Ekonomiese volhoubaarheid
Enige besigheid moet winsgewend bedryf word om volhoubaar te bly voortbestaan. Vir kommersiële boere het die ekonomiese volhoubaarheid van die boerdery ‘n verdere implikasie – wanneer ‘n boerdery vou, kan boere nie verder voedsel verskaf aan Suid-Afrikaners nie. Talle nuwe wette en regulasies het ‘n uiters negatiewe uitwerking op die landbousektor. In die meerderheid van gevalle, was hierdie nuwe maatreëls eensydig geïmplementeer sonder dat die landbousektor sinvolle insette kon lewer. TLU SA probeer sover en wyd as moontlik druk uitoefen en die boodskap oor die Suid-Afrikaanse regering se nie-volhoubare beleid ten opsigte van ‘n gesonde ekonomie versprei.
Kontak die komitee
Wannie Scribante
Voorsitter
Ronnie Schilling
Sekretariaat
Ronnie Schilling
Sekretariaat
Ek is deel van TLU SA omrede TLU SA die rigtinggewende georganiseerde landbouorganisasie in SA is.
- Phone:083 642 7230
- Email:r.schilling@live.co.za
Veldtogte
A. Red ons ekonomie [[2020 – AFGEHANDEL
COVID-19 het die Suid-Afrikaanse ekonomie – wat reeds op die knieë was – byna die finale nekslag toegedien. TLU SA gee nou aan alle Suid-Afrikaners die geleentheid om te deel hoe die inperking hulle lewens – en sak – beïnvloed en watter stappe geneem moet word om die ekonomie te red.
Verklarings/Meningstukke
Na aanleiding van die aftekening van die Agricultural Agro-Processing Masterplan...
Belangrike dokumente
Verlede maand het ons gekyk na die belegging geleenthede in...
Verlede maand het ons oorsigtelik gekyk na die beleggingsituasie en...
Van belang
Ondersteuningsdienste
Die Finansiële Welstandlessenaar is ‘n gelisensieerde en geakkrediteerde finansiële diensteverskaffer wat spesifiek fokus op dienste vir boere.
Die Landbousektor Voorsorgfonds is gestig om aftreevoordele aan werkgewers (boere) en hul plaaswerkers te voorsien
Veldtogte
Boere, beskerm jou uitvoerstatus
Ofskoon die PPECB se versoek aan sy kliënte om hul B-BBEE-sertifikate te verskaf tans nog nie hul uitvoerstatus beïnvloed nie, is daar groot kommer dat dit wel die volgende stap van die organisasie gaan wees. Met die veldtog wil TLU SA – in samewerking met die Sakeliga – boere bekwaam om die uitdaging aan te pak.


