{"id":537,"date":"2015-07-07T07:34:55","date_gmt":"2015-07-07T07:34:55","guid":{"rendered":"https:\/\/www.tlu.co.za\/dev\/2015\/07\/07\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/"},"modified":"2015-07-07T07:34:55","modified_gmt":"2015-07-07T07:34:55","slug":"ope-brief-aan-gwede-mantashe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/","title":{"rendered":"Ope brief aan Gwede Mantashe"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: right;\" align=\"right\">25 Junie 2015<\/p>\n<p><strong>Die Sekretaris-Generaal <\/strong><\/p>\n<p><strong>African National Congress<\/strong><\/p>\n<p>Luthuli Huis<\/p>\n<p>Posbus 61884<\/p>\n<p>MARSHALLTOWN<\/p>\n<p>2107<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\" align=\"right\"><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">FAKS<\/span><\/strong><strong>: (011) 376 1242<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\" align=\"right\"><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">E-POS<\/span><\/strong><strong>: <\/strong><a href=\"mailto:mmavata@anc.org.za\"><strong>mmavata@anc.org.za<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Meneer Mantashe<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die lig van die ooreenkoms wat TLU SA in sy besit het met u handtekening daarop (waarna later in die skrywe meer volledig verwys sal word), waarin u die reg op ons kultuurbeskerming onderskryf het, rig ons hierdie skrywe aan u in ons kultuurtaal, wat ook \u0149 wettige landstaal van die land is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was my twyfelagtige voorreg om namens TLU SA, die landbou-organisasie wat al vanaf 1897 (dus nog voordat daar \u0149 gedagte van \u0149 ANC was) in diens van die boere en landbou in Suid-Afrika staan, u Afrikaanse beraad by te woon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter wille van die rekord is dit nodig dat ek u tog voorsien van my indrukke van die beraad, veral in die lig daarvan dat u gevra het vir voorstelle.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My eerste voorstel sal wees dat \u0149 behoorlike sakelys opgestel moet word waaroor gesprek gevoer moet word. So \u0149 oop gesprek rafel uit deurdat die beperkte tyd in beslag geneem word deur instansies wat graag hulle goeie hoedanighede op rekord wil plaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is seker teen hierdie tyd gemene saak dat dit nie goed gaan met Suid-Afrika nie. Ten spyte van allerhande regeringsbeloftes ly die land onder werkloosheid, misdaad, korrupsie, gebrekkige dienslewering, kragonderbrekings, dalende onderwysstandaarde en nog vele meer, wat die land se ekonomie laat stagneer, en wat lei tot swak graderings deur gesaghebbende graderingsagentskappe. Bekwame en gesaghebbende ontleders voorspel dat die land tussen twee en vyf jaar van nou af \u0149 ongekende krisis gaan beleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl dit die realiteit is, verdoesel u dit met die oogklappe van u politieke retoriek, soos verwoord in die Freedom Charter, die NDR en die ANC se \u201cStrategy &amp; Tactics\u201d \u2013 \u0149 soort politiek wat ander lande al ten gronde gerig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die beraad het u die Freedom Charter op \u0149 baie ho\u00ebr vlak gestel as die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Is u nie besig om die burgers van die land daardeur te mislei nie? Waarom s\u00ea u nie reguit en onomwonde waarheen u die land neem nie. S\u00ea reguit en eerlik dat u u nie steur aan die land se Grondwet nie, maar dat u u laat lei deur \u0149 revolusion\u00eare partydokument, wat dateer uit die \u201cstruggle\u201d-tyd waarin mense omgekom het? Waarom is u nie openlik oor die NDR en die Strategy &amp; Tactics nie, sodat mense kan weet waarheen u op pad is nie? Dit is immer niks anders nie as politieke bedrog?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede voorstel rondom so \u0149 beraad is dat u moet besluit watter hoed u dra as u so \u0149 gesprek aanl\u00ea. Dalk sal u u kan herinner dat ek u gevra het wie nou werklik in beheer van die land is? Watter status het u as hoofbeampte van die ANC om so \u0149 gesprek aan te l\u00ea? Beteken dit dat die ANC besluite maak? Maak die SAKP die beleid en besluite? Cosatu en die vakbonde? Of het die President en sy kabinet as regering van die land ook nog iewers inspraak in beleid- en besluitneming?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die ander kant gesien: vir wie moet die burgers en die kiesers tot verantwoording roep vir die gemors wat ek hierbo aangestip het? U antwoord dat \u201calmal in beheer\u201d is, is onaanvaarbaar en in terme van \u0149 demokratiese bestel belaglik. Die ANC het die stemme gekry: nie die SAKP of Cosatu nie. Die ANC stel die regering saam, en di\u00e9 behoort die verantwoordelikheid op hom te neem. Nou word verwarring gekweek deur die verantwoordelikheid van die een na die ander te verplaas, sodat uiteindelik niemand verantwoordelik is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die beraad het ek dit aan u gestel dat dit wil voorkom of die SAKP in wese in beheer is, in die lig van die groot aantal ministers wat Kommuniste is. U sarkastiese antwoord dat ons weer net die Rooi Gevaar sien, is tiperend van iemand wat nie die argument kan voer op grond van feite nie, maar deur snedigheid en vernedering punte wil aanteken. Die feit is dat die Kommunisme \u0149 ideologie is wat uitgedien is in die res van die w\u00eareld. TLU SA het noue