James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA: ‘Verbruikers kan nie aanhou betaal vir Eskom se wanbestuur’

TLU SA spreek sy sterkste teenkanting uit teen Eskom se plan om ‘n onregverdige 44% verhoging in elektrisiteitstariewe in te stel, wat beoog word vir April 2025.

Hierdie voorgestelde verhoging is ’n onaanvaarbare las wat verbruikers nie as gevolg van Eskom se jarelange oneffektiewe bestuur en wanbestuur moet dra nie. Voordat enige tariefverhoging oorweeg kan word, moet Eskom eerstens ‘n deeglike hersiening van sy struktuur doen, veral met betrekking tot posvereistes en die effektiwiteit van personeel op alle vlakke.

Die prys wat Suid-Afrika betaal vir kaderontplooiing, wat Eskom en ander semi-staatsinstellings grootliks lamlê, is een van die hoofredes vir hierdie oneffektiwiteit. “Dit is hoogtyd dat Eskom sy huis in orde kry, eerder as om op verbruikers staat te maak om hul mislukkings te finansier,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Suid-Afrika se ekonomie toon tans geringe tekens van herstel, grootliks as gevolg van dalende brandstofpryse en die afwesigheid van beurtkrag, wat te danke is aan die privaatsektor. ’n Drastiese verhoging in elektrisiteitstariewe sal egter ‘n enorme knou aan besighede se winsgewendheid toedien en die verbetering in die ekonomie vinnig laat verdwyn.

Die landbousektor, wat reeds weens klimatologiese uitdagings en gebrekkige infrastruktuur onder geweldige druk verkeer, sal nog verder swaar trek. ‘n Verhoging van hierdie omvang sal volhoubare voedselproduksie ernstig bedreig.

Die impak op die koste van voedsel en landbouprodukte gaan astronomies wees. Verbruikers sal nie net ‘n hoër elektrisiteitsrekening moet betaal nie, maar ook aansienlik meer vir kos. In ‘n land waar swak ekonomiese toestande en werkloosheid reeds swaar op die publiek druk, sal hierdie verhoging veral diegene wat dit die minste kan bekostig, die hardste tref. Kan Suid-Afrika regtig hierdie las dra?

Daar is ook groeiende bewerings dat ‘n bedrag per liter ingevoerde diesel na die ANC gaan. TLU SA het reeds die minister van Energie en die voormalige minister van Landbou versoek om hierdie kwessie aan te spreek, maar daar is tot dusver geen bevredigende antwoord ontvang nie. “Ons roep Eskom en die regering op om hierdie kwessies eerlik te hanteer en onder eed te verklaar dat geen politieke party finansieel baat by dieselinvoere nie,” sê Van Zyl.

Indien Eskom voortgaan met hierdie voorgestelde verhoging, sal dit net meer verbruikers dwing om hul eie energieoplossings te soek, wat Eskom uiteindelik verder sal verlam. Eskom moet dringend sy eie huis in orde kry, en die verbruiker kan nie aanhou om te betaal vir mislukkings en wanbestuur nie.

Foto: Trav WadeUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA: ‘Verbruikers kan nie aanhou betaal vir Eskom se wanbestuur’

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.