Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

Betogings, stakings, protesaksies, oproere, onluste, gewelddadige wanorde.

Hoeveel kos ekonomiese sabotasie, jou?

Hoeveel dae verlof moes jy al gebruik omdat jou dorp gebrand en versper word? Hoeveel keer was jy al bang jou kinders is in gevaar want daar is oproerigheid naby die skool? Moes jy al jou versekering gebruik omdat jou eiendom beskadig is tydens onluste?

Dis nie betogings nie. Dit is EKONOMIESE TERRORISME.

250 voorvalle van vernietigende onluste in een maand.

Agt en ‘n half voorvalle van gewelddadige plundering per dag.

In Suid-Afrika word betogings en protesaksies gekenmerk deur geweld, plundery en beskadiging. Vragmotors, voertuie en infrastruktuur soos geboue, skole, klinieke, besighede, tersiêre instellings en paaie loop daagliks deur onder ekonomiese terroriste.

Hierdie voorvalle kos die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks miljarde rande weens verlore inkomste, tyd en hulpbronne. Die aantal eise wat deur Sasria – die regering se korttermynversekeraar vir skade weens oproer en terreur – hanteer word, het in die 2018/19-boekjaar skerp toegeneem. Meer as 5 000 eise ter bedrae van R1,7 miljard is in die boekjaar by Sasria ingedien.

Wanneer gaan die regering begin om die ekonomie en inwoners te beskerm teen ekonomiese terroriste?

TLU SA gaan die regering dwing om op te tree teen enige vorm van ekonomiese sabotasie tydens betogings.

Ons sal jou naam byvoeg by ons eis vir optrede teen ekonomiese sabotasie gerig aan die president, minister van polisie en die nasionale kommisaris van polisie.

Staan saam met TLU SA as jy keelvol is vir die
gewelddadige wanorde in Suid-Afrika.
Ekonomiese sabotasie 2020
Kontakbesonderhede: (012) 804-8031 / tlu@tlu.co.za / www.tlu.co.za

**Met die invul van jou besonderhede hierbo stem jy daartoe in dat TLU SA jou mag kontak aangaande produkte en/of dienste. Dankie vir jou ondersteuning met hierdie belangrike saak.

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons