Saam met wie werk TLU SA

Die landbouwaardeketting verswak wanneer al die skakels nie na behore funksioneer nie. Dit is daarom belangrik vir TLU SA om voortdurend in gesprek te tree, ondersteuning te bied en formele bande te smee met rolspelers wat landbou ondersteun.

TLU SA sluit samewerkingsooreenkomste met bondgenote en potensiële bondgenote in verskeie sektore om sy beleid, standpunte, en strategiese vermoëns te versterk om as ‘n vesting vir die kommersiële boer diensbaar te bly in die landbou.

Lees meer

AfriForum

AfriForum is ‘n burgerregteorganisasie wat Afrikaners buite partypolitiek tot deelname te roep. Dit is ‘n organisasie gebou op roeping, uitvoering en veg-en-bou.
Lees meer

APA

Die AP Akademie is ‘n Afrikaanse tersiêre instelling met ‘n klassiek-Christelike aanslag.
Lees meer

Erfenisstigting

Die Erfenisstigting is die versamelpunt van die Afrikaner se nalatenskap vir die volgende geslag.
Lees meer

Lig in Duisternis

Lig in Duisternis fokus op die daarstelling van Bybelsgetroue en ander behoudende Afrikaanse literatuur in Suid-Afrika en aan Christene wêreldwyd.
Lees meer

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.
Lees meer

Pretoria FM

Pretoria FM is ‘n gemeenskapsgebaseerde radiostasie wat in Afrikaans vanaf Pretoria na ses van die nege provinsies in die land uitsaai.
Lees meer

Sakeliga

Sakeliga is ‘n voertuig vir entrepreneurs, professionele persone, en beleggers om skaalbare oplossings tot staatsverval op te rig en om ‘n gesonde sakeomgewing te skep.
Lees meer

SAPTU

SAPTU is ‘n vakbond wat bydra om werknemers in verskeie beroepsvelde in hulle werk te beskerm en verteenwoordig.
Lees meer

Solidariteit Beweging

Die Solidariteit Beweging is ʼn Afrikaanse, Afrikaner- en Suid-Afrikaanse netwerk van selfhelp-organisasies met ‘n Christen-Demokratiese grondslag.
Lees meer

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die beginsels van die 1949 Helpmekaarbeweging om gemeenskappe te ontwikkel deur strukture te bou en volhoubare oplossing te bied.
Lees meer

Voortrekkermonument

Die Voortrekkermonument is meer as ‘n erfenisbewaringsterrein en vertel ‘n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.

TLU SA het lede in elke sektor van die landboubedryf en moet daarom op hoogte bly en ondersteuning bied aan elkeen van die bedryfsorganisasies wat hierdie sektore verteenwoordig.

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.