Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
September 2024  
 

Ons staan almal met hoop en afwagting oor die horison, met die belofte van goeie reën wat die nuwe plantseisoen sal inlui. In hierdie tyd wil ons graag ons boere sterkte toewens vir die seisoen wat voorlê. Mag ons in geloof en vertroue die reën sien kom, en weet dat ons Hemelse Vader ons sal seën vir die pad vorentoe.

 
TLU SA Kongres 2024: Landbou móét seëvier

Graag wil ons ’n woord van groot dank rig teenoor elke lid wat ons jaarlikse kongres kom bywoon het.  Die besprekingspunte het heelwat stof tot nadenke gelaat wat TLU SA verder sal rig vir die toekoms.

Vir al die borge en vriende van TLU SA  wat ook kom gesig wys het ’n spesiale woord van dank.  Die Uitvoerende Komitee het reeds op 2 Oktober vergader om te beplan vir die jaar wat voorlê.

Die belangrikste bly steeds die fokus op wat kan gedoen word om die bveleidsomgewing sodanig te beinvloed dat dit ’n veilige en ekonomies gesonde omgewing kan skep waarbinne ons lede kan boer. Ten einde dit reg te kry is elke lid se meelewing en deelname van kardinale belang.

 Lede word aangemoedig om die struktuur te benut en jul stem te laat hoor – dit is wat TLU SA rig vir die toekoms.

Ons wil dan ook graag aankondig dat die beplanning vir volgende jaar se kongres reeds onderweg is en dat die volgende kongres op 10 September 2025 weer by die WNNR sal plaasvind.

Ons sien uit om al ons kongresgangers weer daar te verwelkom. Saam laat ons landbou seevier.

Nuwe Jongboer van die Jaar aangewys

Wian Süllwald, ‘n 31-jarige boer van Bela-Bela in die Waterberg-distrik, is op 4 September tydens die TLU SA Kongres 2024 by die WNNR met groot trots aangewys as die TLU SA Jongboer van die Jaar 2024. Hierdie prestasie is besonder merkwaardig, aangesien Süllwald die eerste varkboer is wat TLU SA se Jongboerkompetisie wen.

Süllwald, wat saam met sy vrou Irmarie op die familieplaas woon, beskik oor hoë kwalifikasies in Ekonomie en Besigheidsbestuur, asook Astro Forex Training. Hy is al vier jaar lank aktief in die boerderybedryf en werk nou saam met sy pa en oom om die familieplaas te bestuur.

Sy verantwoordelikhede op die plaas is wyd en strek van die daaglikse bestuur en produksiebestuur en die teel van vervangingsdiere. Hy fokus ook op die instandhouding van gesondheid en kwaliteitstandaarde. Süllwald se boerderybedrywighede sluit varkproduksie, vleisbeeste, ‘n liefde vir perde en gewassevooruitskatting in. RK Boerdery het selfs aandele in ‘n vark-abattoir.

Opsomming van die mosies wat tydens die paneelgesprekke ingestel is op die 2024 Kongres

  1. Eiendomsreg – Privaateiendomsreg as grondslag vir welvaartskepping
    Mosies: 1.1 Die kongres besluit dat die Handves vir die Beskerming van Privaat Eiendomsreg as nasionale dokument sal dien, en dat ander organisasies versoek moet word om saam te werk om seker te maak dat die beginsel van privaat eiendomsreg gevestig bly. Die manifes vir die beskerming van privaat eiendomsreg word aanvaar as TLU SA se verbintenis tot die beskerming van privaat eiendomsreg, en dat die credo rigtinggewend is vir die aspirasies en optredes van TLU SA-lede. 1.2 Die Minister van Landbou word versoek om dringend met TLU SA te ontmoet om die omvang en impak van mynverwante aktiwiteite op landbougrond in Suid-Afrika aan te spreek, die rol van georganiseerde landbou in hierdie verband te bespreek, en om stappe te implementeer om die vinnig krimpende landbouoppervlak en skade aan landbougrond te verhoed. Indien nie, kan voedselnood en selfs hongersnood onvermydelik word.
  2. Veiligheid – Het die staat nog ‘n rol te speel in veiligheid?
    Mosies: 2.1 Die kongres besluit dat druk op die staat geplaas moet word om die SAPD te suiwer van ongewenste elemente en toe te sien dat hulle behoorlik toegerus en opgelei is. 2.2 ‘n Bemagtigingsveldtog moet uitgerol word om alle rolspelers en gemeenskappe van riglyne te voorsien sodat hulle doeltreffend aan die nasionale veiligheidstrategie kan deelneem.
  3. Winsgewendheid – Maksimum wins vir volhoubaarheid
    Mosies: 3.1 TLU SA loods ‘n ondersoek na alternatiewe maniere van hoëwaarde landboufinansiering om die waardeketting beter te bestuur. 3.2 TLU SA moet volhard om ekonomiese beginsels in alle gesprekke met die regering in te dra ten einde ‘n beleidsomgewing te help vestig wat ekonomiese groei bevorder. 3.3 Die tegnologiese wêreld en meganisasie verbeter vinnig, en kunsmatige intelligensie het ‘n werklikheid geword. In hierdie lig moet TLU SA se ekonomiese komitee skakeling bewerkstellig met kundige rolspelers om ons lede met die regte inligting toe te rus sodat hulle ingeligte besluite kan neem.

