Son SA is ‘n nasionale inisiatief, ondersteun deur organisasies soos SAAI en TLU SA. Die inisiatief ondersoek die behoeftes asook oplossings vir alternatiewe energievoorsiening.
Son SA bied ’n dringende energie-konferensie aan op Woensdag, 8 Maart 2022. Die doel van hierdie konferensie is om bestaande uitdagings te ontleed en hiermee praktiese uitkomste en oplossings aan te bring.
Wanneer julle vir Son SA se konferensie aanlyn wil registreer, gaan na www.sonsa.co.za/conference_online_registration. Kies “live streaming” en vul jou besonderhede in. Kies TLU SA by “Waar het u van die konferensie gehoor”. Voltooi die betaling. ‘n Direkte e-pos sal volg vanaf Son SA as bevestiging.
’n Skakel vir die konferensie-opname sal net voor die opening aan u gestuur word.
Vir elke R150.00 per persoon vir die registrasie van aanlyn bywoning ontvang TLU SA R50.00.
Baie dankie vir almal se ondersteuning!