
Het jy al ooit gewonder oor die regsbystand wat jy dalk mag nodig kry indien jy jou en jou gesin se lewens of jou plaas/eiendom deur die gebruik van jou vuurwapen beskerm?
Al daaraan gedink hoe dit sal wees om 24/7, dag en nag, ’n span bekwame regspraktisyns tot jou en jou gesien se beskikking te hê?
Firearms Guardian doen presies dit! Ons beskerm jou wanneer jy, as gelisensieerde vuurwapeneienaar, jouself en jou gesin beskerm.
Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat voortspruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeef geloop het, sportskiet-ongelukke, en vele meer.
Vir so min as R135 per maand het jy as vuurwapeneienaar ’n span van regspraktisyns tot jou en jou geliefdes se beskikking 24/7. Afhangend van die opsie wat jy kies, kry jy omvattende dekking tot R300 000 per saak en aanspreeklikheidsdekking tot R300 000 per jaar.
ONS BESKERM JOU EN JOU GESIN
- Omvattende en uiters kragtige regs- en aanspreeklikheidsdekking vir jou en jou gesin.
- Dekking sluit in vervolging in geval van selfverdediging met ’n vuurwapen, vervolging wat ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer ingestel word, die onbeplande afvuur van ’n vuurwapen, jag-ongelukke, sportskiet, vuurwapenopleiding, siviele eise ten opsigte van die gebruik van ’n vuurwapen, en soveel meer .
- Regsbystand tot en met R300 000 per saak / per eis.
- Aanspreeklikheidsdekking tot en met R300 000 per jaar vir skade veroorsaak deur die gebruik van ’n vuurwapen.
- Landswye regsbystand deur meer as 2 500 vooraanstaande prokureurs en advokate (regspraktisyns).
- Regspraktisyns wat 24 uur beskikbaar is.
- Regspraktisyns word in hul veld van deskundigheid aangewend
- Ons gebruik slegs praktiserende regspraktisyns met meer as 10 jaar ondervinding – geen regsassistente (paralegals) nie.
- Regsverteenwoordiging in die Landdros- en Hooggeregshof.
- Jy is vanaf die aanvang van jou polis op regsadvies geregtig.
- ’n Wagtydperk van drie maande geld vir regsverteenwoordiging in die Hof en aanspreeklikheidseise.
- Sake en probleme wat tydens die aanvang van die polis reeds bestaan, is uitgesluit.
- Geen bybetaling of versteekte kostes as jy eis nie, slegs die maandelikse premie.
WAT BIED FIREARMS GUARDIAN VUURWAPENEIENAARS?
’n Firearms Guardian-polis verskaf beskerming aan jou as gelisensieerde vuurwapeneienaar en jou gesin teen kostes ten opsigte van regsbystand, wat regsverteenwoordiging insluit, asook aanspreeklikheidseise wat voortspruit uit jou eienaarskap, besit en gebruik van jou gelisensieerde vuurwapen.
Die polis bied ondermeer:
SLUIT NOU AAN
Kontak ons by 012 665 2500 of WhatsApp jou navra aan 082 377 9172 en ons sal jou terugskakel.
Die Firearms Guardian polis word geadministreer deur Insuresense Consultants (Edms) Bpk (FSP 47115), ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer en onderskryf deur GENRIC Versekeringsmaatskappy Beperk (FSP 43638), ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer en gelisensieerde nie-lewens versekeraar.