|
|
|
VAN DIE BESTUUR
|
|
BOODSKAP VAN BENNIE
|
Uitdagings in die landbou-omgewing is deel van ons spyskaart. Die omvang daarvan strek soms by die aanvaarbare verby en is die boere se vermoë om dit te oorbrug nie altyd daar nie. Die afgelope seisoen het ’n knellende droogte teweeg gebring in groot dele van die somer saaigebied waar daar feitlik geen oes kon realiseer nie, maar ’n paar kilometer verder is daar ’n rekordoes.

|
|
 |
|
|
TLU SA KONGRES 2024
|
|
Harvest SA: Julie/Augustus-uitgawe
|

Lees gerus Harvest SA se Julie/Augustus-uitgawe oor ons 2024 Kongres: (Bl 42)
Klik hier. |
|
Landbou móét seëvier 4 September 2024
|

Registrasies vir TLU SA se jaarlikse Nasionale Kongres en Dinee sluit op 24 Augustus 2024!
TLU SA se jaarlikse Kongres beloof om insiggewende gesprekke en netwerk geleenthede in te hou, gevolg deur 'n heerlike gala aand. Vanjaar is die Kongres by die WNNR se konferensie-lokaal (CSIR ICC) hier in Pretoria Oos.
Om te registreer om by te woon, besoek TLU SA se webblad.
Vir navrae kan persone Maxine Roux kontak by beleidsake@tlu.co.za | 079 844 3245. |
|
|
|
STANDPUNTE
|
|
Groot skade vir boere weens koue in Limpopo
|
Die koue wat tans ondervind word, het ook sedert die naweek ‘n spoor van verwoesting gelaat by boere regoor Limpopo.Swartryp het Sondagoggend die grootste deel van die provinsie getref, en talle boere het erge skade gely as gevolg daarvan.

|
|
 |
|
|
 |
Gesprek tussen TLU SA en Rampbestuur oor skade weens koue in Limpopo
|
Na die verwoestende swartryp byna twee weke gelede en ewe verwoestende brande daarna, het ‘n vergadering plaasgevind tussen TLU SA Noord/Limpopo en die pas aangestelde hoof van die Provinsiale Rampbestuursentrum in die provinsie, dr. Takie Makananisa. Beide die voorsitter van TLU SA Noord/Limpopo, mnr. Henk van de Graaf, en dr. Makananisa, het na afloop gesê dat dit ‘n baie vrugbare vergadering was,

|
|
|
|
SA het nié meer hartseer, armoede nodig
|
Terwyl TLU SA uitsien na president Cyril Ramaphosa se toespraak tydens die opening van die nuwe parlement, wil dié landbou-organisasie die noodsaaklikheid om sterker ekonomiese oorwegings toe te pas en gesonde beginsels te implementeer vir volhoubare ekonomiese groei, beklemtoon. Die afgelope 30 jaar van ideologiese oorheersing het ‘n kultuur van aanspraak en afhanklikheid geskep, sonder ‘n gepaardgaande sin vir verantwoordelikheid.

|
|
 |
|
|
 |
‘Boere wil grondige verandering hê, nie versuikerde weergawe van ANC-ideologie’
|
Beginsels wat onder ANC-bestuur onaanvaarbaar was, is nie skielik aanvaarbaar net omdat dit nou onder DA-bestuur is nie. Boere verwag van landbouminister John Steenhuisen om reg te maak waar die ANC met ‘n vernietigende ideologiese inslag landbou van die spoor af laat loop het. “Suid-Afrikaanse kiesers het dit tydens die verkiesing duidelik gemaak dat die ANC se koers nie aanvaarbaar is nie."

