Boodskap van Bennie | Julie 2024

Rampe en hantering daarvan

Uitdagings in die landbou-omgewing is deel van ons spyskaart.  Die omvang daarvan strek soms by die aanvaarbare verby en is die boere se vermoë om dit te oorbrug nie altyd daar nie. Die afgelope seisoen het ’n knellende droogte teweeg gebring in groot dele van die somer saaigebied waar daar feitlik geen oes kon realiseer nie, maar ’n paar kilometer verder is daar ’n rekordoes. Daarmee saam het ons die skielike koue gehad in gebiede wat normaalweg in die winter die kosmandjie van Suid-Afrika is en vanjaar het swart ryp baie wyd geslaan en is reuse skade ervaar.  Met insetkoste van tussen R200 000 – R240 000 per hektaar vir aartappels en R400 000 per hektaar vir tamaties word daar besef dat vir ’n boer om daardie soort terugslae te kan oorbrug eintlik onmoontlik is.  Terselftertyd het ons erge winde gehad wat veldbrande laat weghardloop het en is die skade omvangryk en weiding in verskeie omgewings het in slag gebly.  Selfs net die wind waar daar nie brande was nie wat stormsterkte gewaai het, het soos een boer dit gestel het is sy mieliereste waar die beeste nou moes gaan wei so twee plase verder heen gewaai.  Intussen is daar dele in die Kaap waar vloede weer reuse skade veroorsaak het veral aan infrastruktuur.  Gewis uitdagende tye.

TLU SA het saam met ander landbou-instellings begin om koppe bymekaar te sit om te kyk of daar op ’n manier ’n insetkoste versekering daargestel kan word wat ondersteun moet word deur die staat ten einde seker te maak dat in tye van rampe die nodige ondersteuning daar sal wees om boere in produksie te kan hou.

Benut die komitees

TLU SA maak baie sterk staat op die komitees in eie verband om tendense en knelpunte aan te spreek ten einde die UK te rig in hul besluitneming.  Telkens wanneer daar ’n uitkoms na vore kom word net opnuut besef dat die kollektiewe wringkrag wat ’n struktuur soos TLU SA  na vore bring ononbeerlik is vir elke boer in hul produksieproses.  Benut die stuktuur tot voordeel ten einde ingelig te wees oor alle tendense.  Standpunte en riglyne word volgens behoefte opgestel vir gebruik deur lede.

Eiendomsreg in Suid-Afrika

Artikel 25 in die Grondwet handel oor eiendomsreg.  ’n Paar aspekte word toegelig vir beter begrip oor wat die artikel oa inhou vir ons.  Ons moet ’n onderskeid tref tussen die begrip ontneem en onteien.  In Subartikel 1 word melding gemaak van ontneem en is daar geen melding van vergoeding nie. Mineraal regte en waterregte is reeds ontneem. In Subartikel 2 word daar na onteiening verwys en wel vir openbare doel of openbare belang.  Met openbare doel het ons nie ’n probleem nie in die sin dat die staat vir infrastruktuur soos die bou van ’n dam of treinspore maw vir ’n spesifieke doel grond teen billike vergoeding kan onteien.  Die probleem skop in wanneer daar van openbare belang gepraat word – wat soos dit gestel word die nasie se verbintenis is tot grondhervorming en om gelyke toegang tot al die natuurlike hulpbronne te bewerkstellig vir almal.  Daar word voorts genoem dat eiendom word nie tot grond alleen beperk nie.  Die implikasies hiervan vanuit ’n grondwetlike hoek beskou is omvangryk.  Ons moet geen illusie hê oor hoe wyd hiermee gedraai kan word nie.

Wanneer vergoeding bepaal word is daar ook verskeie aspekte wat in ag geneem moet word wat die billikheid daarvan ernstig kan aantas.

Die hele kwessie van eienaarskap van grond is gewis nie verby nie en sal ons in die tyd vorentoe heelparty situasies ervaar wat hanteer sal moet word om ons wettige eindomsreg instand te hou en te beskerm.

Foto Chris Ensminger | Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Boodskap van Bennie | Julie 2024

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.