kontakte met Georgi\u00eb. Daardie land lek nou nog sy ekonomiese wonde van die vernietigende effek van die Kommunisme onder die Sowjet-Unie. Dit is soms goed om oogklappe te verruil vir \u0149 wyer visie, en te leer uit die lesse wat ander al uit dure ervaring geleer het! Ek stel dit duidelik en ondubbelsinnig aan u dat u beleidsrigting en veral die toepassing daarvan vir Suid-Afrika net armoede gaan skep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die land nou nodig het, is eerlikheid. Juis dit ervaar ons nie, hetsy van die regering, die ANC of enige van sy vennote nie. Aan die een kant meld u by die beraad dat u die boere nodig het aangesien landbou \u0149 sleutelbedryf is. Net daarna dreig u ons met grondgrype en onwettige grondbesettings. Is u nou al skoon \u0149 propagandis vir die EFF se beleid? Skep u daarmee die klimaat vir verdere geweld en onrus in die land, en is dit u bedekte opdrag dat boere van die plase verdryf moet word, al is dit deur besettings en selfs plaasmoorde? U is besig om die klimaat hiervoor te skep!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar as u so bekommerd is oor die landbou, waarom dan al meer en meer stremmende wetgewing op die wetboek plaas? Tans is daar al meer as 16 wette op die tafel wat landbou gaan strem. Trouens, nie net landbou nie: wette wat private besitreg oor \u0149 wye spektrum insluit en wat uiteindelik ekonomies katastrofale gevolge vir die land gaan inhou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As u weer wil gesels, laat ons oor die ekonomie gesels. Ek wil nie weer met u oor politiek praat nie, want ons sal bly by mekaar verby praat. Ekonomie is realiteit: laat ons dit \u0149 slag op tafel sit! Indien u erns het met die toekoms van Suid-Afrika sal u besef dat daar met boere gepraat moet word oor kos en die verskaffing daarvan en dat al die ander geykte retoriek wat so vrylik gebruik word en wat veroorsaak dat beleggersvertroue geskend word nie tuishoort by enige verantwoordelike instansie nie. Ek kan ook nie met u oor kultuur praat nie. Ek het u tydens die beraad gewys op die dokument wat deur u persoonlik onderteken is nadat u destydse jeugleier skuldig bevind is aan haatspraak, waarin u die Afrikaner die reg op sy kultuur- en gemeenskapslewe erken het. U het daardie dokument, met u eie handtekening en al, by die beraad van die tafel af gevee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As ek praat van toekomstige gesprekke, s\u00ea ek dit eintlik met huiwering. Dit is nodig dat daar oor die toekoms gepraat moet word, en dat die verlede agtergelaat moet word. Maar as u handtekening in u eie woorde en optrede niks beteken nie, en as u selfs \u0149 geskrewe ooreenkoms nie die papier werd maak waarop dit geskryf is nie, wat help gesprekke? Waarom sal ons enige mondelinge stelling, ooreenkoms of onderneming ernstig neem as ons u nie eens kan vertrou met u handtekening op skrif nie? Dit is eweneens politieke bedrog!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen moet u kennis neem dat ons boere in die land is om te bly. Ten spyte van u, die Regering, die ANC, die SAKP, Cosatu of wie ook al se vyandelikhede teen ons, sal ons voortgaan om ons roeping, waarvoor ons \u0149 passie het, uit te leef. Dit is om te boer, en om selfs toe te sien dat u elke dag kan smul van die vette wat die boere produseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het nie ons grond gesteel nie. Ons was nooit deel van die koloniale stelsel nie. Ons is inheems aan Afrika, \u0149 stam wat hier gebore en gevorm is tot uniekheid, net soos enige ander stam. Daarmee sal ons voortgaan, ongeag of u ons \u0149 regmerkie daarvoor wil gee of nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis ons reg, wat ons sal bly opeis!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geteken<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>LOUIS MEINTJES<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRESIDENT: TLU SA<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>25 Junie 2015 Die Sekretaris-Generaal African National Congress Luthuli Huis Posbus 61884 MARSHALLTOWN 2107 FAKS: (011) 376 1242 E-POS: mmavata@anc.org.za Meneer Mantashe &nbsp; In die lig van die ooreenkoms wat TLU SA in sy besit het met u handtekening daarop (waarna later in die skrywe meer volledig verwys sal word), waarin u die reg op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"_cloudinary_featured_overwrite":false,"footnotes":""},"categories":[21],"tags":[],"class_list":["post-537","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-jongste-nuus"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.5 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ope brief aan Gwede Mantashe - TLU SA<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ope brief aan Gwede Mantashe - TLU SA\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"25 Junie 2015 Die Sekretaris-Generaal African National Congress Luthuli Huis Posbus 61884 MARSHALLTOWN 2107 FAKS: (011) 376 1242 E-POS: mmavata@anc.org.za Meneer Mantashe &nbsp; In die lig van die ooreenkoms wat TLU SA in sy besit het met u handtekening daarop (waarna later in die skrywe meer volledig verwys sal word), waarin u die reg op [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"TLU SA\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-07-07T07:34:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.tlu.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/09\/logo-fb.