|
|
|
|
Beloftes alleen is nie genoeg nie, kundige aksie is nou nodig
|
TLU SA is versigtig optimisties oor die toekoms van die land na president Cyril Ramaphosa se toespraak vir die opening van die parlement Donderdagaand. Dit is bemoedigend om te hoor van die beplande fokus op infrastruktuur en ekonomiese groei. Tog is dit noodsaaklik om te erken dat ons eers moet regmaak wat oor die afgelope 30 jaar vernietig is.

|
|
 |
|
|
 |
Bekendstelling | TLU SA Handves vir Beskerming van Privaat Eiendomsreg
|
TLU SA se ondertekening en bekendstelling van die Handves vir die Beskerming van Privaat Eiendomsreg vind op ‘n kritieke tydstip in Suid-Afrika se politieke en ekonomiese geskiedenis plaas. Sosialistiese retoriek, onhaalbare verwagtinge en rasgedrewe wetgewing oor privaat eiendomsreg het die Suid-Afrikaanse ekonomie en landbousektor ernstig benadeel en volhoubare produksie in gevaar gestel.

|
|
|
|
ONDERSTEUN ONS
|
|
Jongboer Gholfdag
|

Kom & ondersteun ons Jongboere se gholfdag ten bate van die TLU SA Traumafonds.
|
|
KragDag 2024
|

TLU SA rig graag ’n uitnodiging aan lede en vriende van TLU SA om die KragDag Landbou Ekspo te kom ondersteun.
Dit vind plaas op Diamantvallei Landgoed net buite Pretoria en is baie maklik bereikbaar vanaf al die sentrale roetes. Toegang beloop R120 per volwassene en gratis toegang vir kinders onder 18. |
|
|
|
KragDag- patentekompetisie
|

Wen 'n Vakansie! TLU SA is op soek na die beste veiligheidspatent.
Ontwerp jou patent, maak jou patent en stuur 'n video na navrae@tlu.co.za om die kans te staan om 'n midweek-of naweekwegbreek by ATKV Buffelspoort te wen! |
|
Goliat van Gat 2025
|

