TLU SA is teleurgesteld en hoogs ontevrede dat die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, me. Thoko Didiza nie optree teen die ooglopende korrupsie in haar departement nie. TLU SA het vroeër vanjaar aan die minister en waarnemende direkteur-generaal, me. Rendani Sadiki geskryf oor verdagte besteding rakende 600 000 gesigmaskers en 400 000 koekies seep wat
TLU SA betreur die minister van arbeid en indiensneming, mnr. Thulas Nxesi se benadering en hantering van die geskil ten opsigte van die verhoogde minimum loon van 16,1% vir plaaswerkers. “Ons het herhaaldelik na die minister uitgereik om ‘n gesprek aan te lê om tot ‘n sinvolle vergelyk en oplossing te kom,” sê mnr. Henry
Die Nasionale Begroting van 2021 het niks gedoen om landbou opgewonde te maak nie. Die begroting is vandag deur die minister van finansies, mnr. Tito Mboweni in die parlement aangekondig. Soos verwag was daar ‘n sterk fokus op ekonomiese groei en het die minister vroeg in die toespraak gesê hierdie begroting skep die raamwerk sodat
TLU SA het vandag ‘n veldtog bekendgestel om die Belastingwet so te verander dat alle Suid-Afrikaners enige veiligheidsuitgawes teen belasting kan verhaal. Afdeling 23(b) van die Belastingwet verhoed Suid-Afrikaners om veiligheidsuitgawes van inkomstebelasting af te trek. Hoewel besighede reeds sodanige uitgawes kan aftrek, wil TLU SA met hierdie veldtog spesifiek daarop fokus om verbruikers –
Op die vooraand van die jaarlikse begrotingsrede betwyfel TLU SA of daar nog enige nut is om ‘n staatsbegroting saam te stel en voor te hou. “Ons is oortuig presies dieselfde geykte voordrag sal net weer opgedis word,” sê mnr. Henry Geldenhuys. “Verder sal die beloofde geld vir spesifieke sake net weer in iemand se
TLU SA doen ‘n beroep op landbouers, plaaswerkers en ander Suid-Afrikaners wat besef dat ‘n minimum loon vir plaaswerkers op die oomblik nie haalbaar is nie, om ‘n dispuut daaroor te steun en sodoende grootskaalse werkloosheid en ‘n styging in voedselpryse teen te werk. TLU SA het ‘n week gelede ‘n dispuut verklaar met die
TLU SA is dankbaar vir die uitermatige goeie reën wat die afgelope ruk oor wydverspreide dele van die land geval het. Dit het groot verligting onder baie boere in Suid-Afrika gebring. “Ons het van oraloor boodskappe ontvang van boere wat ervaar hoe die natuur intens herstel na die reën,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president
GESAMENTLIKE MEDIAVERKLARING ‘n Groepering rolspelers uit die landbou-waardeketting het vandag indringend samesprekings gevoer oor die minimumloon vir plaaswerkers wat op 1 Maart 2021 in werking tree. Ten spyte van verskeie insette uit die landboubedryf wat teen die volhoubaarheid van die voorstel kapsie gemaak en ook die implikasie daarvan bespreek het, is die verhoging van 16%
President Cyril Ramaphosa se Staatsrede 2021 was bloot ‘n goeie vertoning vir die paviljoen, in ‘n verkiesingsjaar. “Die president het uiters dinamiese aankondigings gemaak en baie gefokus op wat vir die mense gedoen is en nog gedoen sal word,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Presies wat van ‘n president verwag word
In lig van die aankondiging dat die minimumloon vir plaaswerkers van 1 Maart 2021 ook tot R21,69 per uur verhoog, het TLU SA rolspelers in die landboubedryf genooi om dringend deel te neem aan ‘n gesprek om die situasie te bespreek. “Ten spyte van baie goeie realistiese insette van verskeie rolspelers in die bedryf, is