Eiendomsreg
Eiendomsreg is die grondslag van ’n ekonomiese stelsel van ’n vrye ekonomie met beperkte staatsinmenging en wat groeiende ekonomiese omstandighede verseker. In die lig van hierdie beginsels staan TLU SA by die kommersiële boer vir die behoud van sy grond (plaas) en vir die bedryf van volhoubare landbouproduksie in ’n vrye ekonomie. Die wettige behoud van en aanspraak op wettig-verkreë besitreg is ononderhandelbaar en verdien die volle beskerming van die Grondwet. TLU SA staan dus enige wetgewing of praktyke teen wat hierdie beginsels versaak en wat op diskriminerende wyse ‘n ekonomiese stelsel bevorder wat die reg en waarborg van privaat eiendomsbesit in die gedrang bring.
Standpunte
Om ons standpunte te kan sien, moet jy ‘n lid van TLU wees. Klik hier om in teken.
Kontak die komitee
Jaco Schoeman
Voorsitter
Jaco Schoeman
Voorsitter
- Phone:083 651 0739
- Email:jacoschoeman@snowvalledy.co.za
Lynette du Plessis
Sekretariaat
Veldtogte
Onteieningswetsontwerp 2023 (afgehandel)
Hierdie wetsontwerp is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur, maar is na provinsiale vlak terugverwys waar daar nou vir insette gevra word. Skriftelike kommentaar moet teen 6 Maart 2023 ingedien word.
Verklarings/Meningstukke
Saai en TLU SA is dankbaar dat Agri-SA ook tot...
Deur Erika Helm (Voorsitter: Plaaslike regering komitee) Grafbesoekers op privaat...
Belangrike dokumente
Watter inligting is belangrik wanneer jy gekontak word deur ’n...
Van belang
Ondersteuningsdienste
TLU SA het in belang van sy lede, waardeur ander lede van die landbougemeenskap baat gevind het, dit in die verlede nodig geag om sy saak in die howe te stel.
Veldtogte
Die onteieningswet realiteit 2022
Deel jou persoonlike kommentaar oor die ompak van die Onteieningswet op jou sodat ons dit kan deel met die regering.
Verstaan ons die prys van OSV 2021 - AFGEHANDEL
Die voorgestelde wysiging op Artikel 25 van Suid-Afrika se Grondwet ten opsigte van die onteiening van eiendom sonder vergoeding te verander is afgestem. Maar die Onteieningswet is nog in proses en daar sal beslis weer pogings wees om dit deur te voer.
Nee vir grondonteiening sonder vergoeding 2019 – AFGEHANDEL
Die regering meen grondonteiening sonder vergoeding is belangriker as kos op die tafel. Konsepwetgewing oor die verandering van art.25 van die grondwet word deur die parlement gestoomroller.
Die rooi vlae van die Grondpaneelverslag 2019 – AFGEHANDEL
Die grondpaneel-verslag sal ook ‘n invloed hê op jou eiendom. Hier is die ROOI VLAE waaroor jy bekommerd moet wees.
#SOS 2019 – AFGEHANDEL
Die Suid-Afrikaanse regering beur voort met hulle pogings om die land se grondwet te verander sodat grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind. Die bedreiging tot privaat besitreg sal ‘n noodlottige effek op die Suid-Afrikaanse regering hê.