TLU SA vat munisipaliteite vas met protesaksie

TLU SA stel vandag ‘n protesaksie teen onbillike eiendomsbelasting bekend.

 

Wetgewing verplig munisipaliteite om sekere vlakke van ekonomiese en sosiale toestande binne ‘n gebied te handhaaf. Die owerhede moet verder ekonomiese impakstudies doen om vas te stel of dienste relevant tot belasting gelewer word. Dit moet ook aandui watter impak onvoorsiene omstandighede op die ekonomiese oorlewing van die inwoners sal hê.

 

“In die lig van die geweldige ekonomiese impak wat COVID-19 en die gevolglike inperkingsmaatreëls op individue en besighede gehad het, moet eiendomsbelasting beslis aangepas word,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Die owerhede is verplig om verligting te gee sodat mense vir hulself kan sorg.”

 

Dit is belangrik om te besef dat eiendomsbelasting aangewend word om die hele munisipale of distriksgebied na behore te bestuur. Dit geld nie net vir die dienste van ‘n eiendom, soos riolering, sanitasie en vullisverwydering nie. Die munisipaliteit of distrik moet dit ook ekonomies moontlik maak vir ‘n persoon om ‘n bestaan te maak, hetsy deur ‘n besigheid te bedryf of werksgeleenthede te skep.

 

“Dit is baie belangrik dat ons verantwoordelikheid neem vir die land waarin ons leef,” sê mnr. Meintjes. “In ‘n demokrasie is dit elke landsburger se plig om probleme uit te wys en vol te hou totdat daar ‘n oplossing gevind word. Dit is van geen nut om te kla oor hoë eiendomsbelasting en swak dienslewering en dan niks verder te doen nie. Jy moet jou munisipaliteit vasvat.”

 

Met die Plaaslike Regering Protesaksie maak TLU SA dit moontlik vir enige landsburger wat eiendomsbelasting betaal om beswaar aan te teken teen tariewe wat nie die dienste balanseer nie. Al die nodige inligting is op hierdie platform beskikbaar om beswaar aan te teken teen onbillike tariewe.

 

Kyk gerus ook na hierdie uitsending van Plaaspraatjies om meer inligting oor die protesaksie te vind.

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

 

Datum:                       1 Julie 2020

 

Navrae:                       Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,

                                    Sel.: 082 461 7262

 

                                   Erika Helm, TLU SA Voorsitter: Plaaslike Regering

                                    Sel.: 079 699 6032

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.