James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Barbaarse beesverminking skok Vrystaat | Dringende oproep tot aksie

Na aanleiding van die skokkende beeldmateriaal van 12 beeste wat Woensdagoggend vroeg op grusame wyse vermink en geslag is, doen TLU SA ‘n dringende beroep op boere in die Goudveld-omgewing om saam te werk en veiligheidstrukture te versterk. 

Hierdie misdaad, wat op die plaas van Edrich Wille tussen Ventersburg en Virginia plaasgevind het, volg kort ná soortgelyke aanvalle op ander plase in die omgewing op 24 en 30 Augustus, vermoedelik deur dieselfde veediewe.

TLU SA Vrystaat veroordeel hierdie barbaarse daad ten sterkste en sal die verwikkelinge met afwagting dophou. “Ons is vasbeslote om saam met ander landbou-organisasies te werk om hierdie gruwelike misdaad hok te slaan en sal alles in ons vermoë doen om die skuldiges verantwoordbaar te hou,” sê Bertus van der Westhuizen, streekvoorsitter van TLU SA Vrystaat. 

“Dit is verontrustend dat sulke wrede misdadigers nog steeds vry rondloop, en die publiek het rede om oor hul veiligheid bekommerd te wees. Ons doen ‘n beroep op die owerhede om daadwerklik op te tree en die misdadigers vinnig agter tralies te kry. Die wette wat hier geskend is, insluitend betreding, dieremishandeling, veediefstal en handel in gesteelde goedere, moet streng toegepas word en die skuldiges moet swaar strawwe opgelê word,” sê Van der Westhuizen.

Die omvang van veediefstal en hierdie tipe barbaarse aanvalle het ‘n geweldige impak op die landbou en die breër ekonomie. In Junie alleen is meer as R9 miljoen se vee gesteel. Hierdie verminkte beeste was waardevolle aanteelvee, en die boer het nie net sy vee verloor nie, maar ook sy toekomstige produksie.

“Ons betuig ons medelye met die boer en sal voortgaan om alle moontlike stappe te neem om te verseker dat die oortreders nie net verantwoordelik gehou word nie, maar so lank as moontlik opgesluit bly,” sluit Van der Westhuizen af. 

Kategorie:

Deel dit:

Barbaarse beesverminking skok Vrystaat | Dringende oproep tot aksie

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.