Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

TLU SA se statistiek oor plaasaanvalle stem glad nie ooreen met die statistiek wat vandag deur die minister van polisie, mnr. Bheki Cele in die parlement bekendgemaak is nie.

Volgens die departement was daar tussen 1 April 2019 en 31 Maart 2020, slegs 46 plaasaanvalle terwyl TLU SA se statistiek wat sedert 1990 noukeurig bygehou word, dui dat daar tussen 1 Maart 2019 en 28 Februarie 2020, 410 aanvalle op plase was. TLU SA se statistiek word oor die finansiële boekjaar gemeet.

Die moordstatistiek op plase stem min of meer ooreen met die departement se getal wat op 49 staan teenoor TLU SA se 54.

“Ons statistiek oor plaasaanvalle is betroubaar en dit stem nooit ooreen met die amptelike statistiek van die departement nie,” sê genl.maj Chris van Zyl (aft), die adjunk-hoofbestuurder van TLU SA. “Ons stem wel saam dat daar ‘n styging was in plaasaanvalle en -moorde sedert verlede jaar, hoewel ons getalle verskil.”

TLU SA se statistiek vir 2018/19 wys 356 plaasaanvalle teenoor hierdie jaar se 410 aanvalle. Die departement toon ‘n styging van 47 aanvalle tot 49.

“Hoewel ons ontevrede is oor die verskil in statistiek, is ons baie meer bekommerd oor die nuwe tendense wat ons tydens aanvalle bespeur,” sê genl.maj Van Zyl. “Ontvoering raak al hoe meer deel van die aanvalle op plase, soos wat ons ook gesien het tydens die grusame aanval en moord op die gesin van Hartswater in die Noord-Kaap.

“Dit is vir TLU SA onrusbarend dat die getal aanvallers per aanval ook toeneem. Dit wil al hoe meer dui op georganiseerde misdaad wat spesifiek op plase toeslaan.”

Hoewel die polisie se aandag sedert die inperking in Maart vanjaar deur die toepassing van inperkingsregulasies in beslag geneem word, toon die statistiek en terugvoer dat die algemene misdaadintelligensie gebrekkig en reaktief eerder as voorkomend is. Die SAPD behoort daarop te fokus om ernstige geweldsmisdade en moorde te voorkom.

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       31 Julie 2020

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, Adjunk-President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Genl. Maj Chris van Zyl (aft), Adjunk-Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 072 716 9299

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons