, en ook vir sekere buitelandse media instellings, wat hierdie verklarings gebruik as basis om georganiseerde landbou se standpunt wêreldkundig te maak.


PR080117  Eskom Service Delivery.doc

PR080130  Hate Speech during the Skielik Funerals.doc

PR080208 TAU SA's Viewpoint Newsworthy.doc

PR080211 Zimbabwe once again outlines the Dangers of Land Reform.doc

PR080212 Teach our Children Skills in stead of an ideological school pledge.doc

PR080218  TAU SA asks budget money given to power reform, rather than land reform.doc

PR080218 Goliat van Gat 1.doc

PR080220 No Joy for Agriculture in Budget.doc

PR080221 Government Gambling with Agriculture.doc




Petition

I hereby wish to raise my voice in petition to farm murders in South Africa and demand government to take action.

Search