Groot skade vir boere weens koue in Limpopo

Aartappels wat Sondagoggend doodgeryp het op Veeplaas Apél. (Fotokrediet: Verskaf)

Die koue wat tans ondervind word, het ook sedert die naweek ‘n spoor van verwoesting gelaat by boere regoor Limpopo.

Swartryp het Sondagoggend die grootste deel van die provinsie getref, en talle boere het erge skade gely as gevolg daarvan.

Die voorsitter van TLU SA se Noordstreek, mnr. Henk van de Graaf, sê dat terugvoer van lede en ander boere daarop dui dat geweldige verliese gely is en dat voedseltekorte vanuit die provinsie ondervind kan word.

“Berigte van erge swartryp is ontvang vanuit die Vivo-omgewing, die gebied agter die Soutpansberge, Levubu, Marble Hall, Arabie en selfs Warmbad, en talle ander gebiede is ook geraak. Ons is nog besig met ‘n volledige opname,” sê mnr. van de Graaf. Van die gewasse wat erg geraak word hierdeur is aartappels, tamaties en heelwat ander groente soorte. Daar is ook skade aan infrastruktuur soos waterpype gerapporteer.

“Veral aartappelboere is tans erg kwesbaar nadat hulle ook erge skade in vorige seisoene gehad het en nog probeer het om daarvan te herstel. Ons doen daarom ‘n beroep op finansiële instellings om begrip vir dié boere aan die dag te lê waar hulle nou weer groot skade gely het,” sê mnr. van de Graaf.

“Ons wil ook ‘n beroep doen op alle produsente in die provinsie om hulle skade te rapporteer by TLU SA se verskillende DLU-kantore, of by die Streeksbestuurder, mnr. Danie Prins, sodat ‘n volledige opname van die skade gemaak kan word. Ons wil graag weet waar die skade gely is, met watter gewasse, die aantal hektare betrokke en indien moontlik ‘n beraming van die finansiële verliese as gevolg daarvan, sodat ons dit aan die provinsiale en nasionale regerings kan voorlê.

“Voorts wil ons die provinsiale LUR van landbou, me. Grace Kekana, asook die nasionale minister van landbou, mnr. John Steenhuisen, nooi om saam met TLU SA Noord die geraakte gebiede te besoek om hulleself te vergewis van die skade, met die oog daarop om moontlike bystand te verleen.

Inligting oor die skade kan deurgegee word aan TLU SA Noord se streekbestuurder, mnr. Danie Prins, per WhatsApp by 072 904 7070, of per e-pos by danie@4sf.co.za.

Volg TLU SA op Facebook. 

 

Lees ook: TLU SA se oproep aan nuwe ministers

Kategorie:

Deel dit:

Groot skade vir boere weens koue in Limpopo

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.