Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

TLU SA het reeds navrae aan die relevante besluitnemers, asook verskeie politieke partye, gerig rakende ‘n nuwe regulasie wat die verkoop van brandstof in houers verbied.

Dié regulasie is op die departement van minerale en energie se webwerf bevestig. Wanneer die regulasie in die Staatskoerant gepubliseer word, sal die verkope en verspreiding van petrol en diesel in ‘n houer – enige voorwerp om petroleumprodukte te hou of te vervoer, afgesien van ‘n voertuig – verbode  wees.

“Ons verstaan dat die besluit geneem is om te verseker dat daar nie ‘n tekort aan brandstof ontstaan tydens die onrus in die land nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Maar dié besluit is kortsigtig en het veral ‘n invloed op landbouers. Boere moet brandstof in houers kan aankoop om die plase aan die gang te hou. Ons gebruik nie meer perde en osse om ons take te verrig nie, maar motorfietse en trekkers. Dit gebruik brandstof. Ons het ook brandstof nodig vir opwekkers en pompe.

Bowenal is dit ook nou die brandseisoen en het ons diesel nodig om brande te blus. Dus is die regulasie heeltemal onprakties.”

TLU SA stel voor dat die permitte wat boere tydens die vlak-4 inperking gebruik om noodsaaklike dienste te verrig, ook gebruik mag word vir landbouers om brandstof in houers aan te koop. TLU SA wag op terugvoer en sal lede op hoogte hou van die situasie.

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       15 Julie 2021

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Sluit aan
POPI

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons