James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA rig ernstige beroep aan president en minister oor beleidsrigting

TLU SA het twee formele briewe aan pres. Cyril Ramaphosa en landbouminister John Steenhuisen gerig waarin ernstige kommer uitgespreek word oor die land se huidige beleidsrigting, die druk op voedselproduksie en die dringende behoefte aan praktiese, ekonomies verantwoordbare oplossings vir groei.

Volgens TLU SA kan die land nie bekostig om voort te gaan met beleid wat beleggersvertroue ondermyn, meriete opsy skuif en ekonomiese groei kniehalter nie. In die brief aan die president wys TLU SA daarop dat landbou nie los van die breër ekonomie staan nie, maar juis een van die fondamente is waarop stabiliteit, werkskepping en voedselsekerheid gebou word.

“Die staat se kernverantwoordelikheid is om veiligheid te verseker en ’n beleidsomgewing te skep waarbinne mense hulself ekonomies kan bemagtig,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Ware bemagtiging ontstaan nie deur ideologiese voorskrifte of rasgebaseerde wetgewing nie, maar deur geleenthede, verantwoordelikheid, meriete, opleiding en ’n billike speelveld.”

TLU SA het in die brief beklemtoon dat rasgebaseerde beleidsinstrumente soos SEB in die praktyk nie die breë bevolking se ekonomiese posisie verbeter het nie. Inteendeel, die organisasie meen dat sulke beleid dikwels belegging ontmoedig, kundigheid uit instellings verdryf en die land se vermoë om doeltreffend te funksioneer ernstig verswak.

Die organisasie vra dat beleid en wetgewing voortaan gemeet word aan hul werklike ekonomiese impak, hul vermoë om beleggersvertroue te herstel en hul bydrae tot volhoubare werkskepping. TLU SA vra ook dat kwaliteit onderwys, vaardigheidsontwikkeling, meriete, kundigheid en prestasie weer die kern van ekonomiese bemagtiging en aanstellings word.

In ’n tweede brief aan die minister van Landbou het TLU SA ’n praktiese groeigeleentheid uitgelig, naamlik die moontlike ontwikkeling van ’n etanol- en biodieselbedryf in Suid-Afrika. Teen die agtergrond van druk op brandstofvoorsiening, wisselende kommoditeitsmarkte en die potensiaal van landbouproduksie, vra TLU SA dat die departement ’n omvattende onafhanklike studie laat doen oor die haalbaarheid van etanol- en biodieselaanlegte.

Die organisasie meen dat mielies, suikerriet, sojabone en sonneblom moontlik deel van ’n groter bio-brandstofstrategie kan vorm, mits dit verantwoordelik ondersoek word en nie voedselsekerheid of plaaslike pryse benadeel nie.

“Ons vra nie vir ondeurdagte ingryping nie,” sê Van Zyl. “Ons vra vir ernstige, onafhanklike navorsing wat ekonomiese werklikhede, voedselsekerheid, infrastruktuur, belegging, omgewingsimpak en energie-onsekerheid saam beoordeel. Suid-Afrika het praktiese oplossings nodig wat groei ontsluit en nie bloot nog beleid op papier skep nie.

Volgens TLU SA kan ’n verantwoordelik ontwikkelde bio-brandstofbedryf nuwe markte vir landbouprodukte skep, werksgeleenthede in landelike gebiede ondersteun, beleggersvertroue versterk en Suid-Afrika se energiemengsel verbreed.

TLU SA sê die twee briewe dra dieselfde kernboodskap: Suid-Afrika se beleidskeuses moet gemeet word aan tasbare uitkomste. Die land het nie nog ideologiese eksperimente nodig nie, maar ’n omgewing waarin veiligheid, eiendomsreg, meriete, belegging, kundigheid en voedselproduksie beskerm en versterk word.

“Landbou kan ’n groter rol speel in ekonomiese herstel, energie-sekerheid en werkskepping,” sê Van Zyl. “Maar dan moet die regering bereid wees om beleid nugter te toets, mislukkings te erken en saam met produsente aan praktiese oplossings te werk.”

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA rig ernstige beroep aan president en minister oor beleidsrigting

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.