Goliat van Gat Pampoenfees sal op 15 Maart 2025 in Silverton, Pretoria plaasvind.
HET JY AL JOU PITTE GEKOOP?
Kontak Mariëtte Minnaar by 012 804 8031 of Henri Combrink by 082 552 9428 | culliboer@gmail.com vir pitte. |
|
|
|
TLU SA Veiligheidswerkswinkel
|
 |
TLU SA se Nasionale Veiligheidskomitee bied op 21 & 28 Augustus 2024 ‘n werkswinkel via Zoom aan.
Op die agenda vir 21 Augustus
Llewelyn Curlewis sal praat oor die teorie van selfverdediging in omstandighede waar geweld en geweldsmisdade plaasvind.
Adv. Henk Nolte oor Firearms Guardian, die versekering wat met vuurwapens gepaard gaan.
Op die agenda vir 28 Augustus
Prokureur Carel Taute sal uit die oogpunt van ‘n verdediger namens ‘n beskuldigde praat.
Adv. Charles Lloyd, ‘n aanklae, sal uit die oogpunt van ‘n aanklaer praat.
Die werkswinkel begin om 09:00. Belangstellendes kan by sekretaresse@tlu.co.za registreer. |
|
|
|
Jongboer van die Jaar 2024-kompetisie
|
|
Die beoordelaarspaneel wat die voorreg gehad het om die finaliste op hulle plase te besoek is baie positief oor wat hulle ervaar het. Ons jong boere het inderdaad net ’n halwe kans nodig om geleenthede te ontgin en dit om te draai na sukses toe. Die paneel was dit eens dat dit telkens ’n uitdaging bly om te bepaal wie die wenners is. Die fokus in die beoordeling bly telkens daarop gerig om te bepaal wat se verskil word daar op ’n plaas gemaak deur die jong boer en is die grootte van die onderneming nie wat bepalend is nie. Verskeie aspekte van die boerdery word ge-evalueer soos produksiebestuur, finansiële bestuur, arbeidsbestuur, risiko bestuur, betrokkenheid in die gemeenskap en veral by landbou sake, ingesteldheid tov die toekoms van landbou, ens. Na afhandeling van die besoeke op hul plase was die paneel dit eens dat ons eintlik 10 wenners besoek het, want elk is in eie reg ’n verskilmaker. |
|
|
|
Jongboerkompetisie-borge
Hatfield Motor Groep https://www.hatfieldgroup.co.za/
Manitou https://www.manitoucentre.co.za/
Santam Landbou https://www.santam.co.za/products/agriculture/
Introlab https://introlab.co.za/ |
|
ONS DOEN SELF
|
|
Gebed vir ‘n boer
|
Ons nooi alle boere uit om Vrydag 9 Augustus 2024 om 11:00 by die Arena by Kragdag by mekaar te kom, waar Pastoor TJ Mare vir alle boere in die land n gebed gaan doen.
Die 911 Riders motorfietsklub beywer hulle vir die beveiliging van ons boere, en is aktief betrokke met aksies en bewusmaking van plaasaanvalle en moorde. Ons benodig 24 boere wat die dag ook ‘n blykie van waardering sal ontvang van 911 Riders.
Gee asseblief u name deur na Lynette du Plessis (sentraal@tlu.co.za) as u daar kan wees.
|
|
Nuus uit die Noordstreek
|
Pietersburg DLU het weer op 8 Junie 2024 'n suksesvolle tarentaaljag aangebied. Alle geld wat tydens die tarentaaljag ingesamel is, word gebruik om blowers vir al die Boereverenigings wat help met vure doodslaan, aan te koop.
Ons poog om elke jaar iets aan te koop wat die Boereverenings aanvra. Die laaste twee jaar het ons vuurvegters aangekoop en die wat stukkend was, weer oorgedoen. Ons is dankbaar vir elke borg wat dit moontlik gemaak het.
Ons borge was: Toyota Limpopo, Wildman, Vleissentraal Bosveld, 4WD, RSA Markagente, NTK, Holla group, Vencore, Q4 fuel, The Water Chain, Expedition North, Industrial Bolt & Tools, Fast tools, J & D Fastners en dan ook Xfuels.
Groete hier uit die Noordstreek. |
|
|
|
Lig in Duisternis Uitgewers se WhatsApp-groep
|
Lig in Duisternis Uitgewers is 'n vooruitstrewende Christelike uitgewery, gevestig op 'n gereformeerde fondasie, wat streef na die bevordering van Bybelgetroue en behoudende Afrikaanse literatuur in Suid-Afrika en onder Christene wêreldwyd.
Hierdie groep is geskep sodat jy dadelik van enige nuusgebeure, nuwe publikasies, winskopies en ander geleenthede by Lig in Duisternis Uitgewers kan weet. Klik op die skakel om aan te sluit en versprei dit gerus aan alle belangstellendes.
Klik hier |
|
|
|
|
Nuus uit die Oos/Natalstreek
|
Veldbrande: Die Oos/Natalstreek het behoorlik deurgeloop onder veldbrande. Duisende hektaar het in die slag gebly en groot skade is aangerig. Ons Boere het ernstige nood ten opsigte van voer vir hulle diere en ‘n beroep word gedoen op enige persoon wie moontlik kan help met voer om met die Streekkantoor in verbinding te tree.
Misdaad: Misdaad is nou maar eenmaal nie iets wat sal verdwyn nie en is ‘n alledaagse besprekingspunt. Die Streekkantoor het egter ‘n dringende vergadering met die Provinsiale Kommissaris van Mpumalanga aangevra en is daar baie sinvol met die Generaal gesprek gevoer oor ‘n verskeidenheid onderwerpe wat onder andere dienslewering, ondersoek en aanmelding van sake, Reserviste, korrupsie, veediefstal en nog meer ingesluit het. Alhoewel die Generaal in ‘n waarnemende hoedanigheid tans is is die hoop dat hy permanent in Mpumalanga aangestel gaan word. Ons moet dit noem dat hy ‘n baie simpatieke oor het vir die landbougemeenskap en is ons van mening dat ons met hom ‘n pad sal kan stap.
TLU SA was ook weer bevoorreg om Dr. Andre Hattingh van "Pediatric Care Africa" by te staan met sy wêreldrekord poging om 3 500km in 21 dae af te lê met ‘n Mahindra-trekker - regoor die land. Voorwaar ‘n man met ‘n besonderse omgee hart. Hier in die Oosstreek het ons gesorg dat hy van ‘n radio en opsporingstoestel voorsien word en hou ons 24/7 met hom kontak op sy reis.

