Lewer kommentaar oor Onteieningswetsontwerp

Die publiek word tans deur die Gekose Komitee vir Vervoer, Staatsdiens en Administrasie, Openbare Werke en Infrastruktuur genooi om kommentaar te lewer op die Onteieningswetsontwerp (B 23 B-2020). Die “B” dui op die veranderde wetgewing.

Hierdie wetsontwerp is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur, maar is na provinsiale vlak terugverwys waar daar nou vir insette gevra word. Skriftelike kommentaar moet teen 6 Maart 2023 ingedien word. Versoeke vir mondelingse voorleggings word ook nou gerig – TLU SA se eiendomskomitee is reeds besig om inligting in te samel vir hierdie doel.

Grondonteiening sonder vergoeding is:

  • ongrondwetlik
  • rampspoedig vir die ekonomie
  • fataal vir voedselsekerheid
  • diefstal van elke Suid-Afrikaanse jongmens se toekoms

TLU SA doen ʼn ernstige beroep op lede, vriende, ondersteuners en die algemene publiek om HIER kommentaar te lewer. 

Die volledige wet kan hier gelees word.

Vind uit wat TLU SA vir jou kan doen

Onteieningswet Afrikaans 2023
Checkboxes
Kontakbesonderhede: 012 804 8031 / info@tlu.co.za / www.tlu.co.za
***TLU SA sal alle toepaslike persoonlike inligting beskerm en stoor soos beskryf in die toepaslike wetgewing en sal slegs sulke persoonlike inligting gebruik vir die doel hierin vermeld. Met die invul van bogenoemde vorm stem u in en bevestig dat TLU SA u telefonies mag kontak. Ons bedank u vir u ondersteuning van hierdie kritieke veldtog. Hiermee gee ek toestemming dat my kontakbesonderhede in hierdie voorlegging aan die parlement gestuur mag word.

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.