Bekendstelling | TLU SA Handves vir Beskerming van Privaat Eiendomsreg

TLU SA se ondertekening en bekendstelling van die Handves vir die Beskerming van Privaat Eiendomsreg vind op ‘n kritieke tydstip in Suid-Afrika se politieke en ekonomiese geskiedenis plaas.

Sosialistiese retoriek, onhaalbare verwagtinge en rasgedrewe wetgewing oor privaat eiendomsreg het die Suid-Afrikaanse ekonomie en landbousektor ernstig benadeel en volhoubare produksie in gevaar gestel.

Die landbousektor, wat eens trots as die kosmandjie van Suid-Afrika en die Afrika-kontinent bekend gestaan het, is binne drie dekades geknou. TLU SA gebruik die bekendstelling van die Handves as ‘n teenvoeter teen sosialistiese mislukkings wat lande soos Zimbabwe en Venezuela tot armoede gedryf het.

“Ons doen ‘n beroep op waardes wat internasionaal as vanselfsprekend aanvaar word, wat ekonomiese stabiliteit en groei oor eeue bevorder het en wat in talle internasionale konvensies as basis vir die beskerming van burgerregte neerslag gevind het,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Hierdie Handves word geloods as ‘n standaard ter beskerming van privaat eiendom, en ons hoop dat individue, sosiale entiteite en instellings dit sal onderskryf en internasionale bewustheid en ondersteuning vir privaat eiendomsreg sal bevorder.

In negentien artikels verbind TLU SA homself en sy bondgenote in landbou tot die teenwerking van ideologies-gedrewe herverdeling van eiendom, die verwerping van anti-vryemark ekonomiese beginsels en die bevordering van die landbou tot voordeel van alle Suid-Afrikaners.

TLU SA doen ‘n ernstige beroep op alle Suid-Afrikaners om ‘n verenigde front te vorm ter beskerming van privaat eiendomsreg, wat noodsaaklik is vir die uitoefening van ander burgerregte soos menswaardigheid, godsdiensvryheid, bewegingsvryheid, handelsvryheid, beroepsvryheid, huisvesting, onderwys, taal en kultuur.

Met die loods van die Handves roep TLU SA individue en sosiale instellings op om saam te staan teen enige ingrepe op privaat eiendom en om alle grondwetlike en ander meganismes te gebruik om ontneming en/of beperking van privaat eiendomsreg vir sosialistiese doeleindes met alle beskikbare middele teen te staan.

Die bekendstelling en ondertekening het Woensdag 24 Julie te Pretoria plaasgevind.

Kategorie:

Deel dit:

Bekendstelling | TLU SA Handves vir Beskerming van Privaat Eiendomsreg

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.