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"628\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"dev\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"dev\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/en\\\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/en\\\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"dev\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4ab973fa64cc38463d43cd443655cf32\"},\"headline\":\"Ope brief aan Gwede Mantashe\",\"datePublished\":\"2015-07-07T07:34:55+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/en\\\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\\\/\"},\"wordCount\":1317,\"commentCount\":0,\"articleSection\":[\"Verklarings\"],\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/en\\\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\\\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/en\\\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/en\\\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\\\/\",\"name\":\"Ope brief aan Gwede Mantashe - TLU SA\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2015-07-07T07:34:55+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4ab973fa64cc38463d43cd443655cf32\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/en\\\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/en\\\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/en\\\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ope brief aan Gwede Mantashe\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/\",\"name\":\"TLU SA\",\"description\":\"Die vesting vir die kommersi\u00eble boer in Suid-Afrika\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4ab973fa64cc38463d43cd443655cf32\",\"name\":\"dev\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/e2569f89bce73831e23b66eed6e1732e0e01a4ca22e7127a1e4dba3a4086b214?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/e2569f89bce73831e23b66eed6e1732e0e01a4ca22e7127a1e4dba3a4086b214?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/e2569f89bce73831e23b66eed6e1732e0e01a4ca22e7127a1e4dba3a4086b214?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"dev\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/www.tlu.co.za\\\/en\\\/author\\\/dev\\\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ope brief aan Gwede Mantashe - TLU SA","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ope brief aan Gwede Mantashe - TLU SA","og_description":"25 Junie 2015 Die Sekretaris-Generaal African National Congress Luthuli Huis Posbus 61884 MARSHALLTOWN 2107 FAKS: (011) 376 1242 E-POS: mmavata@anc.org.za Meneer Mantashe &nbsp; In die lig van die ooreenkoms wat TLU SA in sy besit het met u handtekening daarop (waarna later in die skrywe meer volledig verwys sal word), waarin u die reg op [&hellip;]","og_url":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/","og_site_name":"TLU SA","article_published_time":"2015-07-07T07:34:55+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":628,"url":"https:\/\/www.tlu.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/09\/logo-fb.png","type":"image\/png"}],"author":"dev","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"dev","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/"},"author":{"name":"dev","@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/#\/schema\/person\/4ab973fa64cc38463d43cd443655cf32"},"headline":"Ope brief aan Gwede Mantashe","datePublished":"2015-07-07T07:34:55+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/"},"wordCount":1317,"commentCount":0,"articleSection":["Verklarings"],"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/","url":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/","name":"Ope brief aan Gwede Mantashe - TLU SA","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/#website"},"datePublished":"2015-07-07T07:34:55+00:00","author":{"@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/#\/schema\/person\/4ab973fa64cc38463d43cd443655cf32"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/ope-brief-aan-gwede-mantashe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/www.tlu.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ope brief aan Gwede Mantashe"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/#website","url":"https:\/\/www.tlu.co.za\/","name":"TLU SA","description":"Die vesting vir die kommersi\u00eble boer in Suid-Afrika","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.tlu.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.tlu.co.za\/#\/schema\/person\/4ab973fa64cc38463d43cd443655cf32","name":"dev","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-US","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/e2569f89bce73831e23b66eed6e1732e0e01a4ca22e7127a1e4dba3a4086b214?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/e2569f89bce73831e23b66eed6e1732e0e01a4ca22e7127a1e4dba3a4086b214?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/e2569f89bce73831e23b66eed6e1732e0e01a4ca22e7127a1e4dba3a4086b214?s=96&d=mm&r=g","caption":"dev"},"url":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/author\/dev\/"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/537","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=537"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/537\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=537"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=537"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.tlu.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=537"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}