|
|
Samewerkingsooreenkoms – TLU SA en die LWO Werkgewersorganisasie
|
TLU SA en die LWO Werkgewersorganisasie is begerig om met mekaar saam te werk en die werklike behoefte van werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen, aan te spreek.
Ter samewerking bied die LWO ‘n praktiese en koste-effektiewe oplossing vir die lede van TLU SA.
TLU SA lede kan nou die LWO basiese pakket teen ‘n verminderde prys verkry. Die pakket het ‘n verpligte aansluitingsfooi van R995.00 en daarna ‘n maandelikse lidmaatskapfooi van R330.00 per lid.
Lede kan die aansoek hier voltooi en ook al die voordele wat die pakket insluit besigtig:
Afrikaanse aansoekvorm: Kliek hier
Engelse aansoekvorm: Kliek hier
Lede kan voltooide aansoeke stuur na Mauritz Lombard by beleid@tlu.co.za |
|
AANKONDIGINGS
|
|
VAKANTE POS
|
Wanneer 'n persoon se eggenoot 'n werksgeleentheid aanvaar het op 'n ander plek (land) moet mens noodgedwonge saamgaan. Maxine Roux wat by TLU SA as Senior Assistent Beleidsake diens gedoen het is saam met haar man op koers na Australië. In die relatief kort rukkie wat sy by TLU SA was het sy 'n wesentlike bydrae gemaak waarvoor ons 'n woord van groot dank aan haar rig. Ons beste wense vergesel haar op die ver paaie wat nou bewandel gaan word.
VAKANTE POS
SENIOR ASSISTENT: BELEIDSAKE
Gestasioneer in Silverton Pretoria
Voltydse pos as Senior Assistent Beleidsake vir die oudste landbou-unie in die land, TLU SA. Sal direk onder die Hoofbestuurder funksioneer en behulpsaam wees met die koördinering van alle beleidsaangeleenthede
Kwalifikasies en ervaring benodig:
- Hoë vlak taal en kommunikasievermoë – intern sowel as ekstern (Afrikaans en Engels magtig)
- Sterk skakelvermoë – grondvlak, provinsiaal, nasionaal, beide in openbare as private sektore
- Moet kan skakel met media – grondvlak sowel as provinsiaal
- Sterk organisatoriese en administratiewe vermoëns
- Hoogstaande rekenaarvaardigheid
- Moet onder druk kan funksioneer, inisiatief kan neem en die vermoë hê om te implementeer
- Suksesvolle kandidaat moet ‘n entoesiastiese persoon wees wat dinamies en selfstandig kan funksioneer
- Ervaring van bemarking
- Reël van funksies, spesifiek jaarkongres
Standaard voordele:
- Pensioenskema
- Mediese toelaag
- Salaris onderhandelbaar
Sluitingsdatum:
Alle potensiële kandidate se volledige CV’s tesame met kontakbesonderhede van vorige werkgewers moet ons bereik by hb@tlu.co.za teen 19 Augustus 2024.
Vir enige navrae, kontak gerus die Hoofbestuurder, Bennie van Zyl, by 082 466 4470. |
|
ADVERTENSIES
|
|
|
|
|
|