Verlede maand het ons gekyk na die belegging geleenthede in Tegnologie. Ons het die reeks begin en die vier globale sektore uitgewys as oorweging naamlik: tegnologiese vooruitgang, omgewing volhoubaarheid, toekomstige gesondheidsorg en nuwe-era denke.
Hierdie maand wil ek fokus op die geleenthede wat OMGEWING VOLHOUBAARHEID bied in terme van beleggings.
Die dringende bedreigings van klimaatsverandering en skade aan die omgewing laat globale ekonomieë geen keuse as om te keer na groen alternatiewe energie, voedsel en vervoer.
Die stryd teen klimaatsverandering kan beter volhoubaarheidverseker. Nuwe industrieë word geskep om volhoubare verbruik te ondersteun.
Ons vind dat regerings, maatskappye en verbruikers al meer in lyn kom om ’n globale volhoubare revolusie ten opsigte van die omgewing te bewerkstelling. Dit ontwrig die wyse waarop ons tot dusver geleef het, hoe vervaardiging plaasvind, hoe ons gaan bou, reis en verbruik in die toekoms.
Tegnologiese innovasie bestaan nou wat moontlikhede bring wat nie 5 of 10 jaar gelede beskikbaar was nie.
Die “Millennials” sien die omgewing as ‘n top prioriteit, wat ongekende moontlikhede in hierdie sektor gaan ontsluit.
Verder is daar ’n gewilligheid om ’n premie te betaal vir volhoubare produkte, en dit skep groei geleenthede.
Enorme beleggings gaan gedoen word in omgewing verwante oplossing voorsiening. So word bereken dat $45 Triljoen oor die volgende 30 jaar investeer gaan word om die omgewing volhoubaar te hou.
Aspekte van belang en waarin belê word sluit onder andere in: skoon energie, hulpbron doeltreffendheid, volhoubare verbruik, sirkulêre ekonomie soos herwinning en water volhoubaarheid. Die Verenigde nasies voorspel byvoorbeeld ’n 40% tekort aan wêreldwye beskikbare water teen 2030, en dit moet met nuwe tegnologie voorsien word.
Gaan u deel wees van hierdie vooruitgang en die vrugte daarvan pluk?
Hier by TLU SA se Finansiële Welstand Lessenaar bied onsgraag die inligting aan TLU SA lede en vriende om dan ingeligte beleggingsbesluite te kan neem.
Volgende maand ontleed ons Toekomstige Gesondheidsorgen waarom ons daarin wil belê.
Kobus Oberholster
TLU SA Finansiële Welstandlessenaar
082 330 8607
kobus@attooh.co.za