TLU SA rig ernstige beroep aan president en minister oor beleidsrigting

TLU SA het twee formele briewe aan pres. Cyril Ramaphosa en landbouminister John Steenhuisen gerig waarin ernstige kommer uitgespreek word oor die land se huidige beleidsrigting, die druk op voedselproduksie en die dringende behoefte aan praktiese, ekonomies verantwoordbare oplossings vir groei. Volgens TLU SA kan die land nie bekostig om voort te gaan met beleid […]

Die vernietiging van Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne

Suid-Afrika beskik oor ’n groot verskeidenheid natuurlike hulpbronne wat die grondslag van voedselproduksie, ekonomiese aktiwiteit en landelike ontwikkeling vorm. Hierdie hulpbronne moet egter binne die unieke omstandighede van elke gebied verantwoordelik bestuur en benut word. Landbou in Suid-Afrika funksioneer oor uiteenlopende klimatologiese en produksie-omstandighede, waar elke plaas se potensiaal, drakrag en volhoubaarheid verskil. Die langtermyn […]

Wie praat vir die kommersiële boer?

Waarom georganiseerde landbou saak maak In elke sektor van ’n funksionerende land bestaan daar organisasies wat die belange van hul mense beskerm, hul stem laat hoor en ’n gesamentlike rigting help bepaal. Werkers het unies, besighede het kamers en forums, professionele beroepe het rade en verenigings. Landbou is geen uitsondering nie. Inteendeel, in ’n sektor […]

Goliat van Gat Pampoenfees breek rekords

Die 22ste Goliat van Gat Pampoenfees en pampoengroei-kompetisie was ’n reuse sukses en het vanjaar nuwe rekords opgelewer. Hoewel die gesogte 1 ton-pampoen nog nie bereik is nie, is ’n rekordtotaal van 4 342 kg pampoene tydens die kompetisie ingeweeg, die meeste nog ooit by hierdie gewilde fees. In die ware gees van gemeenskapsdiens word […]

Goliat van Gat 2026 | Dit is weer pampoentyd!

Pampoene op dakke, op bakkies, op sleepwaens, op rakke, en selfs in die nuus. Die groot vraag wat oral gevra word, bly egter: gaan ons vanjaar die gesogte 1 ton-pampoen sien? Die kwekers bly stil, maar die afwagting en opgewondenheid is groot. Indien ’n pampoen wel die indrukwekkende 1 ton-merk haal, is daar ’n kontantprys […]

Sentraal vasgestelde minimumloon vernietig werkskepping

Terwyl die Nasionale Minimumloonkommissie ’n verhoging van die minimum loon vir 2026 voorstel, waarsku TLU SA dat verdere verpligte loonverhogings in die huidige ekonomiese klimaat werksverliese, meganisering en verdere armoede kan vererger, veral in landbou en klein ondernemings. Die huidige minimumloon van R28,79 per uur word reeds betaal binne ’n ekonomie wat sukkel om te […]

NERSA se herberekening is nog ’n poging om Eskom se mislukking op die publiek af te wentel

TLU SA neem met groot kommer kennis van NERSA se sogenaamde “herbepaling” van Eskom se Generation Regulated Asset Base (RAB) en die gepaardgaande inkomste wat vir die volgende drie jaar uit elektrisiteitsverbruikers verhaal gaan word. Hierdie proses volg ná ’n Hooggeregshofuitspraak wat bevestig het dat NERSA se vorige besluit foutief en onwettig was, maar die […]

Vroue in landbou | Die onbesonge pioniers van volhoubaarheid

Daar is min beroepe wat soveel van ’n mens vra soos boerdery. Dis nie net ’n werk nie, dis ’n leefwyse, ’n roeping en dikwels ’n gesinsverhaal wat oor generasies strek. Binne dié verhaal staan die vrou dikwels as die stil pilaar wat alles bymekaar hou. Sy is die boer se vennoot, die moeder, die bestuurder, […]

Begroting weereens net ’n oefening in skadebeheer

TLU SA sê vandag se middeltermyn-begroting deur finansieminister Enoch Godongwana bied min nuwe antwoorde op die vrae wat die land werklik pla. Alhoewel die minister ’n prentjie van fiskale dissipline en tegniese herstel probeer skets het, is dit duidelik dat die kernprobleem van Suid-Afrika nie in tekortsyfers lê nie, maar in verkeerde beleid, ’n gebrek […]

SA se beleidsrigting moet dringend uitgeklaar word

Met die middeltermyn-begroting wat op 12 November 2025 om 14:00 aangebied word, sê TLU SA dat die grootste deel van Suid-Afrika se probleme, misdaad, vervalle infrastruktuur en ’n gebrek aan kundigheid, alles teruggevoer kan word na die beleidsomgewing. “Die regering van nasionale eenheid moet nou klinkklaar verklaar watter koers Suid-Afrika gaan volg,” sê Bennie van […]