Begroting weereens net ’n oefening in skadebeheer

TLU SA sê vandag se middeltermyn-begroting deur finansieminister Enoch Godongwana bied min nuwe antwoorde op die vrae wat die land werklik pla. Alhoewel die minister ’n prentjie van fiskale dissipline en tegniese herstel probeer skets het, is dit duidelik dat die kernprobleem van Suid-Afrika nie in tekortsyfers lê nie, maar in verkeerde beleid, ’n gebrek […]