Grafbesoekers – wat nou?

Deur Erika Helm (Voorsitter: Plaaslike regering komitee)

Grafbesoekers op privaat eiendom bly ‘n nagmerrie ervaring veral as hierdie geleentheid ontaard buite die beheer van die grondeienaar.  Met die druk op eienaarskap van privaat eiendom en onteiening word ervaar daar is toename in eise van grafte op plaaseiendom en moet die grondeienaar homself goed vergewis van al die aspekte en gevolge wat daarmee kan saamgaan.

Die familie met hulle gevolg daag op die plaas op – sonder afspraak of kennisgewing. Die grondeienaar word in kennis gestel daar is grafte op die eiendom van voorvaders wat aan die familie behoort en daar moet nou rituele uitgevoer word en besoeke gedoen word met skoonmaak aksies en in meeste gevalle sommer dadelik ooreenkomste vir grafstene van paleise tot plat stene met trappe wat buite ons kultuur se gebruik is. Die eerste vraag sal wees van die grondeienaar – wat doen ek nou?  Hiermee wil ons net kortliks ‘n paar aspekte uitlig maar wil ons ook ‘n beroep doen dat die grondeienaar van ons TLU SA kantore se bevoegdheid gebruik maak om die situasies te hanteer volgens riglyne wat daargestel is om alle aspekte aan te spreek.

Die wetgewing wat grafte en besoeke reguleer is die Wet asook wysigings vir die Uitbreiding van Sekuriteit van Verblyfreg (ESTA) asook die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 25 van 1999.  Hierdie wetgewing bepaal regulasies wat nagekom moet word en indien die grondeienaar van hierdie vereistes oortree, is dit ‘n kriminele oortreding. Die Wet en wysigings vir die uitbreiding van sekuriteit van verblyfreg (ESTA) bepaal ‘n persoon het die reg om grafte op privaat eiendom te besoek en onderhou onderhewig aan billike en regverdige voorwaardes geïmplementeer deur die persoon wat in beheer van die eiendom is. Die eienaar van privaat eiendom kan dus nie ‘n familie slegs weier om die grafte te besoek of onderhou nie.  Dit is ‘n reg wat toegang gee aan die naasbestaandes.  Die wysigingswetgewing gepromulgeer in 2018 bepaal verder dat ‘n grafsteen opgerig mag word, grafte gemerk mag word en simbole daarop aangebring word of rituele

uitgevoer mag word.  Dit is dus ‘n verdere reg wat gevestig is.

Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 25 van 1999 bepaal verder dat die erfenishulpbronne waarvan grafte ‘n belangrike aspek is, moet deeglik bestuur en beskerm word vir die nageslag.  Grafte word verder verdeel in graderings van 1 tot 3 wat die belangrikheid daarvan bepaal.  Grafte ouer as 60 jaar het meer beskerming in terme van artikel 36 van die wetgewing. Geen persoon mag enige grafte vernietig, beskadig, skend, opgrawe, wysig of verwyder van die oorspronklike posisie sonder ‘n permit nie.

Die aanbeveling sal wees indien die familie by die plaas aandoen met die verklaring dat daar familie grafte is, moet daar eers bepaal word is daar ‘n ooreenkoms met die eienaar en ken die eienaar die familie.  In meeste gevalle bestaan daar nie so ‘n reeds bestaande verhouding nie en die familie beweer die grafte was besoek meer as 50 of 60 jaar gelede.  Verskeie verskonings word aangebied vir die verwaarlosing van die grafte deur die familie wat in meeste gevalle kulturele redes dan opper vir waarom die grafte nou skielik weer opgespoor moet word.

Baie belangrik : Die grondeienaar moet aanvaarde bevestiging verkry dat daar wel (1) grafte is op die eiendom, (2) die grafte wel aan die spesifieke familie behoort (3) wie die spesifieke persone is wat daar begrawe was met uiteensetting van datum van geboorte en datum van sterfte.  Hierdie inligting is van kardinale belang wanneer die familie na ‘n jaar of 2 besluit om ‘n grafsteen op te rig sodat inligting bevestig kan word vir korrektheid.  Bewyse van die oorledene se bestaan skep ‘n groot probleem area aangesien in meeste gevalle die oorledene nie oor ‘n identiteitsdokument bestaan het nie. Pasboeke is verlore en in werklikheid kan so ‘n persoon se bestaan nie bevestig word nie behalwe deur addisionele inligting van die rede waarom die persoon daar begrawe is of die omstandighede te ondersoek met onderhoude en addisionele inligting ten einde alle aspekte te bepaal om

bevestiging te doen.  Hierdie kan ‘n baie omslagtige ingewikkelde proses raak en daarom wil ons graag grondeienaars aanmoedig om TLU SA te kontak vir bystand in die aspekte.

Grondeienaars moet besef indien ‘n familie eers toegelaat is om ‘n graf te besoek, rituele uit te voer of dergelike aksies te verrig by ‘n sogenaamde graf, is dit in werklikheid erkenning van die grondeienaar dat daar wel ‘n graf bestaan en dat die familie aan wie die goedkeuring gegee is, werklik afstammelinge is van die persoon wat daar begrawe is.  Daar moet dus nie oorhaastig opgetree word in toestemming nie.

Dit kom soms voor dat families nie deur die proses wil gaan vir bevestiging van grafte en inligting vir goedkeuring nie en word daar dan versoek om die graf te skuif.  Dit klink vir die grondeienaar altyd na ‘n geskikte oplossing dan is hy ontslae van die hele indringing van sy privaatheid met besoeke, versoeke en rituele, maar daar moet baie duidelik verstaan word dat selfs hierdie aksie vele goedkeurings en permitte benodig voordat die aksie wel kan plaasvind.  Ten spyte van die skuif van die graf moet daardie spesifieke plek altyd ‘n teken aantoon dat daar wel ‘n graf was en waarheen die graf geskuif het.

Met hierdie inligtingstuk wil ons graag grondeienaars daarop let dat grafte op privaat eiendom ‘n redelike tameletjie geword het aangesien die vorige geslagte in goedertrou begrafnisse toegelaat het van getroue werknemers, maar die hedendaagse afstammelinge van die afgestorwenes hierdie aspek as uitbuiting kan gebruik om eise te registreer en eiendomsreg te verkry op grond waarop hulle nie werklik geregtig is nie. Daar moet dus met groot omsigtigheid te werk gegaan word waar versoeke gerig word.

 

Foto Melissa MullinUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Grafbesoekers – wat nou?

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.