Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe. Februarie 2023  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
BOODSKAP VAN
BENNIE

Die uniekheid van landbou het ons klimatologies die laaste tyd weer erg getref.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

TLU SA beskerm jou gesin

Met plaasaanvalle en -moorde aan die toeneem is dit nou die tyd om te kyk na die voordele van Firearms Guardian.

TLU SA Jongboer-gholfdag

Die jongboer komitee se golfdag by Silverlakes ten bate van die TLU SA Traumafonds het geskuif na 22 September 2023. 

 
Son SA hou 'n konferensie

Son SA is 'n nasionale inisiatief, ondersteun deur organisasies soos SAAI en TLU SA. Die inisiatief ondersoek die behoeftes asook oplossings vir alternatiewe energievoorsiening. 

Is ons veilings nog veilig

Die Vivo-boere is die trotse eienaars van uitstaande kwaliteit Bonsmara-beeste. Vee wat aan die strengste voorwaardes moet voldoen en word gekeur vir ’n baie spesiale veiling wat jaarliks gehou word.

Staatskoerant | Februarie 2023

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan.

 
 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING
 

HOE KWESBAAR IS ONS WERKLIK?

Storms het die afgelope week of wat in grootste deel van die land baie skade aangerig aan infrastruktuur, maar ook huishoudings moes deurloop onder die skade wat aangerig is. Die ekonomie is onder druk en inwoners skarrel om elke dag binne hierdie omstandighede die mas op te kom. Die vraag word dan gevra: Hoe kwesbaar is ons dan werklik as ons omstandighede reeds op dun ys loop vir oorlewing en die natuur draai teen die mens?

Elke inwoner is op een of ander manier kwesbaar hetsy dit blootstelling is aan natuurrampe soos ons die afgelope tyd ervaar het, chroniese siektes of selfs honger. Die ander gevaar wat meestal misgekyk en geïgnoreer word, is die blootstelling aan sosiaal, ekonomies en omgewings gevare. Hierdie staan bekend as sosiale kwesbaarheid en bepaal die eienskappe in die samelewing wat ons kwesbaar maak vir natuurrampe, nadelige gesondheid uitkomste en sosiale ongelykhede.

Lees meer hier

 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Sentraal

Goliat van Gat 2023-kompetisie

Die jaarlikse Goliat Pampoenfees vind plaas op Saterdag, 11 Maart 2023, by die Pretoria Boeremark terrein in Silverton, Pretoria.

Dill Atlantic pitte vir die 2024 kompetisie sal te koop wees. Indien jy nog nie voorheen self pitte geplant en so ’n reus laat groei het nie, is dit nou jou kans om pitte te koop. Dis veral baie lekker as kinders ook betrokke is by die proses. Hou sommer ’n kompetisie so onder die familie of in boere vereniging verband. Dit is harde werk om die reuse tot oor 500kg te kry, maar self ’n 200 of 300kg pampoen is baie groot. 2022 se wenpampoen het ’n allemintige 846kg geweeg. Pampoene wat ingeskryf word, sal soos in die verlede, weer opgesny en aan ouetehuise en kinderhuise geskenk word.  Koste vir ’n pakkie is slegs R50-00. 

Kontak vir Henri 082 552 9428 vir navrae.

 

 
Noordwes

In Noordwes was toestande baie nat einde Desember, en na die eerste week in Januarie het dit begin droog word. Januarie 2023 het toe geëindig as een van droogste in 40 jaar. By ons bv. is die Januarie gemiddeld 120mm, en het ons tussen 40-60mm gekry. Gewasse het goed gehou danksy nat ondervog. Graan-pryse het ook bietjie druk gekry, a.g.v. swak dollar en dreigende wêreld resessie, asook kommoditeite wat oor die algemeen afkom.

Vee lyk oor die algemeen goed met goeie weiding a.g.v. goeie reën in die begin van die seisoen. Net in die verre weste was dit baie droog.

Diefstal was bietjie rustiger a.g.v. druk uit die gemeenskap. Met behulp van die kameras het ons ’n groot sindikaat veediewe vasgetrek. En het ons ’n paar saad en onkruiddoder diefstalle voorkom. Die diefstal van saad en onkruiddoder, bly egter ’n groot probleem, in sommige gevalle is daar tot R1.6 mil. se saad by een boer gesteel. Hulle teiken ook koöperasies. SAPD is onder geweldige druk, en van die oorsake is net swak bestuur, by ons op Coligny bv. loop net een van die ses bakkies. Twee van hiervan staan al drie maande en net batterye moet vervang word. Met navraag het ons gevind dat toestemming om ’n nuwe battery in te sit, enige iets van 3-18 maande kan vat. Die staat het geen verantwoordelikheid teenoor ons as publiek nie, en sal dinge nie vinnig verbeter met die huidige regering nie.

Munisipaliteite is oor die algemeen in chaoties toestand, met byna geen dienslewering nie. Basies is enige iets wat met die staat of regering te doen het, ’n totale mislukking met onkundige en lui personeel. Eskom het ook sy rol gespeel om dinge te bemoeilik. Jy kry net nie produktief genoeg gewerk nie. Dit het egter ’n groter effek op sommige besighede in die platteland, veral die klein eenmansake. Talle se deure is al gesluit, en ons kan dit sien met die hoeveelheid kinders wat die skool verlaat, en Gauteng toe skuif.

Verder gaan dit eintlik beter met die deursnee boer in Noordwes, na drie bogemiddelde jare, en redelik goeie pryse. Die druk is effens verlig en die boere se balansstate lyk gesonder. So nie teenstande al die negatiwiteit, presteer ons mense nog goed. Elke ou maak ’n plan om energie behoeftes aan te spreek en sy veiligheid situasie op te skerp. So, vir my gee die vindingrykheid van ons mense my hoop. Waar die staat faal, staan ons mense op en doen dinge vir hulself. Maar dit laat steeds die massas agter, wat net verder en verder lei.

Groete,
John Rankin

 
OOS & NATAL

Reënval

In die Oos en Natalstreek het ons in die afgelope maand ’n buitengewone hoë reënval beleef. Dit het uit die aard van die saak baie nuwe uitdagings meegebring. Boere begin eersdaags stroop en daar heers bekommernis of die opbrengste dalk slegter kan wees as die vorige seisoen. Dit is maar een van ons boere se bekommernisse, die toestande van ons paaie was voor die reën reeds haglik en het die swaar neerslae daartoe bygedra dat die toestande van ons paaie meer versleg het. Hier praat ons nie net van hoofroetes nie, maar is ons sekondêre paaie wat ons boere moet gebruik in die stroop seisoen in ’n haglike toestand.  Om hiertoe by te dra, is daar ook nie goeie nuus van regerings kant nie omrede daar net gesê word dat daar nie fondse is vir herstelwerk nie. Net in die Oos-streek het ons boere letterlik al honderde duisende rande uit hul eie sak aangewend vir die herstel van ons paaie.

Misdaad

Ongelukkig is hier ook nie goeie nuus nie. Ons word steeds geteiken met ernstige misdaad soos veediefstal, produkte-diefstal en ander ernstige oortredings. Vanuit die streekkantoor probeer ons alles moontlik om in oorleg met die SAPD se provinsiale kantore om die landelike beveiligings plan geïmplementeer te kry.

Algemeen

Die Oos-streek het ’n streekvergadering gehou en is ’n nuwe dagbestuur verkies, ons wens almal hartlik geluk en vertrou dat almal ’n positiewe inset gedurende die jaar gaan gee.

Landbougroete,
Ronnie Schilling

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

Lede voordele

 

ADVERTENSIES

 

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
LEWER KOMMENTAAR OOR ONTEIENINGSWETSONTWERP
 

Die publiek word tans deur die Gekose Komitee vir Vervoer, Staatsdiens en Administrasie, Openbare Werke en Infrastruktuur genooi om kommentaar te lewer op die Onteieningswetsontwerp (B 23 B-2020). Die “B” dui op die veranderde wetgewing.

Hierdie wetsontwerp is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur, maar is na provinsiale vlak terugverwys waar daar nou vir insette gevra word. Skriftelike kommentaar moet teen 6 Maart 2023 ingedien word. Versoeke vir mondelingse voorleggings word ook nou gerig – TLU SA se eiendomskomitee is reeds besig om inligting in te samel vir hierdie doel.

Klik hier

 
PUBLIEKE VEILIGHEID
 

Suid-Afrikaners is oor die algemeen op hulself aangewese as hulle vry van geweld wil lewe. Sekuriteit en veiligheidstoe- rusting is nie goedkoop nie. Dit is ’n hengse uitgawe, maar ’n uiters nodig een. Om dié rede wil TLU SA ’n daadwerklike aksie begin om Artikel 23 (b) van die Inkomstebelastingwet – wat die publiek verhoed om sekuriteitsuitgawes van inkomste- belasting af te trek – te verander.

Met genoegsame ondersteuning kan en gaan TLU SA ’n petisie aan die parlement rig.

Klik hier