Veiligheid
Misdaad in Suid-Afrika is oral buite beheer, maar boere bly verafgeleë en is daarom meer kwesbaar vir aanvalle, wat gereeld ook baie meer gewelddadig is, as stadsbewoners. Die afskaffing van die kommandostelsel ten gunste van die sektorpolisiëringstelsel het boere se veiligheid verder bedreig. En intussen skep opruiende uitsprake van politici ‘n plofbare klimaat. TLU SA skyn gereeld die kollig op die SAPD se onvermoë om hulle wetlike pligte na te kom, die impak van misdaad op voedselsekerheid en die voorkoms van plaasaanvalle. TLU SA-lede is altyd gewillig om by te dra en inspraak te lewer oor hoe om landelike gebiede veiliger te maak.
Kontak die komitee
Hugo Pretorius
Voorsitter
Hugo Pretorius
Voorsitter
- Phone:073 841 7896
- Email:hugo777hugo@gmail.com
Gawie Lötter
Sekretariaat
Veldtogte
Belastingvoordele vir publieke veiligheid 2023 – IN PROSES
Doen die regering se werk, dring aan op die belastingvoordeel.
Verklarings/Meningstukke
Saai en TLU SA is dankbaar dat Agri-SA ook tot...
Deur Erika Helm (Voorsitter: Plaaslike regering komitee) Grafbesoekers op privaat...
Van belang
Het jy al ooit gewonder oor die regsbystand wat jy dalk mag nodig kry indien jy jou en jou gesin se lewens of jou plaas/eiendom deur die gebruik van jou vuurwapen beskerm?
Veldtogte
Publieke veiligheid 2022
Suid-Afrikaners is oor die algemeen op hulself aangewese as hulle vry van geweld wil lewe. Sekuriteit en veiligheidstoerusting is nie goedkoop nie
Stap saam teen plaasmoorde 2020 & 2022
Suid-Afrika se boere, hulle gesinne en werkers word al hoe meer en al hoe meer brutaal aangeval en vermoor. Ons wil graag hê dat alle Suid-Afrikaners wat keelvol is vir misdaad, saam met ons aan hierdie protesoptog deelneem.
Suid-Afrika verdien beter 2021 – AFGEHANDEL
Die Julie 2021 onluste verslag wys baie duidelik dat die SAPD se probleme soveel groter is as net een persoon en Suid-Afrika verdien beter.
Plaaswagte 2020 – AFGEHANDEL
Die SAPD en PLAASWAGTE werk suksesvol saam om landelike veiligheid te verseker. Sedert die tydperk van inperking word PLAASWAGTE egter verhoed om patrollering te doen.
Plaaswagte 2020 – AFGEHANDEL
Die SAPD en PLAASWAGTE werk suksesvol saam om landelike veiligheid te verseker. Sedert die tydperk van inperking word PLAASWAGTE egter verhoed om patrollering te doen.