Waar belê ek my geld in 2022? (Deel 2)

Verlede maand het ons oorsigtelik gekyk na die beleggingsituasie en waarna om in die algemeen te kyk wanneer ons ‘n belegging wil maak.

Ons het vier globale sektore uitgewys as oorweging naamlik: Tegnologiese vooruitgang; Omgewing volhoubaarheid; Toekomstige gesondheidsorg; Nuwe-Era denke.

Hierdie maand wil ek fokus op die geleenthede wat TEGNOLOGIE bied in terme van beleggings. Verbeterde verbindinge en data lei tot masjien gedrewe insigte en moontlikhede wat die wyse waarop die mensdom handel transformeer. Met die jonger generasie se verhoogde gemak met die gebruik van tegnologie, sal nuwe besigheidsmodelle en -geleenthede ontvou. Die belegging in tegnologie fokus nie op die tradisionele groot maatskappye nie, maar wel op die moderne, gefokusde opkomende tegnologiese leiers van die toekoms.

Die gevorderde tegnologie ter sprake is: Digitale betaal meganismes; “Cloud-Based” sagteware; Kubersekuriteit; Internet.

Die kunsmatige intelligensie mark sal teen 2025 tot ’n $190 miljard industrie groei en dit sal goed wees om te deel in die ontsluiting van hierdie geleenthede.

Hier by TLU SA se Finansiële Welstand Lessenaar bied ons graag die inligting aan TLU SA lede en vriende om dan ingeligte beleggingsbesluite te kan neem.

Volgende maand ontleed ons Omgewing volhoubaarheid en waarom ons daarin wil belê.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.