Landbou die hoeksteen: TLU SA se oproep aan nuwe ministers

(Fotokrediet: The Presidency, X)

Die landbou-organisasie TLU SA neem kennis van president Cyril Ramaphosa se aankondiging rakende die nuwe kabinetsvorming op 30 Junie 2024. In hierdie uitdagende regeerproses, met uiteenlopende partye en verskille in beleidsbenaderings, is die uitdaging om te sien watter koers die kabinet gaan inslaan in die beste belang van die land se mense.

TLU SA wens die nuut aangestelde ministers geluk en spreek die hoop uit dat hul termyn positiewe veranderinge en ‘n hernieude fokus op die kritieke kwessies wat Suid-Afrika tans in die gesig staar, sal bring.

“TLU SA wil veral vir John Steenhuisen, wat as minister van die departement van landbou aangewys is, baie sterkte toewens,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Ons sal van ons kant af dinamies met hom saamwerk om te verseker dat die landbou-omgewing effektief sal funksioneer.”

Tot nou toe het Suid-Afrikaners grondsake ervaar as ‘n ideologies gedrewe portefeulje, terwyl landbou ‘n ekonomiese portefeulje is. Nou is die twee geskei. In hoe ‘n mate die twee departemente sal saamwerk, terwyl Suid-Afrikaners moet eet, is van groot belang. Daarom behoort landbou voorkeur te kry vir volhoubare voedselproduksie.

Die landbousektor bly ‘n hoeksteen van Suid-Afrika se ekonomie en ‘n kritieke komponent om voedselsekerheid, werkskepping, en volhoubare ontwikkeling te verseker. TLU SA doen ‘n beroep op die nuwe kabinet om die uiteenlopende beleidsomgewings en sienings van die verlede rondom die regte beginsels te versoen volgens die regte beginsels te versoen en seker te maak dat die nodige vertroue verkry word vir beleggings sodat die ekonomie kan groei. Dit is van uiterste belang om duidelikheid te kry oor hoe kwessies soos onteiening sonder vergoeding hanteer gaan word.

Landbou speel wel ‘n sentrale rol, maar verskeie ander ministeries soos SAPD, arbeid, water, omgewingsake, handel en nywerheid, energie, finansies en ander het ook ‘n direkte invloed op die landbousektor. Dit is noodsaaklik dat hierdie departemente gesamentlik werk om ‘n gunstige omgewing vir die landbougemeenskap te skep.

Volhoubare voedselproduksie is van strategiese belang vir die land se toekoms. TLU SA ondersteun die ekonomiese beginsels wat volhoubaarheid teweeg bring. Privaat besitreg en die vrye mark skep die geleentheid vir diegene wat die verantwoordelikheid aanvaar wat dit verg om ekonomies aktief te wees. TLU SA moedig die nuwe kabinet aan om hierdie beginsels te ondersteun en te bevorder om ‘n robuuste en volhoubare landbousektor te verseker.

Die ANC plaas groot klem op samewerking. Dit is egter belangrik om te vra: in wie se beleidsraamwerk sal daar saamgewerk word? Sal die beginsels van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en transformasie, en die manier waarop dit toegepas is, steeds ‘n prioriteit wees? Sal die gesentraliseerde sosialistiese model met ‘n kommunistiese stropie steeds die uitgangspunt wees, of sal markgerigte ekonomiese beginsels meer klem geniet?

Om beleggersvertroue te herstel, moet daar ‘n sterk fokus wees op die bevordering van ekonomiese groei. Dit sluit in die noodsaaklikheid om korrupsie in alle departemente hok te slaan en om amptenare aan kundigheidsvereistes vir posvlakke te onderwerp. TLU SA hoop dat die nuwe kabinet verantwoordelikheid sal aanvaar vir wat in hul departemente gebeur en die nodige stappe sal neem om die ekonomiese uitdagings wat ons in die gesig staar, aan te spreek.

TLU SA bly toegewy aan die verteenwoordiging van ons lede se belange en om te verseker dat hul stemme in die beleidsvormingsproses gehoor word.

 

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.