Watter inligting is belangrik wanneer jy gekontak word deur ’n amptenaar van die Departement en meegedeel word dat daar ’n eis op jou eiendom is wat die departement wil ondersoek? Dit gebeur dikwels dat lede daarna navraag doen by die Streekkantore en dan nie die volgende inligting kan verskaf nie. Indien jy dus nie tydens die oproep die volgende inligting kan neerpen nie, versoek dat die amptenaar jou later of die volgende dag skakel.
- Kry die persoon se naam en van
- Kry die persoon se landlyn-nommer sowel as selnommer
- Vra of die eis ‘n restitusie of huurarbeider eis is
- Versoek dat die eis se verwysingsnommer verskaf word
- Vra of die eis in die Staatskoerant gepubliseer is.


