|
|
|
| |
|
Suksesse vir 2024
Wanneer daar in die begin van ’n nuwe jaar beplan word, is dit altyd waardevol om terug te kyk na die afgelope jaar. TLU SA is dankbaar vir die vele geleenthede en suksesse wat ons met trots kan onthou. Ons het daaruit geleer en hopelik sal dit ons help om beter besluite vir die toekoms te neem. Die landbou-omgewing sal in 2025 verskeie uitdagings die hoof moet bied – maar dit was ook die geval in 2024. Die belangrikste is dat ons saakmakende planne en geleenthede moet skep wat lede in staat stel om volhoubaar en veilig voort te gaan met hul boerdery.

|
| |
|
| Projek 10 000: Nou meer krities as ooit |
|
|
President Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Onteieningswet op 23 Januarie 2025 is ‘n skokkende slag vir die grondslag van eiendomsreg in Suid-Afrika. TLU SA betreur hierdie besluit en beklemtoon dat die wet ernstige negatiewe gevolge vir voedselsekerheid, beleggersvertroue en ekonomiese stabiliteit sal hê.
In die lig van hierdie ontwikkeling is TLU SA se Projek 10 000 nou belangriker as ooit. Hierdie veldtog, wat begin is om ondersteuning te mobiliseer vir die stryd teen die Onteieningswet, is ‘n kragtoer om die toekoms van eiendomsreg en voedselsekerheid te beskerm.
Projek 10 000 het ten doel om JOU ondersteuning te werf wat TLU SA se missie sal versterk. Hierdie projek is die sleutel tot ‘n gesamentlike poging om teen die verreikende gevolge van die Onteieningswet op te staan.
Wil jy soos 'n lam geslag word? Of staan jy saam met TLU SA in hierdie geveg? Onteiening raak almal.
Ondersteun TLU SA deur die vorm in te vul of 'n finansiële bydrae te maak. |
| “Boere-unies, wys ons jou boerpampoen(geregte)” |

Die Cullinan Boere-unie, TLU SA, maak gereed vir die opwindende 2025 Goliat van Gat Pampoenfees, wat op 15 Maart 2025 by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton plaasvind. Alhoewel die bieliepampoene tradisioneel in die kollig is, beloof vanjaar se fees om nog meer smaaklik te wees – die pampoengereg-kompetisie is oop vir inskrywings!
Boere-unies van regoor Suid-Afrika word uitgedaag om hul beste pampoengeregte in te skryf. Of dit nou goue pampoenpoffers, romerige pampoensop, kreatiewe pampoentertjies of tradisionele pampoenpastei is – bring jou beste resepte en ding mee om wonderlike pryse.
Henri Combrink, organiseerder van die Goliat van Gat Pampoenfees, sê dat hierdie jaar se fees groot opgewondenheid bring. “Ons weet die boere het nie net groen vingers nie, maar ook talent in die kombuis. Dit is tyd om ‘n bietjie met jou unie se kookvernuf te kom spog!”
Buiten die pampoengereg-kompetisie bly die reuse-pampoenkompetisie steeds ’n groot hoogtepunt, met pryse vir die 10 grootste pampoene, die mooiste én die lelikste pampoen. Daar is ook ’n spesiale kategorie vir kinders onder 16 jaar om deel te neem. Ander groentes soos reusekomkommers en tamaties kan ook ingeskryf word.
Moenie hierdie kans mis nie! Of jy nou wil deelneem aan die pampoengereg-kompetisie, jou reuse-pampoen wil inskryf, of net die wonderlike gemeenskap en stalletjies wil beleef – die 2025 Goliat van Gat Pampoenfees is die plek om te wees.
Vir enige navrae oor inskrywings of stalletjies, kontak Henri Combrink by 082 552 9428 of e-pos culliboer@gmail.com. |
|
 |

Die BCVO se jaarlikseglansgeleentheid het op 19 Januarie plaasgevind. Hier oorhandig Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, die TLU SA Trofee aan André van Zyl van CVO Omega in Kareedouw vir beste presteerder in Landbouwetenskap. |
| |
 |
| |
Die Oosstreek het tot dusver 'n seisoen van uiterstes beleef! In die middel van Desember het menige boer op sy knieë gebid vir reën, en net 'n maand later was daar plekke wat deur oorvloedige reën gekenmerk is. Maar ons kla nie, ons het gesien hoe die seisoen kan lyk! Die gesaaides lyk pragtig, die weidings het mooi uitgeloop, en die kampe het weer water. Ons is dankbaar. In baie dele het die boere dit reggekry om te oorplant soos nodig, en die spuitwerk is oor die algemeen bygewerk. Sojas sukkel egter met die oormaat vog en is besig om te versuip, maar die mielies lyk baie mooi.
Die grootste uitdaging regoor die streek is egter die toestand van die paaie na die nat weer. Geen grondpad is meer in 'n goeie toestand nie, en die meeste teerpaaie het groot slaggate. Tot dusver is daar nog geen amptelike poging tot herstel nie, en op baie plekke is dit die boere wat die vloedskade herstel, want dit is ons vrouens en kinders wat daar moet ry.
Wat veediefstal betref, het meeste dele van die streek 'n rustige Kerstyd gehad, maar die areas wat wel geteiken is, het erg deurgeloop. Die onwettige jag met honde is steeds 'n probleem, en die nabygeleë dorpe en nedersettings ly steeds onder inbrake en diefstal. Maar die wêreld is groen, en so het ons weer moed!
Die Oosstreek nooi graag alle lede uit na die Streeksvergadering op 5 Februarie in Ermelo. |
| |
 |
|

