Hierdie dokument sit die verkryging, gebruik, berging en vernietiging van persoonlike inligting uiteen in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike inligting, Wet 4 van 2013.(POPI)
TLU SA
Die TLU SA is ‘n konfederasie van dienslewering organisasies wat die belange van die boer en sy behoeftes aanspreek. Die vaste komitees het ten doel om standpunte te formuleer, aksies te loods, riglyne te verskaf en probleme en behoeftes op alle vlakke aan te spreek.
Die TLU SA is die vesting van die boer en is gegrond op Christelike waardes.
VISIE
Die TLU SA is ‘n organisasie wat hom beywer om die lid se belange positief te rig op sy totale lewenstog.
MISSIE
TLU SA se missie is om ‘n veilige en vooruitstrewende omgewing vir sy lede te skep waarin hulle ongehinderd, voedsel en vesel kan produseer ten einde ‘n positiewe bydrae tot die land se ekonomie te maak.
DOEL
TLU SA se doel is om vir die kommersiële boer te beding om hom veilig, volhoubaar op sy grond te hou.
PERSOONLIKE INLIGTING
TLU SA versamel die volgende persoonlike inligting:
Titel, volle name, van, ID-nommer, kontakbesonderhede, bankbesonderhede, beskrywing van grond, grootte, distrik geleë, produkte waarmee geboer word en beroep.
Hierdie inligting word hoofsaaklik gebruik vir die byhou van die lederegister en identifisering van lede. Indien verdere inligting versoek word, sal die doel daarvoor openbaar word.
Inligting sal van lede verkry word en gebruik word soos aangedui.
Inligting word geberg vir doeleindes van statistiek, en bepaling van behoeftes ten einde dienslewering te verbeter aan lede. Voorts vir bekamping van bedrog, geldwassery en kriminele oortredings. Inligting word verkry deur direkte vrae, interaksie met sosiale media, webtuistes, mobiele foon toeps, derde partye en interaksie.
INLIGTING WORD VERWERK
Wanneer dit benodig word vir kontraktering, optrede vir wetlike verpligtinge, regmatige bevordering van belange en beoordeling van prestasie.
BERGING
Alle inligting word elektronies geberg welke inligting beveilig word met unieke sagteware en wagwoorde. Kantore is dubbel gesluit wanneer personeel afwesig is, toegangsbeheer is in plek gedurende kantoorure, en beperkte personeel word toegang verleen.
BUITELANDSE AANWENDING
In die geval dat enige aanwending plaasvind buite die RSA, sal dit wees met inagneming van die betrokke wet en met behulp van vertrouens klousules in ooreenkomste.
REGTE
Persoonlike inligting ivm die persoon wie se inligting dit is, is verkrygbaar deur daardie persoon, welke inligting deur die betrokke persoon opdateer kan word of vernietiging versoek word.
NAVRAE
Enige navrae kan gerig word aan beleid@tlu.co.za