 

 
TLU SA Kongres 2024: Landbou móét seëvier

TLU SA se jaarlikse Kongres het vanjaar op 4 September 2024 by die WNNR in Pretoria plaasgevind. Hierdie spoggerige geleentheid het die weereens klem geplaas op die veerkragtigheid en innovasie van die Suid-Afrikaanse landbousektor te midde van toenemende uitdagings, van ekonomiese onsekerheid tot die bedreiging van privaat eiendomsreg en die afname in landelike veiligheid.

 
Wian Süllwald bekroon as TLU SA Jongboer van die Jaar 2024

Wian Süllwald, ‘n 31-jarige boer van Bela-Bela in die Waterberg-distrik, is op 4 September tydens die TLU SA Kongres 2024 by die WNNR met groot trots aangewys as die TLU SA Jongboer van die Jaar 2024. Hierdie prestasie is besonder merkwaardig, aangesien Süllwald die eerste varkboer is wat TLU SA se Jongboerkompetisie wen. 

 
Barbaarse beesverminking skok Vrystaat | Dringende oproep tot aksie

Na aanleiding van die skokkende beeldmateriaal van 12 beeste wat Woensdagoggend vroeg op grusame wyse vermink en geslag is, doen TLU SA ‘n dringende beroep op boere in die Goudveld-omgewing om saam te werk en veiligheidstrukture te versterk. 

 
TLU SA: ‘Verbruikers kan nie aanhou betaal vir Eskom se wanbestuur’

TLU SA spreek sy sterkste teenkanting uit teen Eskom se plan om ‘n onregverdige 44% verhoging in elektrisiteitstariewe in te stel, wat beoog word vir April 2025. Hierdie voorgestelde verhoging is ’n onaanvaarbare las wat verbruikers nie as gevolg van Eskom se jarelange oneffektiewe bestuur en wanbestuur moet dra nie. 

 

SAPPO se AJV

TLU SA was ook by SAPPO se AJV, en dit was lekker om TLU SA Jongboer van die Jaar, Wian Sűllwald, sy vrou lmarie en TLU SA Jongboer voorsitter Clemens Senekal by SAPPO se AJV te sien. Lekker prominente tentoonstelling van die bakkie wat ons Jongboer gewen het, trots geborg deur Hatfield Motor Group.

Witkruismonument

TLU SA was op 14 September by die Witkruismonument in Limpopo. Kruise is geplant vir die boere en gesinne wat hierdie jaar hulle lewens in plaasaanvalle verloor het!! Ditwas ‘n emosionele geleentheid. Laat ons hulle nooit vergeet nie. In ons harte vir altyd!

Kyk hier na ‘n onderhoud tussen TLU SA se Danie Prins en Boermedia.

Nampo Kaap

TLU SA was by Nampo Kaap! Hier geniet  ons hoofbestuurder, Bennie van Zyl, ‘n heerlike skaapkop.

Belangrike inligting

Agriseta Beurs 2025: Belangrike Inligting vir TLU SA Lede

Indien enige TLU SA-lid se kind reeds toelating ontvang het om aan enige universiteit in Suid-Afrika in 'n landbou rigting te gaan studeer, kan daar aansoek gedoen word vir 'n Agriseta beurs vir die 2025 studiejaar. Aansoeke moet deur TLU SA ingedien word, en alhoewel Agriseta die aansoeke oorweeg, kan geen waarborg gegee word dat die aansoek goedgekeur sal word nie. Agriseta sal in Desember 2024 aankondig watter aansoeke goedgekeur is.

Alle navrae moet asseblief direk by Lynette du Plessis van TLU SA ingedien word, slegs per e-pos na sentraal@tlu.co.za. Agriseta sal geen navrae vanaf enige aansoeker hanteer nie.

2025 Goliat van Gat

Dit is nou die laaste kans om pitte te kry en te plant vir die 2025 Goliat van Gat Pampoenfees.

 
 

Landbouspore: Die onwettige jag met honde op plase, wat is die riglyne en prosesse.

Jannie Raath, TLU SA Streekbestuurder van die Noordwes en Vrystaat streek gesels met Adv. Charles Lloyd, Nas. Vervolgingsgesag en Ronnie Schilling, TLU SA Streeksbetuurder van die Oosstreek.

Die onwettige jag met honde op privaateiendom is besig om hand uit te ruk. Dit is van kardinale belang dat boere hulleself moet bemagtig ten opsigte van hulle optrede tydens hierdie misdaad. In hierdie uitgawe kan jy as boer insig kry rakende die riglyne van jag met honde en wat die prosesse is wat gevolg moet word na die identifiseering van onwettige jagte met honde.

Benutting van tegnologie

Na die industriële rewolusie is die grootste verdere ontwikkeling vir die funksionering van die wêreld sekerlik die tegnologiese rewolusie.  Die laaste aantal jare het die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie, WiFi, internet en dies meer met rasse skrede verbeter.  Deel hiervan is dat kommunikasie vinnig en dinamies plaasvind.  Die bronne waaruit inligting verkry word is ongelukkig in baie gevalle gevaarlik en gebaseer op allerlei samesweringsteorieë.  Ons het vandag ’n onderskeidingsvermoë nodig om enige antwoord of sogenaamde antwoord in ’n suiwer konteks te kan plaas en korrek te benut.  Ons het dalk met al die “inigting” wat tans beskikbaar is ’n wysheidsrewolusie nodig sodat ons met insig kan kies wat is suiwer en bruikbaar en watter aspekte liewers gelaat moet word.

 

 

Foto van die maand

Klein Dirk Jnr is reg vir die nuwe pampoengroei seisoen!

Nuwe lewe op Nietevêr Nooitgedacht Cullinan - ingestuur deur Henri Combrink