James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Jongboer-konferensie

Registreer hier vir 2026 se konferensie

13 Maart 2026

Ons is ongelukkig volbespreek vir 2026. 

Kom weer volgende jaar! 

Vir enige navrae, kontak Mariëtte Minnaar by 083 379 8443 of sekretaresse@tlu.co.za

2024 se konferensie

(Registrasie sluit 3 Maart 2024)

GP VAN RHEEDE VAN OUDTSHOORN

G.P. van Rheede van Oudtshoorn is ‘n spreker en besigheidspesialis in strategiese belyning en korporatiewe kommunikasie. Hy het sedert 1998 gehore dwarsoor die wêreld toegespreek en opgelei in besigheidsbestuur, leierskapskommunikasie, bemarking en opleiding. Hy werk saam met kommersiële kliënte, sowel as gemeenskaps- en lede-organisasies. G.P. is die direkteur van Coppertop Consulting, sowel as van Agri Voice (wat strategiese dialoog, mediadienste en netwerkontwikkeling in die landbousektor bevorder) en Platinum North West TV (‘n gemeenskapstelevisiestasie in die Noordwes-provinsie).

CHRISTIAN ZIMELKA

Christian Zimelka, ‘n ervare bemarkings- en handelsmerkkonsultant, spesialiseer in die smee van kliënteverhoudings en die bestuur van beduidende handelsmerkontwikkelingsprojekte. Hy het aan die spits van handelsmerk en bemarkingstrategie initiatiewe vir ‘n uiteenlopende verskeidenheid kliënte gestaan, insluitend SAPPO, Kynoch Kunsmis, Ceva Animal Health, Nulandis, BASF, Café Nescafé, Telkom, South Afrikaanse Brouerye, en Springbok Rugby. Christian se uitgebreide ervaring strek oor verskeie bedrywe, waaronder landbouhandelsmerke, verbruikerselektronika, vervaardiging, finansiële dienste, sport, eiendom, dieregesondheid en kleinhandel. Met hierdie breë kennis het hy ‘n unieke en dinamiese perspektief ontwikkel wat sy vermoë om kliënte te help om dieper verbintenisse met húl kliënte te smee, versterk.

Voor sy loopbaan as konsultant, was Christian instrumenteel in die stigting van The IIE Vega, ‘n ontwerp- en bemarkingskool. Saam met drie vennote het hy sy visie van ‘n topgehalte bemarking- en advertensieskool laat werklikheid word; ‘n organisasie wat ‘n nuwe generasie bemarkers toerus om innoverende en volhoubare bemarkingsoplossings te skep. Christian poog onverpoosd om sy kundigheid te verbreed en met ander te deel deur gaslesings, werkswinkels, en kursusse vir bekende organisasies soos Cell C, FNB, die Departement van Onderwys, IMM, SAB Miller, Tiger Brands en BASF.

IRMARIE TALJAARD

Irmarie Taljaard is passievol en gedrewe oor die landbousektor en wy haarself toe om dié bedryf met ‘n wetenskaplike aanslag te ondersteun. In 2016 voltooi sy haar graad in B.Sc. (Agric) Veekunde, voltooi aan die Universiteit van Pretoria en in 2019 verwerf sy haar MSc. (Agric) in Dierevoeding.

In April 2017, het sy haar landbouloopbaan in die varkindustrie afgeskop by die “Gene
Transfer Centre” van PIC Suid-Afrika. Later in 2017, het sy die pos van assistent bestuurder by PIC se varkbeer nukleus plaas in Magaliesburg beklee, terwyl sy ook haar MSc proewe voltooi het. Nadat sy haar MSc in die optimale Lisien: Energie verhouding vir gunstigde spier-tot-vet-verhouding in moderne vark genotiepes voltooi het, het sy die rol as voedingkundige by PIC Suid-Afrika se teelplase oorgeneem. In 2020 het haar pos verder uitgebrei na dié van genetiese dienste met die fokus op genetiese bevordering en die varkindustrie. Irmarie studeer tans deeltyds aan haar MBA. Haar navorsing fokus op die rol van risikobestuur en die effek daarvan op familiebesigheid-volhoubaarheid. Haar gevallestudie handel oor familieboerderye in die Suid-Afrikaanse varkindustrie.

Wanneer Irmarie nie studeer of werk nie, hou sy daarvan om tyd saam met haar verloofde (vark- en beesboer), perde, honde en kat deur te bring. Sy geniet ook rooiwyn en seisoenale jag trippies.

Diamant Borge

Goue Borge

Lees meer

Meat World

Ons streef sedert 1995 daarna om uitstekende diens en waarde te lewer. Ons spog met een van die grootste slaghuise in Suid-Afrika en voorsien ons klante van alles wat hulle nodig het.
Lees meer

OBARO

OBARO is gestig deur boere vir boere. Ons teenwoordigheid in die landboubedryf laat ’n blywende indruk wat mense laat glimlag.
Lees meer

Pannar

Pannar Saad is ‘n dinamiese Suid-Afrikaanse saadmaatskappy met navorsing en ontwikkeling van graan- en oliesaadgewasse as kernbedryf.
Lees meer

PIC

PIC is die internasionale leier in die verskaffing van deurlopende genetiese verbetering in varkteelvee en in wêreldklas tegniese ondersteuning aan die globale varkvleisvoorsieningsketting.
Lees meer

Santam Agri

Pretoria FM is ‘n gemeenskapsgebaseerde radiostasie wat in Afrikaans vanaf Pretoria na ses van die nege provinsies in die land uitsaai.
Lees meer

Vitam International

Vitam International vier 20 jaar as ‘n betroubare verskaffer van voerbymiddels in die Suider-Afrikaanse voerbedryf, wat bydra tot doeltreffende en volhoubare diereproduksie.

Silwer Borge

Lees meer

Buffelsfontein

Natuurlike, smaakvolle, 100% suiwer kwaliteit produkte – wat voorberei word met sorg.
Lees meer

FNB

As ’n finansiële instelling verskaf FNB persoonlike, private, sake-, kommersiële en korporatiewe bankdienste aan miljoene kliënte regoor Suid-Afrika.
Lees meer

Solidariteit Beweging

Die Solidariteit Beweging is ʼn Afrikaanse, Afrikaner- en Suid-Afrikaanse netwerk van selfhelp-organisasies met ‘n Christen-Demokratiese grondslag.
Lees meer

Vleissentraal Noord

Vleissentraal het ten doel om die maksimum waarde van lewendehawe, wild en eiendom vir beide die koper en verkoper te onderhandel

Brons Borge

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die beginsels van die 1949 Helpmekaarbeweging om gemeenskappe te ontwikkel deur strukture te bou en volhoubare oplossing te bied.
Lees meer

Wesco Forensiese Dienste

Wesco Forensiese Dienste is jou betroubare vennoot in Forensiese Wetenskap. Met ‘n gesamentlike ervaring van meer as 100 jaar as kundiges, spesialiseer ons in die oplossing van komplekse misdade.

Jongboer-konferensie