TLU SA Lidmaatskap

Die boer kan nie bestaan sonder verbruikers nie, maar verbruikers het boere nodig vir voedselvoorsiening. Daarom kan nie-boere ook by TLU SA aansluit as ONDERSTEUNERS in die Silwer Kategorie.  

Voordele

Lede ontvang die maandelikse nuusbrief Pitkos, kan die jaarlikse Kongres bywoon en het, volgens lidmaatskapkategorie, stemreg in die Algemene Raad en by die Kongres. 

TLU SA het verskeie dienste op die been gebring om boere se dag tot dag-besigheid te vergemaklik, soos die TLU SA Adviesdiens, Business How To, Finansiële Welstandslessenaar en die Landbousektor Voorsorgfonds. 

Verder beding TLU SA spesiale dienste van organisasies of maatskappye met wie ons ooreenkomste NET VIR LEDE aangaan.

Klik op enige van hierdie prentjies om meer te sien.

Die lidmaatskapfooie word jaarliks aangepas. *Let wel, die Noordstreek se fooie verskil van die res van die land.*

Diamant

vir lede wat ‘n groter bydrae wil maak. Met die kategorie ontvang ‘n lid individuele stemreg by die AR en Kongres
R 1 234 per maand
  • Jaarliks: R14 700
  • Halfjaarliks: 2 x R7 360 (R14 720 per jaar)
  • Maandeliks: 12 x R1 234 (R14 808 per jaar)

Platinum

vir die kommersiële of voltydse boer
 
 
R 435 per maand
  • Jaarliks: R5 150
  • Halfjaarliks: 2 x R2 590 (R5 180 per jaar)
  • Maandeliks: 12 x R435 (R5 220 per jaar)

Goud

vir nie-kommersiële boere, plaasbestuurders of gades en kinders van Platinumlede
 
R 326 per maand
  • Jaarliks: R3 840
  • Halfjaarliks: 2 x R1 935 (R3 870 per jaar)
  • Maandeliks: 12 x R326 (R3 912 per jaar)

Silwer

vir ondersteuners wat nie boer nie
 
 
R 160 per maand
  • Jaarliks: R1 800
  • Halfjaarliks: 2 x R920 (R1 840 per jaar)
  • Maandeliks: 12 x R1 920 (R3 912 per jaar)

Ek wil graag as ‘n lid of ondersteuner by TLU SA aansluit.

Kontak my asb deur die onderstaande inligting.

Sluit aan 2024
Betalings

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.