Leierskap en Strukture

TLU SA dra die belange van die landbougemeenskap van die boer af boontoe.
Om hierdie boodskappe effektief en gestruktureerd te verwerk, is dit nodig
dat daar strukture in plek is om dit na behore te bestuur.

Lid

Boerevereniging (BV)

  • Dagbestuur – Voorsitter, Adjunk-voorsitter, Dagbestuur, Lede
  • Algemene Vergadering – Voorsitter, Adjunk-voorsitter, Verkose lede

Distrikslandbou-unie (DLU) of Boere-unie (BU)

  • Algemene Raad – Voorsitter, Adjunk-voorsitter, Uitvoerende Komitee, Streekkomitee Voorsitters, Addisionele Lede
  • Uitvoerende Komitee – Voorsitter, Adjunk-voorsitter, Dagbestuur, BV Voorsitters
  • Dagbestuur – Voorsitter, Adjunk-voorsitter, Verkose lede

Streek

  • Streeksvoorsitter
  • Algemene Raad – DLU/BU Voorsitters, Verkose Lede
  • Uitvoerende Komitee – Streeksvoorsitter, Dagbestuur/Beplanningsgroep

Uitvoerende Komitee (UK)

  • President,
  • Adjunk-president
  • Streeksvoorsitters
  • Nasionale Vaste Komitee Voorsitters
  • Voorsitter: Projektekomitee

Algemene Raad (AR)

  • UK-lede
  • DLU/BU Voorsitters
  • Addisionele Lede van Streek
  • Bedryfsorganisasie Verteenwoordigers
  • Landboumaatskappy Verteenwoordigers

Kongres

  • President
  • Adjunk-President
  • Streeksvoorsitters
  • AR-lede
    • BV Verteenwoordigers
    • BU Verteenwoordigers
    • DLU Verteenwoordigers
    • Bedryfsorganisasie Verteenwoordigers,
    • Landboumaatskappy Verteenwoordigers

Die Boerevereniging is die eerste struktuur wat lede verteenwoordig en die naaste skakel aan individuele lede. BV’s is deel van ‘n Distrikslandbou-unie. Die Boerevereniging se grense word vasgestel deur die DLU waarbinne hulle geografies val.

Klik hier vir TLU SA se Boereverenigings

Boere-unies en distriklandbou-unies verteenwoordig TLU SA se lede in ‘n bepaalde geografiese gebied soos deur die Algemene Raad vasgestel. Wanneer daar nie ‘n boerevereniging in die gebied is nie, is dit die laagste struktuur wat die lede verteenwoordig. ‘n DLU bestaan uit twee of meer boere-verenigings in ‘n geografiese gebied en koördineer hierdie BV’s se sake. Die BU of DLU se bestuur verteenwoordig die lede in die geografiese gebied en neem sitting by die Algemene Raad van TLU SA. Die DLU bestuur sal in die bepaalde geografiese gebied namens TLU SA optree rakende plaaslike aangeleenthede.

Klik hier vir TLU SA se Distriklandbou-unies en Boere-unies

Elke streek van TLU SA verteenwoordig die TLU SA-lede op provinsiale vlak in die geografiese gebied waar die streek gesetel is. Die streek tree op as koördineerder en woordvoerder van al TLU SA se lede in die betrokke provinsie om die lede se belange te hanteer. Die streek se bestuur het die verantwoordelikheid om TLU SA strukture te vestig in die onderskeie munisipaliteite soos prakties uitvoerbaar.

Klik hier om meer uit te vind oor TLU SA se streke

Die uitvoerende komitee is die hoogste gesag wanneer die Kongres of Algemene Raad nie in sitting is nie. Elke streek- en komiteevoorsitter het sitting. Die uitvoerende komitee kan beskou word as die rigtinggewende beleidstruktuur  aangesien elke streek relevante tendense na die UK verwys vir hantering of om na ‘n hoër beleidstruktuur te bevorder. Werk wat deur die onderskeie komitees onderneem word, word deur die UK hanteer en dit is rigtinggewend om aanbevelings oor beleid te maak. 

Wannie Scribante

Adjunk-president

Die hoogste gesag op nasionale vlak is die Kongres en as dit nie in sitting is nie, is die gesag gesetel in die Algemene Raad en daarna in die Uitvoerende Komitee. Die AR is die belangrikste rigtinggewer en besluitnemer in die sin dat elke boere-unie sowel as distrikslandbou-unie van regoor Suid-Afrika daarin sitting het. Op die beleidsvlak kan die Algemene Raad beskou word as die hartkamer van TLU SA. Die Algemene Raad het buiten die verantwoordelikheid om na die beleidsake om te sien indien Kongres nie in sitting is nie ook die verantwoordelikheid om rigting aan te dui vir die toekoms.

 

Personeel by die hoofkantoor vervul ‘n ondersteunende en koördinerende rol om TLU SA se dag tot dag en administratiewe take vlot te laat verloop. Hierdie personeel word nie verkies nie, maar permanent aangestel.

 

Bennie van Zyl

Hoofbestuurder

Mauritz Lombard

Bestuurder: Beleidskakeling

Gawie Lötter

Bestuurder: Dienste

Ute van Wyk

Finansiële Beampte

Roelien van der Walt

Ledesake: Administrasie

Mariëtte Minnaar

Sekretaresse: Hoofbestuurder & Bemarking

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.