Traumafonds

‘n TLU-Droogtefonds is gedurende 1962 in die lewe geroep na ‘n vyf jaar lange droogte en herhaaldelike uitbreking van bek-en-klouseer in Transvaal. Die doel van die TLU SA Traumafonds is soos volg:

  • Beradingsdienste aan slagoffers en naasbestaandes van geweldsmisdade op plase en landbouhoewes te lewer;
  • Noodleniging in kritiese en uitsonderlike gevalle waar die broodwinner gesterf het of gehospitaliseer is en daar geen ander geredelike bron van inkomste of hulpverlening bestaan om in onmiddellike behoeftes soos voedsel, akkommodasie en stabiliserende mediese dienste te voorsien nie;
  • Verskaffing van landbou noodleniging aan behoeftige boere;
  • Sosio-ekonomiese opheffingsprojekte;
  • Gemeenskapsontwikkeling vir arm en behoeftige persone in landbou wat insluit:
    • Gemeenskapsprojekte vir kapasiteitsontwikkeling, opheffing en vaardigheidsontwikkeling;
    • Opleidingsprojekte en ondersteuning van gemeenskapsprojekte soos bo;
    • Verskaffing van opleiding en ondersteuning vir opkomende mikro-besighede in landbou;
  • Landbouopheffings projekte;
  • Opleidingsbystand vir beraders en opleiding van opkomende boere en landbou verwante aktiwiteite;
  • Betrokkenheid in die bewaring en rehabilitasie van die natuurlike hulpbron;
  • Die verskaffing van bystand aan kommersiële boere in droogtegeteisterde streke;
  • Hulp aan boere wat deur rampe getref is.

Maak ‘n bydrae

TLU SA

Absa rekening 405 168 9914

Elektroniese bankkode: 632005

Klik hier en skenk deur PayFast

Veldtogte

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.