ARBEIDSAKE Junie 2022

Die Departement van Arbeid is tans in verskeie provinsies besig met arbeidinspeksies op plase. Lede word versoek om seker te maak dat daar aan die nodige wetgewing voldoen word. Sien meegaande riglyn rakend arbeid inspeksies. Indien daar enige navraag is, kontak vir Mauritz Lombard by 012 804 8031 of epos beleid@tlu.co.za

RIGLYN:  ARBEIDSINSPEKSIES 

Inspekteurs van departement Arbeid besoek plase ten einde te verseker dat daar wel aan die nodige wetsvereistes ten opsigte van arbeiders voldoen word.

Hier volg enkele sake waaraan aandag gegee moet word ter voorbereiding van ‘n Arbeids- inspeksie op plase:

Die volgende plakkate moet vertoon word in die werksplek:

  • Wet op Basiese Diensvoorwaardes
  • Wet op Beroepsveiligheid
  • Wet op Gelyke Indiensneming

Verder is u verplig om ’n noodhulpkis beskikbaar te hê. Indien meer as vyf persone in diens is moet ’n spesifieke arbeider die nodige opleiding ontvang om in staat gestel te word om as noodhulppersoon te kan optree.

Kwitansies of bewyse van betalings van werkloosheidsversekering en die registrasie by die Vergoedingskommissaris moet voorgelê kan word.

Afskrifte of bewyse van betaalstrokies wat aan die werkers op ’n maandelikse basis voorsien word moet beskikbaar wees. Die vergoedingspakkette word ook nagegaan om te kyk of dit voldoen aan die vereistes soos voorgeskryf in die Nasionale Minimum Loon.

Die hantering van tydstate/presensielyste word gekontroleer. Hetsy handgeskrewe tydstate wat op ’n daaglikse basis bygehou word of ’n kloksisteem. Daar moet op gelet word dat nie alle klokstelsels geskik is vir landbou se vereistes nie.

Hantering van gifstowwe en die berging daarvan word ook gekontroleer.

Kontrakte wat voldoen aan die vereistes soos in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is ’n vereiste in enige werkplek. So ’n kontrak moet met die werknemers bespreek word en beskikbaar wees vir die werknemers. Daar is geen wetlike verpligting dat die kontrak geteken moet wees nie maar daar moet bewyse wees dat die kontrak wel voorgehou is. Die kontrak behoort ook voorsiening te maak vir reëlings rondom verblyf en baie belangrik die aanhou van vee waar van toepassing.

’n Voorvalle boek is ʼn handige dokument wanneer dit kom by dispute.

Tydens ʼn inspeksie word daar ook met die werknemers gesels om te hoor of hulle probleme het.  Dring daarop aan by die inspekteur om die probleme aan u te openbaar en dit dan dadelik in die teenwoordigheid van die werknemers aan te spreek.

Daar is geen versagting vir werkgewers wat nog glad nie geregistreer is by die Dept. Arbeid of die Vergoedingskommissaris nie.

Die gesindheid van die inspekteurs is deurgaans goed maar die uitsondering kan ook voorkom.  Indien u enige probleme met die inspeksie ondervind moet u onverwyld met TLU SA skakel vir ondersteuning.  Dit is net goeie orde dat die Arbeidskantoor met u ’n afspraak reël vir inspeksie. U mag nie weier om die inspekteur te ontvang nie maar u mag aandring op identifikasie.

Kategorie:

Deel dit:

ARBEIDSAKE Junie 2022

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.