Suid-Afrikaners is oor die algemeen op hulself aangewese as hulle vry van geweld wil lewe. Sekuriteit en veiligheidstoe- rusting is nie goedkoop nie. Dit is ’n hengse uitgawe, maar ’n uiters nodig een. Om dié rede wil TLU SA ’n daadwerklike aksie begin om Artikel 23 (b) van die Inkomstebelastingwet – wat die publiek verhoed om sekuriteitsuitgawes van inkomste- belasting af te trek – te verander.
Openbare deelname aan wetgewing, toesighouding en ander prosesse van die Parlement is ’n belangrike grondwetlike bepaling van ons demokrasie. Die Parlement het ’n aantal maniere ontwikkel om openbare betrokkenheid by die werk van die instelling te bevorder. Een manier waarop die publiek hul reg om aan die Parlement deel te neem kan uitoefen, is deur ’n petisie in te dien.
Die volgende is noodsaaklike uitgawes vir elke huishouding in Suid-Afrika en TLU SA wil sien dat dit belastingaftrekbaar word:
Met genoegsame ondersteuning kan en gaan TLU SA ’n petisie aan die parlement rig.
Jy kan jou risiko om ’n slagoffer van misdaad te word, verlaag.
Talle Suid-Afrikaners se vryheid is al aangetas omdat hulle slagoffers van misdaad was.
Afdeling 12(1)(c) van die Grondwet vereis dat die staat ons beskerm teen sulke aanvalle, deur misdadigers onder bedwang te hou en ander te laat afsien van moontlike aanvalle. Dat die staat geheel en al hierin misluk het, is ooglopend deur net na die staat se eie statistiek te kyk.
Volgens Statistiek SA is huisbraak of diefstal die nommer een misdaad in Suid-Afrika. ’n Beraamde 1,2 miljoen gevalle van huisbraak het in die 2019/20 statistiese jaar plaasgevind, en 891 000 huishoudings in ons land geraak. Suid-Afrikaners wat in afgeleë gebiede bly, soos dié op plase, is besonder kwesbaar, aangesien hulle ver weg van enige vorm van bystand bly.
In die lig van die uiterste gevaar waarin Suid-Afrikaners daagliks verkeer, is dit skandelik dat veiligheidsuitgawes wat deur die belastingbetaler aangegaan word om hulle woning te beveilig, nie van hulle inkomstebelasting afgetrek kan word nie.
Afdeling 23(b) van die Belastingwet, wat ons verhoed om veiligheidsuitgawes van ons inkomstebelasting af te trek, verhinder ons pogings om ons huise en huishoudings te beveilig.
Die volgende items is noodsaaklike uitgawes vir elke huishouding in Suid-Afrika en moet 100% van belasting verhaal kan word –
Volgens Afdeling 77 van die Grondwet het slegs die minister van finansies die mag om die bogenoemde wysiging in werking te stel. Die veiligheid van ons huise, en die lewens van ons mans, vroue, kinders, ouers, broers en susters is in sy hande.
Ons doen ’n beroep op alle vredeliewende Suid-Afrikaners, ongeag van ras, geslag of politieke oortuigings, om met een stem by ons aan te sluit en te eis dat minister Tito Mboweni die wet wysig soos hier bo genoem (klik hier). Jy kan jou stem byvoeg deur die e-pos direk deur ons platform aan die minister te stuur:
Die brief hieronder sal jou skrywe vergesel:
Geagte Minister Tito Mboweni
Suid-Afrikaners is gewikkel in ’n stryd om vryheid teen misdaad. Ons is Godsvresende mense wat probeer om ons eie lewens en die lewens van dié onder ons sorg teen die misdadige elemente in ons samelewing te beskerm.
Dié wysigings erken die stappe wat ons reeds gedoen het om onsself te beskerm in ’n land wat vrot is van geweld en gee ons die geleentheid om ’n veiliger toekoms, vry van aanranding, roof, verkragting, moord, marteling en dies meer, te skep.
Om op te som:
Gee ons asseblief die mag om weerstand te bied teen die misdadigers wat ons gevange hou in ons eie huise, of gee ons ten minste die geleentheid om die diefwering wat hulle uithou, te versterk.
© 2024 | DIE VESTING VIR DIE KOMMERSIËLE BOER IN SUID-AFRIKA – TLU SA
Die inhoud van hierdie webtuise is onderhewig aan ‘n regskennisgewing wat hier gelees kan word.
Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.
TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte
082 852 8039
083 230 4583
Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.
Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.
Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.