James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Omgewingsbestuur

Vandag se landbouer met moderne boerderymetodes is ook, soos wat die kultuuropdrag in die Bybel bevestig, ’n bewaarder van God se skepping. As hierdie bewaring nie plaasvind nie, sal landboutoestande so verswak dat dit voedselsekerheid in gevaar sal stel. In ’n land soos Suid-Afrika, wat nie landbou-vriendelik is nie, sal dit katastrofies wees. Die behoud van natuurlike hulpbronne, wateraangeleenthede, myne en eksplorasie, bewaringslandbou, energie en infrastruktuur word alles bedreig deur kortsigtige en ideologies-gedrewe wetgewing. TLU SA sal voortgaan om as rentmeesters van ons grond enige regulasies of wetgewing teenstrydig met die bewaring van die skepping teen te staan.

Kontak die komitee

Jannie Roux

Voorsitter

Danie Prins

Sekretariaat

Veldtogte

Waterlisensies 2023 - AFGEHANDEL

Die Departement van Waterwese en Sanitasie het dit goedgedink om nou ook raskwotas aan waterlisensies te koppel. Lewer nou kommentaar.

Verklarings/Meningstukke

Belangrike dokumente

Veldtogte

Privatisering van Eskom 2022

Suid-Afrika staan voor ’n keerpunt met sy kragkrisis. TLU SA doen ’n beroep op die regering om Eskom te privatiseer, want die huidige stand van sake kan die land oor die afgrond stuur.

Padveiligheid 2022 – AFGEHANDEL

Die haglike toestand van paaie bring boere se vermoë om kos op jou tafel te kry in gedrang!

Drink jy jou kraanwater 2021

Suid-Afrika se water is vuil. Die departement van water en sanitasie erken dat 56% van die 1 150 munisipale rioolaanlegte en 44% van die 962 watersuiweringsaanlegte in swak of kritieke toestand en 11% heeltemal disfunksioneel is*.

Omgewingsbestuur