James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Beloftes alleen is nie genoeg nie, kundige aksie is nou nodig

(Fotokrediet: Facebook, The Presidency of the Republic of South Africa)

 

TLU SA is versigtig optimisties oor die toekoms van die land na president Cyril Ramaphosa se toespraak vir die opening van die parlement Donderdagaand. Dit is bemoedigend om te hoor van die beplande fokus op infrastruktuur en ekonomiese groei. Tog is dit noodsaaklik om te erken dat ons eers moet regmaak wat oor die afgelope 30 jaar vernietig is. 

TLU SA is ten gunste van suksesvolle en volhoubare transformasie. Die afgelope 30 jaar se wanbestuur moet volgens werklike ekonomiese beginsels getransformeer word. 

President Cyril Ramaphosa het Donderdagaand ‘n optimistiese en hoopvolle toespraak gelewer. Hy het ‘n onverdeelde fokus op groei en werkskepping, ‘n versnelde hervormingsprogram en ‘n kompromie oor die moeilike kwessie van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) belowe.

“Die grootste uitdaging bly egter die uitvoering van hierdie aankondigings,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Kaders het bewys dat hulle nie in staat is om dit te doen nie. Die fokus moet nou op kundige aanstellings wees.”

Daar word groot ophef gemaak oor hoe die RNE alles gaan regmaak – ‘n reuse erkenning deur President Ramaphosa dat die ANC-regering inderdaad misluk het. Ons moet waak dat die ANC se beleidsrigting nie steeds die grondslag lê vir hoe ons die toekoms benader nie.

‘n Stewige ekonomie is noodsaaklik om enige beloftes te implementeer, en dit word bereik deur die regte ekonomiese beginsels in ‘n veilige omgewing te implementeer waar die privaatsektor die geleentheid het om winsgewende besighede te bedryf. Die ware toets lê in die markte se evaluering van die uitkomste oor die volgende vyf jaar. 

Die eerste stap na ‘n positiewe uitkoms is deur president Ramaphosa se toespraak bereik, maar nou is dit tyd vir aksie. Kundigheid is volgende op die lys.

Kategorie:

Deel dit:

Beloftes alleen is nie genoeg nie, kundige aksie is nou nodig