Volgens Afdeling 77 van die Grondwet het slegs die minister van finansies die mag om die bogenoemde wysiging in werking te stel. Die veiligheid van ons huise, en die lewens van ons mans, vroue, kinders, ouers, broers en susters is in sy hande.
Ons doen ’n beroep op alle vredeliewende Suid-Afrikaners, ongeag van ras, geslag of politieke oortuigings, om met een stem by ons aan te sluit en te eis dat minister Tito Mboweni die wet wysig soos hier bo genoem (klik hier). Jy kan jou stem byvoeg deur die e-pos direk deur ons platform aan die minister te stuur:
Die brief hieronder sal jou skrywe vergesel:
Geagte Minister Tito Mboweni
Suid-Afrikaners is gewikkel in ’n stryd om vryheid teen misdaad. Ons is Godsvresende mense wat probeer om ons eie lewens en die lewens van dié onder ons sorg teen die misdadige elemente in ons samelewing te beskerm.
Dié wysigings erken die stappe wat ons reeds gedoen het om onsself te beskerm in ’n land wat vrot is van geweld en gee ons die geleentheid om ’n veiliger toekoms, vry van aanranding, roof, verkragting, moord, marteling en dies meer, te skep.
Om op te som:
Gee ons asseblief die mag om weerstand te bied teen die misdadigers wat ons gevange hou in ons eie huise, of gee ons ten minste die geleentheid om die diefwering wat hulle uithou, te versterk.