James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Minimumloon-aankondiging toon min begrip vir ekonomiese werklikheid

TLU SA betreur die aankondiging dat die nasionale minimumloon vanaf 1 Maart 2026 tot R30,23 per uur verhoog word. Hierdie besluit is geneem ten spyte van wesenlike, konstruktiewe insette deur georganiseerde landbou, sakelui én vakbonde wat duidelik gewaarsku het teen die uiters brose toestand van Suid-Afrika se ekonomiese omgewing.

Die aankondiging kom boonop op ’n tydstip waar die landboubedryf reeds onder geweldige druk verkeer. Siekte-uitbrake soos bek-en-klouseer en Afrika-varkpes (ASF) plaas verdere spanning op produsente, lei tot produksieverliese en dra reeds by tot werksverliese in landelike gemeenskappe. In hierdie konteks is dit onverantwoordelik om koste verder administratief op te stoot sonder enige realistiese beoordeling van die impak op werkskepping en volhoubaarheid.

Dit is veral kommerwekkend dat selfs vakbonde in die onderhandelingsproses aangedui het dat daar met groot verantwoordelikheid omgegaan moet word met die realiteit van die huidige ekonomiese klimaat. Nieteenstaande hierdie waarskuwings het die Departement van Indiensneming en Arbeid steeds ’n styging afgedwing wat los staan van ekonomiese werklikhede en markkragte.

Aan die einde van die dag kan geen besigheid of onderneming losgemaak word van winsgewendheid nie. Werkgewers word noodgedwonge genoop om hul besigheidsmodelle te herevalueer: hoe produktief is die arbeidsmag, hoe word produksiefaktore saamgevoeg, en of die onderneming enigsins volhoubaar kan voortbestaan. Hierdie besluite word nie ligtelik geneem nie, maar word direk beïnvloed deur beleid wat koste verhoog sonder om groei en produktiwiteit te bevorder.

Teen hierdie agtergrond is dit uiters onbillik dat die staat homself die reg toe-eien om die privaat sektor te dwing tot loonvlakke wat die staat self nie bereid of in staat is om te betaal nie. Die feit dat werkers in staatsprogramme teen byna die helfte van die minimumloon vergoed word, beklemtoon die totale teenstrydigheid en onregverdigheid van die huidige benadering. Die staat toon weereens min begrip vir die werklike gevolge van hierdie aankondiging. Werkverliese en verarming word klaarblyklik as sekondêre kwessies beskou, terwyl die regering fokus op administratiewe stappe sonder om volhoubare oplossings te oorweeg.

TLU SA bly van mening dat dit beter is om die ongeveer 34% Suid-Afrikaners wat tans werkloos is, toegang tot werk te gee teen ’n laer, realistiese loon, as om hulle heeltemal uit die arbeidsmark te hou. Werk skep waardigheid, ervaring, vaardighede en die geleentheid vir ontwikkeling. Om mense afhanklik te hou van sosiale toelae is nie ’n volhoubare oplossing nie en bou geen toekoms nie.

Dit is ’n hartseer dag wanneer daar weer bewys word dat daar steeds die wanopvatting bestaan dat ekonomiese groei deur administratiewe afdwinging bewerkstellig kan word. Markkragte geld ook in die aanstelling van arbeid, en hierdie aankondiging sal noodwendig daartoe lei dat entrepreneurs moeilike besluite moet neem om hul besighede aan die gang te hou.

Die tragiese gevolg hiervan is dat werkers moontlik weer in die slag kan bly, iets wat Suid-Afrika nou minder as ooit kan bekostig. Daar kan ook gevra word hoe die minimumloon op die informele sektor van toepassing gaan wees, en op watter wyse dit in daardie sektor gemonitor en afgedwing sal word. Hierdie praktiese vraag is relevant vir die realiteit van baie werksgeleenthede buite die formele ekonomie.

TLU SA beskou hierdie aankondiging as onverantwoordelik en kortsigtig, veral in die lig van die vele konstruktiewe insette wat geïgnoreer is.

Kategorie:

Deel dit:

Minimumloon-aankondiging toon min begrip vir ekonomiese werklikheid

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.