James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Lewer kommentaar oor Onteieningswetsontwerp

Die publiek word tans deur die Gekose Komitee vir Vervoer, Staatsdiens en Administrasie, Openbare Werke en Infrastruktuur genooi om kommentaar te lewer op die Onteieningswetsontwerp (B 23 B-2020). Die “B” dui op die veranderde wetgewing.

Hierdie wetsontwerp is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur, maar is na provinsiale vlak terugverwys waar daar nou vir insette gevra word. Skriftelike kommentaar moet teen 6 Maart 2023 ingedien word. Versoeke vir mondelingse voorleggings word ook nou gerig – TLU SA se eiendomskomitee is reeds besig om inligting in te samel vir hierdie doel.

Grondonteiening sonder vergoeding is:

  • ongrondwetlik
  • rampspoedig vir die ekonomie
  • fataal vir voedselsekerheid
  • diefstal van elke Suid-Afrikaanse jongmens se toekoms

TLU SA doen ʼn ernstige beroep op lede, vriende, ondersteuners en die algemene publiek om HIER kommentaar te lewer. 

Die volledige wet kan hier gelees word.

Vind uit wat TLU SA vir jou kan doen

Onteieningswet Afrikaans 2023
Checkboxes
Kontakbesonderhede: 012 804 8031 / info@tlu.co.za / www.tlu.co.za
***TLU SA sal alle toepaslike persoonlike inligting beskerm en stoor soos beskryf in die toepaslike wetgewing en sal slegs sulke persoonlike inligting gebruik vir die doel hierin vermeld. Met die invul van bogenoemde vorm stem u in en bevestig dat TLU SA u telefonies mag kontak. Ons bedank u vir u ondersteuning van hierdie kritieke veldtog. Hiermee gee ek toestemming dat my kontakbesonderhede in hierdie voorlegging aan die parlement gestuur mag word.

Onteieningswetsontwerp 2023