Klik hier vir 'n Spesiale aanbod vir boere
|
Die rol van TLU SA Komitees
By TLU SA wil ons graag ons diepe waardering uitspreek vir die harde werk van al die lede wat betrokke is by die verskeie komitees. Deur hul onbaatsugtige betrokkenheid en toewyding, help hulle die Uitvoerende Komitee om die koers van TLU SA te bepaal, en om die nodige navorsing te doen wat ons organisasie se rigting sal vorm. Volhoubaarheid vir ons lede, in die lig van die vele uitdagings wat hulle daagliks teëkom, is die fundamentele fokus van alles wat ons doen. Daarom is die advies wat uit ons komitees ontstaan van onskatbare waarde. Ons moedig al ons lede aan om hierdie advies in die praktyk toe te pas en om terugvoer te gee wat ons kennis kan verryk en die werking van die komitees kan versterk. |
|
|
| Onderwys en Kultuurkomitee
Die Uitvoerende Komitee het besluit om die Onderwys- en Kultuurkomitee, wat al die jare gefunksioneer het, weer in die lewe te roep. Die druk op die onderwysbedeling op alle vlakke, veral rakende die inhoud van leerplanne, die aantasting van moedertaalonderrig en die kwaliteit van onderwys, wek ernstige kommer. Vir ons as landbouers is dit noodsaaklik dat daar positiewe fokus geplaas word op landbou-opleiding, sodat potensiële landbouers die nodige, goed gefundeerde kwaliteitopleiding ontvang.
Die aard, karakter en etos van TLU SA is vir ons van groot belang, en daarom is die somtotaal van ons aksies binne die organisasie rigtinggewend vir ons toekoms. Hierdie komitee sal, net soos die ander komitees, hul aanbevelings aan die Uitvoerende Komitee maak om TLU SA in hierdie verband te rig.
Ons sal dit waardeer indien elke streek ’n persoon kies wat op die komitee kan dien. Ons wil egter beklemtoon dat lede wat voel hulle kan ’n konstruktiewe bydrae lewer, hulle name ook kan instuur na hb@tlu.co.za voor 14 Februarie 2025. |
|
| Solar Kragvoorsiening: Enfin
Enfin bied verskeie moontlikhede om heeltemal of gedeeltelik onafhanklik van Eskom te word. Die voordele van hierdie oplossing sluit in:
- Enfin dra die finansiering en hanteer die installering, sowel as die volle koste van installering.
- Enfin bestuur, diens en onderhou die sisteem vir die volle duur van die kontraktermyn.
- Die kliënt/boer gebruik geen van sy eie kapitaal nie.
- Die kliënt/boer betaal net vir die kragverbruik (per eenheid) vir die duur van die kontraktermyn.
- Met Enfin is jy verseker van krag, iets wat Eskom nie kan verseker nie.
- Met Enfin is jy verseker van goedkoper krag.
- Met Enfin is jy verseker van groener, meer volhoubare krag.
- Na afloop van die kontraktermyn word die kliënt die eienaar van die sisteem.
- Enfin sal ‘n gratis behoeftebepaling en voorlegging doen vir die boer/kliënt. Daar is geen verwagtinge, verpligtinge of risikos nie. Die boer/kliënt kan ‘n ingeligte besluit neem na afloop van die voorlegging.
- Dit is ‘n wen-wen oplossing: jy het krag, jy het goedkoper krag, jy het groen krag, en na afloop van die kontraktermyn word jy die eienaar van die sisteem.
Enfin se energie-oplossing is landswyd beskikbaar vir boere, industrie- of besigheidseienaars waar die huidige kragverbruik in die omgewing van R40 000 of meer per maand beloop. Vir kontantvloei-oplossings kan Enfin ook bestaande sonkrag sisteme oorkoop, optimaliseer en die bestuur oorneem.
TLU SA trek voordeel uit suksesvolle aansluitings deur ‘n aansluitingskommissie.
Vir meer besonderhede, kontak Gert van Zyl by 082 769 4884 of stuur 'n e-pos aan zylgert@gmail.com. |
|
| |

4 X 4 SLAGVELD-BELEWENIS (1 - 4 Mei)
Die SAW Veteranevereniging bied 'n unieke geleentheid aan vir belangstellendes om in die Volksrust omgewing verskeie onbekende monumente, forte en slagvelde uit die era van die Tweede Vryheidsoorlog te besoek - wat nie normaalweg tydens besoeke ervaar word nie. Hierdie 4 x 4 Slagveld Belewenis sal op 1 - 4 Mei plaasvind. Sekere van die besoekpunte verg 'n 4 X 4 voertuig. Vir meer besonderhede, kontak Egbert van der Westhuizen by 083 400 7075.
TLU SA Jongboerkonferensie 2025 (14 Maart)
Vanjaar se TLU SA Jongboerkonferensie vind op 14 Maart by Future Africa by die proefplaas van die Universiteit van Pretoriaplaas. Die Jongboerkonferensie het die afgelope paar jaar die stempel afgedruk as ’n geleentheid wat deur verskeie buiterolspelers beskou was as van die beste konferensies wat nog bygewoon is.
Vanjaar se konferensie beloof om weer aan daardie standaarde te voldoen. Ons jong boere moet die datum vroegtydig aanteken en registreer vir die geleentheid.

Agri Skills Transfer 2025 Ope Dag – ’n Groot Sukses!
entoesiastiese besoekers te verwelkom en die passie vir landbou te deel.
Van demonstrasies tot insiggewende geselsies met ons ervare personeel – het besoekers eerstehands ervaar hoekom Agri Skills Transfer die perfekte plek is om jou loopbaan in Diere- of Plantproduksie te begin.
Kon jy nie die dag bywoon nie? Moenie bekommerd wees nie! Kontak Agri Skills gerus vir meer inligting oor ons programme en studiemagte.

|
| |

Foto van die maand
|

|
| |
 |
|
|
| |
| |
|