Mnr Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder, is tans in die intensiewesorgeenheid ná ’n hartaanval en sal Donderdag ’n aaromleiding ondergaan.
“TLU SA se algemene raad en uitvoerende komitee wens Bennie alle sterkte en vinnige herstel toe. Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om media en besorgdes te vra om Bennie en sy familie se privaatheid in dié tyd te respekteer en hom genoegsame tyd vir herstel en rus te gee. Ons sal soos nodig alle rolspelers op hoogte hou,” sê mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA President.
Intussen word die media versoek om mnr. Geldenhuys, mnr. Wannie Scribante, TLU SA adjunk-president of mev. Lynette du Plessis, streeksbestuurder: sentraal, met TLU SA-medianavrae te skakel.





