Klimaatskwessies en volhoubaarheid is iets wat toenemend onder verbruikers en aandeelhouers aandag kry. Daar is dus druk op besighede om strategieë te ontwikkel om hulle bydraes te maak om aardverwarming te verminder en hulpbronne volhoubaar te gebruik. Landbou is nie kwytgeskeld hiervan nie. Inteendeel, landbou, in die algemeen, maar ook spesifieke landbousubsektore, word gereeld as groot rolspelers in die vrylating van kweekhuisgasse uitgewys (sien figuur 1 hier onder). In hierdie artikel raak ons aan belangrike volhoubaarheids konsepte en verwikkelinge wat landbouprodusente sal baat, om dit te verstaan en selfs uiteindelik te meet. Ons brei ook uit oor Absa se strategie ten opsigte van volhoubaarheid en klimaatsverandering.
Figuur 1: Waardeketting vir gemiddelde kweekhuisgasvrylatings per produk
Bron: Poore & Nemecek (2018) op MyWorldinData.org
Hoe word produsente geraak en wat kan ter voorbereiding gedoen word?
Die verskerpte dryf om klimaatskwessies te bestuur, kan landbouprodusente op verskeie maniere raak. Die eerste is toekomstige koolstofregulasies wat in sekere markte geïmplementeer gaan word. Dit sluit ’n koolstofbelasting en rapportering van koolstofvrystelling op voedseletikette in. Koolstofhandel kan hier ook moontlike geleenthede vir produsente bied. Hoewel daar nog nie gevestigde markte hiervoor in Suid Afrika is nie, is daar aanduidings dat die Johannesburgse Effektebeurs hierdie moontlikhede sterk dryf en ondersoek.
Na aanleiding hiervan sal produsente sal op twee maniere op die verskerpende klimaatsfokus moet reageer:
- Die eerste is om te verstaan hoe hul koolstofvoetspoor daarna uitsien. Hier is dit belangrik om te bepaal hoe die voetspoor van verskillende produksiemetodes lyk, bv tradisioneel teenoor geen/minimum grondbewerking en hoe die toediening van kunsmis en chemikalieë tot ’n produsent se koolstofvoetspoor bydra.
- Die tweede is om metodes te implementeer wat die produsent se voetspoor verklein. Hier is ʼn verhoging in doeltreffendheid een van die eerste elemente wat kan verseker dat landbouproduksie se impak op die omgewing verminder. Voorbeelde van oplossings wat doeltreffendheid verhoog, is nette wat verdamping uit besproeiingsboorde kan verminder. Dit help ook om konsekwente gehalte van vrugte te verseker. Nog ’n voorbeeld is presisie boerdery wat die toediening van sintetiese kunsmis en chemikalieë tot ’n minimum kan beperk. Ten opsigte van veeproduksie word die negatiewe effek op die omgewing oorwegend aan oorbeweiding en die uitlating van kweekhuisgasse (spesifiek waar intensiewe veeproduksie plaasvind) toegeskryf. Oplossings tot die probleme sluit herlewingslandbou en deeglike weidingsbestuur in.
Klimaatsfinansiering
Finansiering speel ook ’n kritiese rol in die pogings om klimaatsverandering te beperk, maar ook om kliënte in staat te stel om die uitdagings van ’n veranderende klimaat te bestuur. Kommersiële banke regoor die wêreld het oor die laaste paar jaar heelwat dienste en produkte in hierdie verband bekendgestel. Hierdie sogenaamde groen finansiering kan verskillende vorme aanneem. Dit sluit in die aanbieding van voordelige finasieringsterme vir projekte wat klimaatsvriendelik is, of innoverende finansiële produkte wat produsente/besighede beloon vir praktyke wat volhoubaar is.
Absa is ook toegewyd tot volhoubaarheid en die beperking van klimaatsverandering en is daartoe verbind deur die ondertekening van die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram en Finansieringsbeleid vir Verantwoordelike Bankdienste. Daarby hey Absa h ’n toegewyde span spesialiste wat kliënte in primêre landbou en die res van die ketting kan raad gee ten opsigte van belegging in hernubare energiebronne. Ons besef dat klimaats- en omgewingskwessies nie langer in die agtergrond kan wees nie, maar dat dit deel moet vorm van gereelde gesprekke met ons kliënte. Kontak Absa AgriBesigheid gerus as jy finansieringsnavrae het, of raad oor volhoubaarheid en klimaatsverwante kwessies wil hê.
Stuur gerus ’n epos aan Marlene.louw@absa.africa vir navrae.