Nuutste verklarings
- September 12, 2024
Na aanleiding van die skokkende beeldmateriaal van 12 beeste wat...
- September 9, 2024
Wian Süllwald, ‘n 31-jarige boer van Bela-Bela in die Waterberg-distrik,...
- September 4, 2024
TLU SA se jaarlikse Kongres het vanjaar op 4 September...
- Augustus 21, 2024
Dit is met skok dat TLU SA en die gemeenskap...
- Augustus 14, 2024
TLU SA het met groot kommer kennis geneem van die...
- Julie 30, 2024
TLU SA neem met groot kommer kennis van die toenemende...
In 'n neutedop
TLU SA het verskeie dienste spesifiek vir lede op die been gebring om te verseker dat ons lede volhoubaar kan boer met al die nodige ondersteuning.
Pitkos
Lees meer
Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.
Aksies
Lees meer
TLU SA bemoei ons met die totale lewenstog van ons lede, want kommersiële boere is die spilpunt van landbou en die land se ekonomie. Ons stuur ons gereeld aksies van stapel wat kommersiële boere en ons verbruikersvriende kan beïnvloed.
Komitees
Lees meer
Om te verseker dat TLU SA aandag skenk aan alle aspekte wat ons lede en verbruikers raak, het ons verskeie vaste komitees geskep waar kundiges raad en insette gee en aksies van stapel stuur. Dit word verdeel in Arbeidsake, Eiendomsreg, Ekonomiese volhoubaarheid, Omgewingsbestuur, Plaaslike regering en Veiligheid.
Samewerkingsooreenkomste
Lees meer
TLU SA sluit samewerkingsooreenkomste met bondgenote en potensiële bondgenote in verskeie sektore om sy beleid, standpunte, en strategiese vermoëns te versterk om as ‘n vesting vir die kommersiële boer diensbaar te bly in die landbou.
Strukture
Lees meer
Affiliasies word betrek op grond van hul beginsels, vermoë en standpunte en is gefokus op spesifieke sake. TLU SA is voortdurend besig om met alle affiliasies gesprek te voer oor die volhoubaarheid van landbou.
TLU Koöperasie
Lees meer
TLU SA wil graag die boer en die verbruiker nader aan mekaar bring en daarom het ons Plaasvars op die been gebring om dié twee makliker bymekaar te bring. En vir die boer of boer-in-die-hart wat daarvan hou om spoggerig te lyk het ons die TLU SA Klerewinkel.
Sosiale media
TLU SA
Die vesting van die kommersiële boer in Suid-Afrika.
3 days ago
3 days ago