Ekonomiese volhoubaarheid

Enige besigheid moet winsgewend bedryf word om volhoubaar te bly voortbestaan. Vir kommersiële boere het die ekonomiese volhoubaarheid van die boerdery ‘n verdere implikasie – wanneer ‘n boerdery vou, kan boere nie verder voedsel verskaf aan Suid-Afrikaners nie. Talle nuwe wette en regulasies het ‘n uiters negatiewe uitwerking op die landbousektor. In die meerderheid van gevalle, was hierdie nuwe maatreëls eensydig geïmplementeer sonder dat die landbousektor sinvolle insette kon lewer. TLU SA probeer sover en wyd as moontlik druk uitoefen en die boodskap oor die Suid-Afrikaanse regering se nie-volhoubare beleid ten opsigte van ‘n gesonde ekonomie versprei.

Kontak die komitee

Jannie Raath

Sekretariaat

Veldtogte

A. Red ons ekonomie [[2020 – AFGEHANDEL

COVID-19 het die Suid-Afrikaanse ekonomie – wat reeds op die knieë was – byna die finale nekslag toegedien. TLU SA gee nou aan alle Suid-Afrikaners die geleentheid om te deel hoe die inperking hulle lewens – en sak – beïnvloed en watter stappe geneem moet word om die ekonomie te red.

Verklarings/Meningstukke

Belangrike dokumente

Van belang

Ondersteuningsdienste

Die Finansiële Welstandlessenaar is ‘n gelisensieerde en geakkrediteerde finansiële diensteverskaffer wat spesifiek fokus op dienste vir boere. 

Die Landbousektor Voorsorgfonds is gestig om aftreevoordele aan werkgewers (boere) en hul plaaswerkers te voorsien

Veldtogte

Boere, beskerm jou uitvoerstatus

Ofskoon die PPECB se versoek aan sy kliënte om hul B-BBEE-sertifikate te verskaf tans nog nie hul uitvoerstatus beïnvloed nie, is daar groot kommer dat dit wel die volgende stap van die organisasie gaan wees. Met die veldtog wil TLU SA – in samewerking met die Sakeliga – boere bekwaam om die uitdaging aan te pak.

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.