James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Op Henry se Hart | September 2024

Ons staan almal met hoop en afwagting oor die horison, met die belofte van goeie reën wat die nuwe plantseisoen sal inlui. In hierdie tyd wil ons graag ons boere sterkte toewens vir die seisoen wat voorlê. Mag ons in geloof en vertroue die reën sien kom, en weet dat ons Hemelse Vader ons sal seën vir die pad vorentoe.
Dit is ook die tyd om waaksaam te wees vir die uitdagings wat saam met die plantseisoen kom, soos die toename in diefstal van kunsmis, saad, chemikalieë en brandstof. Ons doen ‘n beroep op alle boere om nodige voorsorg te tref en planne in plek te hê om verliese te beperk en te voorkom.
Na ‘n moeilike winter met talle brande, vertrou ons dat hierdie seisoen vol nuwe lewe sal wees, en dat die reën sal kom om die laaste vlamme te blus.
Van my kant af wens ek julle voorspoed en seën toe. Mag dit ‘n vrugbare seisoen wees, en onthou altyd waar ons krag en hulp vandaan kom.

Kategorie:

Deel dit:

Op Henry se Hart | September 2024

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.