James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Leierskap en Strukture

TLU SA dra die belange van die landbougemeenskap van die boer af boontoe.
Om hierdie boodskappe effektief en gestruktureerd te verwerk, is dit nodig
dat daar strukture in plek is om dit na behore te bestuur.

Lid

Boerevereniging (BV)

  • Dagbestuur – Voorsitter, Adjunk-voorsitter, Dagbestuur, Lede
  • Algemene Vergadering – Voorsitter, Adjunk-voorsitter, Verkose lede

Distrikslandbou-unie (DLU) of Boere-unie (BU)

  • Algemene Raad – Voorsitter, Adjunk-voorsitter, Uitvoerende Komitee, Streekkomitee Voorsitters, Addisionele Lede
  • Uitvoerende Komitee – Voorsitter, Adjunk-voorsitter, Dagbestuur, BV Voorsitters
  • Dagbestuur – Voorsitter, Adjunk-voorsitter, Verkose lede

Streek

  • Streeksvoorsitter
  • Algemene Raad – DLU/BU Voorsitters, Verkose Lede
  • Uitvoerende Komitee – Streeksvoorsitter, Dagbestuur/Beplanningsgroep

Uitvoerende Komitee (UK)

  • President,
  • Adjunk-president
  • Streeksvoorsitters
  • Nasionale Vaste Komitee Voorsitters
  • Voorsitter: Projektekomitee

Algemene Raad (AR)

  • Die lede van die Uitvoerende Komitee van TLU SA;
  • Die voorsitter van elke Distrikslandbou-unie;
  • Die voorsitter van elke Boere-unie;
  • Die verteenwoordiger van elke Bedryfsorganisasie wat by TLU SA geaffilieer is;
  • Die verteenwoordiger van elke geaffilieerde koöperatiewe instelling/ landboubesigheid onderhewig aan die goedkeuring van die Algemene Raad soos bepaal in die betrokke reglement.

Kongres

  • President
  • Adjunk-President
  • Streeksvoorsitters
  • AR-lede
    • BV Verteenwoordigers
    • BU Verteenwoordigers
    • DLU Verteenwoordigers
    • Bedryfsorganisasie Verteenwoordigers,
    • Landboumaatskappy Verteenwoordigers

Die Boerevereniging is die eerste struktuur wat lede verteenwoordig en die naaste skakel aan individuele lede. BV’s is deel van ‘n Distrikslandbou-unie. Die Boerevereniging se grense word vasgestel deur die DLU waarbinne hulle geografies val.

Klik hier vir TLU SA se Boereverenigings

Boere-unies en distriklandbou-unies verteenwoordig TLU SA se lede in ‘n bepaalde geografiese gebied soos deur die Algemene Raad vasgestel. Wanneer daar nie ‘n boerevereniging in die gebied is nie, is dit die laagste struktuur wat die lede verteenwoordig. ‘n DLU bestaan uit twee of meer boere-verenigings in ‘n geografiese gebied en koördineer hierdie BV’s se sake. Die BU of DLU se bestuur verteenwoordig die lede in die geografiese gebied en neem sitting by die Algemene Raad van TLU SA. Die DLU bestuur sal in die bepaalde geografiese gebied namens TLU SA optree rakende plaaslike aangeleenthede.

Klik hier vir TLU SA se Distriklandbou-unies en Boere-unies

Elke streek van TLU SA verteenwoordig die TLU SA-lede op provinsiale vlak in die geografiese gebied waar die streek gesetel is. Die streek tree op as koördineerder en woordvoerder van al TLU SA se lede in die betrokke provinsie om die lede se belange te hanteer. Die streek se bestuur het die verantwoordelikheid om TLU SA strukture te vestig in die onderskeie munisipaliteite soos prakties uitvoerbaar.

Klik hier om meer uit te vind oor TLU SA se streke

Die uitvoerende komitee is die hoogste gesag wanneer die Kongres of Algemene Raad nie in sitting is nie. Elke streek- en komiteevoorsitter het sitting. Die uitvoerende komitee kan beskou word as die rigtinggewende beleidstruktuur  aangesien elke streek relevante tendense na die UK verwys vir hantering of om na ‘n hoër beleidstruktuur te bevorder. Werk wat deur die onderskeie komitees onderneem word, word deur die UK hanteer en dit is rigtinggewend om aanbevelings oor beleid te maak. 

Wannie Scribante

Adjunk-president

Die hoogste gesag op nasionale vlak is die Kongres en as dit nie in sitting is nie, is die gesag gesetel in die Algemene Raad en daarna in die Uitvoerende Komitee. Die AR is die belangrikste rigtinggewer en besluitnemer in die sin dat elke boere-unie sowel as distrikslandbou-unie van regoor Suid-Afrika daarin sitting het. Op die beleidsvlak kan die Algemene Raad beskou word as die hartkamer van TLU SA. Die Algemene Raad het buiten die verantwoordelikheid om na die beleidsake om te sien indien Kongres nie in sitting is nie ook die verantwoordelikheid om rigting aan te dui vir die toekoms.

Personeel by die hoofkantoor vervul ‘n ondersteunende en koördinerende rol om TLU SA se dag tot dag en administratiewe take vlot te laat verloop. Hierdie personeel word nie verkies nie, maar permanent aangestel.

Bennie van Zyl

Hoofbestuurder

Mauritz Lombard

Bestuurder: Beleidskakeling

Gawie Lötter

Bestuurder: Dienste

Shaun Heunis

Senior Assistent vir Hoofbestuurder (Sekretariaat UK/AR/Bestuur)

Ute van Wyk

Finansiële Beampte

Roelien van der Walt

Ledesake: Administrasie

Mariëtte Minnaar

Sekretaresse: Hoofbestuurder & Bemarking

Personeel by die hoofkantoor vervul ‘n ondersteunende en koördinerende rol om TLU SA se dag tot dag en administratiewe take vlot te laat verloop. Hierdie personeel word nie verkies nie, maar permanent aangestel.

Bennie van Zyl

Hoofbestuurder

Mauritz Lombard

Bestuurder: Beleidskakeling

Gawie Lötter

Bestuurder: Dienste

Ute van Wyk

Finansiële Beampte

Roelien van der Walt

Ledesake: Administrasie

Mariëtte Minnaar

Sekretaresse: Hoofbestuurder & Bemarking

Leierskap en Strukture