TLU SA en Saai bedank Agri SA oor toetrede tot omstrede Moladora-saak

Saai en TLU SA is dankbaar dat Agri-SA ook tot die Moladora-saak toegetree het en nou ʼn finansiële bydrae tot die koste van die saak gaan maak. Die saak is tot dusver deur Agri-NW, Mpumalanga Landbou, TLU SA en Saai gedryf omdat dit verdoemende gevolge vir eiendomsreg en potensieel vir elke boer kan hê.

Die saak handel oor ‘n omstrede uitspraak ten gunste van grondbesetters wat vee sonder toestemming op ‘n plaas aangehou het. Dié uitspraak kan ‘n presedent skep wat ernstige implikasies vir private eiendomsreg inhou.

“Gegewe die omvattende koste verbonde aan die appèlsaak, is daar onder die oorspronklike bydraers besluit om hulpbronne, kundigheid en kapasiteit te verpoel om die grootste moontlike impak op die uitkoms van die saak te hê,” sê Bennie van Zyl hoofbestuurder van TLU SA. “TLU SA het vroeg reeds ʼn finansiële bydrae gemaak en ooreengekom om sy regspan se insette by Saai te gee, wat as ʼn vriend van die hof toetree.”

“Groter samewerking om te verseker dat die regte ekonomiese beginsels in belang van landbou geïmplementeer word, is van oorlewingsbelang, en as soortgelyke bydraes ook op die terreine van plaasveiligheid, misadaadbekamping in die platteland, optrede teen bedrog en staatskaping in grondhervorming en dienslewering gemaak kan word, sal dit ʼn nuwe era in die bevordering van landboubelange inlui,” sê Theo de Jager, voorsitter van Saai.

TLU SA en Saai hoop dat ander landbouorganisasies en -rolspelers ook soos Agri SA sal besef hoe belangrik dit is om die organisasies wat van die begin af betrokke was, in die saak te versterk tot die voordeel van landbou.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA en Saai bedank Agri SA oor toetrede tot omstrede Moladora-saak

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.