Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

TLU SA vind min. Bheki Cele se minagting van die hoogste hof in die land tekenend van die magsmisbruik wat in die regering heers. Die minister van polisie én nasionale polisiekommissaris Kehla Sithole, meen hulle kan aan die konstitusionele hof voorsê of hulle skuldiges in hegtenis gaan neem of nie.

Die twee het die hof skriftelik in kennis gestel dat hulle oudpres. Jacob Zuma nie in hegtenis sal neem totdat al sy hofaansoeke aangehoor is nie.

“Cele se optrede is net nóg ‘n voorbeeld van hoe hy versuim om sy plig uit te voer,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “As hy nie besig is om die vuurwapen- of DNS-stelsels van die land inmekaar te laat tuimel, of by die een of ander berugte korrupsie betrokke is nie, laat hy misdadigers toe om hofbevele te verontagsaam.

“Ons vra weer, wat gaan dit vat vir pres. Ramaphosa om die Cele uit sy pos te ontslaan?”

TLU SA het in Maart reeds ‘n veldtog van stapel gestuur om Cele se kop te laat rol. Dit is veral boere en mense op die platteland wat direk geraak word deur Cele se wanbestuur van die polisie omdat hulle kwesbare teikens is.

“Cele is natuurlik nog nie die meester van korrupsie, wanbestuur en selfvoldaanheid nie. Dié titel behoort aan Jacob Zuma,” sê mnr. Geldenhuys. “Eintlik wil ons hom nie blootstelling gee deur oor hom te praat nie. Al wat ons wil sê is dat ons hoop mense weet hy speel weereens vir tyd, maar dat ons hoop hy word vir eens vir sy laakbare gedrag gestraf.”

TLU SA doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om die veldtog teen Cele te steun en so te wys dat hulle genoeg gehad het van korrupte en onbevoegde leiers. Die veldtog kan by die volgende skakel gesteun word: https://www.tlu.co.za/tsamaea-cele/.

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       6 Julie 2021

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Sluit aan
POPI

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons